Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Politieke toestand in SA
Politieke toestand in SA [boodskap #15183] Di, 26 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Vertel ons meer vand ie politieke
> toestand in SA.

Gloudina,

Ek dink Griet het redelik akkuraat aangedui hoe die verskuiwings deesdae
plaasvind.

Die jongste Markinor peilings van steun vir die verskillende partye dui aan
dat die ANC se steun af is van 62% in die '94 verkiesing na 54%. NP af van
20% na 10%. Die DP, PAC en UDM (Holomisa en Meyer) blyk die voordeeltrekkers
te wees. Baie belangrik is dat 10% op die stadium besluitloos is.

Die ANC het aangedui dat hy graag 67% steun in die volgende verkiesing wil
h�, ten einde grondwetlike veranderings te kan aanbring. Hulle is selfs
bereid om met die IVP saam te werk om dit te bewerkstellig. Politieke
waarnemers voorspel dat opposisiepartye 4 van die provinsies kan beheer na
die volgende verkiesing (Kwazulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap en Gauteng). Om
grondwetlike veranderinge te kan doen, moet die regerende party ook 6 van
die 9 provinsies beheer.

Miskien meer insiggewend en potensieel meer vêrreikend is ontevredenheid wat
van binne die ANC-alliansie self kom. Jeremy Cronin, leier van die SAKP, is
erg krities oor die ANC se gebrek aan lewering van verkiesingsbeloftes.
Sowat 90 huidige ANC LP's is van die SAKP.

Hoe dit ook al sy, die party wat enige impak op die ANC wil maak, sal
beduidende swart steun moet trek. Die NP kan dit nie doen nie, en is in wese
besig om te verdwyn (ek vermoed dit is 'n doelbewuste strategie wat 'n jaar
gelede uitgewerk is). Die DP sal nie sommer sy beeld as 'white and rich'
afskud nie. Die IVP is hoofsaaklik 'n Zulu party. Wat bly oor? Die UDM. Hou
hulle dop, nie om die ANC te verslaan nie, maar om 'n sterk impak te maak.

Politieke waarnemers sal vir jou sê dat die enigste werklike opposisie wat
die ANC het, en na '99 sal hê, ekonomiese druk vanuit die buiteland is.
Mosambiek, tot onlangs die armste land ter wêreld, het tans 'n groeikoers
van 10-12%. SA s'n is 0,75%. Die Maputo-korridor projek het 'n hoër
kredietgradering gekry as SA. Hoekom?

Groot Broer het gepraat. Hy sê "Ons sal handel dryf met SA (maar julle
beskuldig van 'dumping' van vlekvrye staal), maar geen ontwikkelingshulp gee
nie." (Trade, but no Aid.) "Mosambiek, aan die ander kant, sal beide kry. So
lank julle hand op die blaas met Castro en Gaddafi is, kan julle oor die
grens loer en sien wat julle mis."

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15228 is 'n antwoord op boodskap #15183] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 May 1998 23:22:49 -0600, "Henri Burger"
wrote:

>[/color]

Henri sover ek weet is hy actually nie die leier van die SAKP nie.

>[/color]

Die grootste faktor gaan wees wie kan stem en hoeveel mense gaan stem.
Moenie jou blind staar teen marknavorsing nie. Die ANC is 'n
instelling soos die NP van destyds. Markpeilings wys die mense is
ongelukkig maar wanneer kiesdag aanbreek stem hulle vir die "party".

besig om te verdwyn (ek vermoed dit is 'n doelbewuste strategie wat 'n jaar[/color]
> gelede uitgewerk is).>>

Die NP sterf ja. Maar ek dink nie dis uitgewerk nie. "Boerseun" van
Schalkwys is juis gekies as leier (onder meer van agter skerms) omdat
hy jonk en dinamies sou wees. Hy moes juis nue lewe inblaas.

>>[/color]

Die DP is vinnig besig om die NP van ouds te word. Dit kan hom maklik
n wit party maak met baie beperkte steun. Hy trek pissed off witmense
wat nie die NP "vertrou" nie.

van 10-12%. SA s'n is 0,75%. Die Maputo-korridor projek het 'n hoër[/color]
> kredietgradering gekry as SA. Hoekom?>>

Van waar af groei Mosambiek, Henri? Van niks af nie. Dis 'n baie
belangrike faktor. As jou plaas tot op die gtrond afgebrand het is
daar 'n 100 % groei in huisvesting as jy een hut bou.

Daartenteen is een nuwe huis met drie kamers maar 1% groei op 'n plaas
waar daar reeds 99 huise is.

>[/color]

Dink jy rerig die ekonomie soos uitgedruk in Suid-Afrikaanse syfers en
werklikhede is 'n uiting van "Amerikaanse woede" oor Mandela se besoek
aan Kuba en Libie?!

Is ons grootste handel nie met Euerope nie? En hulle is mos ook kwaad
vir Amerika omdat die VSA Kuba boikot, of hoe?

En is dit dan nie die misdaad wat die beleggers weghou nie?

En wat van die melt down in die ooste/ontwikkelende wereld waar SA ook
gegroepeer word? Speel dit 'n groot rol nie?

Bedoel jy rerig dat as Mandela more sou begin vuur spoeg teen Ghadaffi
en Castro en sanksies teen hulle instel, dan sal die belegging na SA
toe stroom uit die VSA?

Cheers,
Ferdi
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15230 is 'n antwoord op boodskap #15183] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Die ANC het aangedui dat hy graag 67% steun in die volgende verkiesing wil
> hê, ten einde grondwetlike veranderings te kan aanbring. Hulle is selfs
> bereid om met die IVP saam te werk om dit te bewerkstellig.

Watter grondwetlike veranderings
oorweeg hulle?

Wat bly oor? Die UDM. Hou
> hulle dop,

Vertel hiervoor. Waarvoor is
UDM 'n afkorting?

> Groot Broer het gepraat. Hy sê "Ons sal handel dryf met SA (maar julle
> beskuldig van 'dumping' van vlekvrye staal), maar geen ontwikkelingshulp gee
> nie." (Trade, but no Aid.) "Mosambiek, aan die ander kant, sal beide kry. So
> lank julle hand op die blaas met Castro en Gaddafi is, kan julle oor die
> grens loer en sien wat julle mis."

Dis in alle geval goed dat die buiteland
Mosambiek help om op die voete te kom.
Nie alleen omdat dit beskou was as die
armste land in die wereld nie. Maar as
jy Mosambiek sosio-ekonomies stabiliseer,
los jy ten minste sommige van SA se probleme
ook op. Gaan hou Suid-Afrikaners nou weer
vakansie by Maputo (die ou Lourenco Marques.)

Wat van die gerug dat die vliegtuig waarop
Samora Machel gedood is, wel geval het omdat
hulle die baken vir die vliegtuig se vlug
afgeskakel het? Wat is die besonderhede?

Gloudina
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15321 is 'n antwoord op boodskap #15183] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Griet skryf:

> Hoop maar die syfers kom reg op die NG uit:
>
> Swart ANC(94) NP(11,5) IVP(89,5) UDM(7,3) DP(6,6) FF(4,6)
>
> Indiër ANC( 0,6 ) NP(11,8 ) IVP(1,4) UDM(2,6) DP(3,9) FF(0,7)
>
> Bruin ANC( 4,7 ) NP(36,8) IVP(0,9) UDM(8,6) DP(8,2) FF(0,25)
>
> Wit ANC(0,7) NP(39,9 IVP(8,2) UDM(15,8) DP(81,2) FF(92,5)

Griet,

Die UDM se syfers tel nie op tot 100 nie. Waar lê die fout?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15322 is 'n antwoord op boodskap #15183] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 22:05:29 -0600, "Henri Burger"
wrote:

>>[/color]

Eendag in die hemel sal ons seker in die bib daar kan gaan naslaan,
maar ek verkies om te verskil. Ek reken politici is heeltemal te
korttermyn-gemotifeerd en opportunisties om so n lang komplot te
handhaaf. En die politieke spel is na my mening ook heeltemal te
onvoorspelbaar.

Ek dink Boerseun is werklik gesien as n redder vir die party.
Dit het moontlik te doen gehad met verskille tussen hom en Roelf (as
ek reg onthou) n tyd terug. Toe (weer as ek reg onthou) Roelf gese het
die NP moet as't ware herstig word en eerlik gaan swart steun soek.
Terselfdertyd (as ek weereens reg onthou) was die Kaapse faksie van
die NP rondom Hernus Kriel begeesterd deur die idee van n
nie-amptelike wit tuisland in die Kaap en die oenskynlik wit magsbasis
wat die Kaap gebied het.

Roelf is uitgewerk en Boerseun is behou.

>

Roelf en Bantu doen die regte ding: Hy bly eenvoudig stil. Se niks
behalwe om vriendelik te glimlag en "daar te wees".

[/color]
> Dis waar, maar kom ek sê jou iets anders. By die ontwikkelingskonferensie in
> Windhoek voor verlede week was Trevor Manuel baie ontsteld oor 'n verslag
> van 'n Harvard professor. Daarin word SA laaste geplaas op die
> produktiwiteitsindeks (Namibië 3de), en ook laaste op die optimisme-indeks
> (Mosambiek 1ste). As jy 'n Amerikaanse belegger is wat die verslag lees,
> waar gaan jy belê?>>

Hang af waarin ek wil bele. As dit in 'n nuwe koffie-plantasie of 'n
nuwe toerisme-oord is, seker Mosambiek (as ek eiendom kan verkry, wat
maar kan sukkel as al die stories waar is) maar as ek n fabriek wil
begin, SA. Die infrastruktuur is in SA plus die koopkrag.
In Mosambiek gaan ek sukkel om elektrisiteit te kry laat staan nog
groot hoeveelhede van my produk by n hawe, of hoe?

In elk geval lyk dit ons grootste probleem op die oomblik is dat ons
saam met "ontwikkkelende wereld" gegroepeer word. En as daardie woord
gese word, sien al die rykgatte in die VSA en Europa net vir Korea,
Thailand, Indonesie en Maleisie.

By the way (niks met jou te doen nie, maar terwyl die Asian Tigers
hier genoem word), hoor 'n mens deesdae nog die heavies van die vrye
mark-teorie se dat ons soos Thailand moet maak en dan sal ons
probleme opgelos word?

En n tweede by the way: Het jy al die Bram Fischer-biografie gelees
(nou terwyl Jeremy Cronin in die thread genoem word) ?
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15323 is 'n antwoord op boodskap #15183] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Terselfdertyd (as ek weereens reg onthou) was die Kaapse faksie van
> die NP rondom Hernus Kriel begeesterd deur die idee van n
> nie-amptelike wit tuisland in die Kaap en die oenskynlik wit magsbasis
> wat die Kaap gebied het.

Ek dink nie jy kan dit 'n 'wit tuisland' noem nie. Miskien 'Afrikaans', maar
'n ou moet baie blind wees om nie in te sien dat die bruin kiesers in die
Wes-Kaap die bepalende stem het nie, selfs Hernus Kriel.

Maar ek dink jy is reg dat dit hulle was wat nie wou byt aan die ontbinding
van die NP nie. Dis nie vreemd nie - hoekom jou ontbind in die provinsie
waar jy in beheer is, en die magsbalans nie bepaal word deur swart steun
nie, maar wel bruin?

Miskien sou die oplossing toe 'n UDI vir die Wes-Kaapse NP gewees het, met
die res wat ontbind het, en 'n nuwe party onder Roelf begin het. Die
hoofseun was 'n 'dead horse' van die begin af.

> Roelf en Bantu doen die regte ding: Hy bly eenvoudig stil. Se niks
> behalwe om vriendelik te glimlag en "daar te wees".

Dis juis hulle stilbly wat my pla. Na my mening moes hulle teen die tyd al
te voorskyn gekom het met 'n sterk handves van beginsels. Dan kon hulle nou
begin hamer het op die foute en gebreke van die ANC - daar is genoeg
ontevredenes om hulle die amptelike opposisie te maak na die volgende
verkiesing.

> Hang af waarin ek wil bele. As dit in 'n nuwe koffie-plantasie of 'n
> nuwe toerisme-oord is, seker Mosambiek (as ek eiendom kan verkry, wat
> maar kan sukkel as al die stories waar is) maar as ek n fabriek wil
> begin, SA. Die infrastruktuur is in SA plus die koopkrag.
> In Mosambiek gaan ek sukkel om elektrisiteit te kry laat staan nog
> groot hoeveelhede van my produk by n hawe, of hoe?

Ferdi, deel van die Maputo-korridor projek, is juis massiewe opknapping van
die hawe. Dit hang natuurlik af wat jy wil maak en vir wie. As jy uitvoer
gerig is, is Maputo jou plek. Die arbeid is aansienlik goedkoper, en op die
stadium stabieler. Hyundai bou karre in Botswana, en ons voer hulle in -
goedkoper as plaaslike produkte. Geen rede hoekom jy nie van Maputo af kan
uitvoer SA toe nie. Hulle elektrisiteit kom van SA af. Die enigste ding wat
dit bedreig, is moontlike sabotasie van die kant af.

> By the way (niks met jou te doen nie, maar terwyl die Asian Tigers
> hier genoem word), hoor 'n mens deesdae nog die heavies van die vrye
> mark-teorie se dat ons soos Thailand moet maak en dan sal ons
> probleme opgelos word?

Ek weet te min wat daar aangegaan het, maar soos ek dit verstaan, toe dit
begin goed gaan en die ekonomieë momentum kry, toe word meer en meer geld
geleen vir oorambisieuse projekte. Amper soos 'n ou wat sy eerste
salaristjek kry, en by elke moontlike winkel op krediet gaan koop. Ons
moenie so maak nie.

Ons ouens wat kinders het, weet dat as jy vandag 'n speelding koop, is dit
'Made in China'. Ek wil weet wat maak hulle. Ek kan my indink dat 'n paar
miljoen Chinese op rye sit en speelgoed maak, teen baie skamele vergoeding.
Intussen groei hulle ekonomie met 8% toe ek laas gehoor het. En ek dink nie
hulle het van niks af begin nie, Ferdi.

Verlede week lees ek in Sake-Beeld 'n teorie dat werkloosheid inflasie
veroorsaak, en nie andersom nie. Dit gaan so. Omdat werkloosheid in SA so
hoog is, onderhou die gemiddelde werker 4-5 ander persone. Om dit te kan
bybring, moet die werker noodwendig meer verdien, daarom plaas hy deur
middel van sy vakbond ondehoorlike druk op die werkgewer om onbekostigbare
verhogings toe te staan. Die werkgewer swig onder druk, en verhaal dit van
die verbruiker. Maak dit sin?

> Het jy al die Bram Fischer-biografie gelees
> (nou terwyl Jeremy Cronin in die thread genoem word) ?

Nog nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15324 is 'n antwoord op boodskap #15183] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote in article
...
> Gloudina skryf:
>
>> Watter grondwetlike veranderings
>> oorweeg hulle?
>
> Ek is nie seker nie, Gloudina, en is ook nie op hierdie stadium bereid om te
> spekuleer nie, maar ek hou my oë en ore oop.
>
Die etniese samestelling van die poltieke partye lyk op die oomblik as
volg: (in persentasie uitgedruk) Hierdie is slegs die persentasie van 'n
steekproef van 3,574 mense, landwyd, en kan nie as die gemiddeld oor die
hele bevolking geneem word nie. Markinor inligting.
Hoop maar die syfers kom reg op die NG uit:

Swart ANC(94) NP(11,5) IVP(89,5) UDM(7,3) DP(6,6) FF(4,6)

Indiër ANC( 0,6 ) NP(11,8 ) IVP(1,4) UDM(2,6) DP(3,9) FF(0,7)

Bruin ANC( 4,7 ) NP(36,8) IVP(0,9) UDM(8,6) DP(8,2) FF(0,25)

Wit ANC(0,7) NP(39,9 IVP(8,2) UDM(15,8) DP(81,2) FF(92,5)

Interessante waarnemings:

1)Daar is Bruin, Indiër, en Swart ondersteuners wat aan die Volksfront
behoort. � hoe onwaarskynlik dit ookal mag klink.
2) Die NP is die enigste werklike meerrassige party in die land.
3) Die ANC steek ver af by die NP wat bevolkingsamestelling aanbetref.

Interessante sosiologiese waarnemings:
Die party wat die meeste vernuwe het vanaf 1994 is die NP, en kan in al die
landwye ondersoeke
waargeneem word. Hierdie party sit ook met die dilemma, dat dit die
grootste opposisie party in die land is, wat verskeie gevolge inhou. Die
ANC beskou hierdie party as die grootste vyand, en konsentreer dus op die
NP in openbare aanvalle.

Die ander kleiner partye wil graag die opposisie rol oorneem, en val die
grootste opposisie party aan in die proses. Wat meebring dat die opposisie
in die proses net geherrangskik word, en niks werkliks verander aan die
ANC, wat die eintlike bedreiging inhou vir 'n twee-derde meerderheidstem
nie.

Die neiging in die land om die NP dus aan te val, maak dit vir die ANC
makliker om die opposisie te verswak en te verdeel. 'n Baie gevaarlike
scenario word dus vir die land geskep. In plaas daarvan dat Al die
opposisie partye saamstaan teen die ANC, staan almal saam met die ANC teen
die NP.

Van die bestaande partye wat die nuwe Suid-Afrika ingegaan het, het slegs
die NP radikale veranderinge ondergaan, terwyl al die ander partye, die ANC
ingesluit, se historiese bagasie besig is om 'n meulsteun om die nek te
word. Die partye wat vernuwing dus kan ondergaan, sal eventueel die partye
wees wat die politieke oorlog sal oorleef.

Binne die ANC word die woelinge nog effektief onderdruk. Maar verandering
is baie noodsaaklik. Die party sit met groot probleme wat aangespreek sal
moet word. Daar is 'n duidelike klem verskil tussen die uitsprake van die
grondvlakleiers en top bestuur binne die ANC.

Een voorbeeld wat die land in 'n finansiële krisis in het, die afgelope
dae, is die aankondiging dat beheer oor die reserwebank oorgeneem gaan
word, met die gepaardgaande aankondiging van hoër rentekoerse, nadat die
finansiële markte paniekbevange daarop gereageer het. Dieselfde party se
visie-president moes inderhaas 'n regstellende verklaring uitreik. Te laat.
Die rand het getuimel, die inflasiekoers is op, ens.

Die Soewereiniteit van die Grondwet, wat die Soewereiniteit van die
parlement vervang het, soos in KODESA onderhandel, is vir die ANC 'n
struikelblok na 'n eenparty staat.

Opposisiepartye behoort dus nie die ANC in sy kwaad te sterk deur onder
mekaar, soos honde oor 'n been, te baklei nie. Ons mense sal moet wakker
skrik. Die ANC het 'n magtigtige kommunikasie struktuur, en vind die
verdeling van die opposisie 'n uitstekende voertuig om hulle doel te
bereik. Dit moet nie misgekyk word nie.

'n Historiese voorbeeld van hierdie metodes uit die tagtiger jare: Die
UDF( United Democratic Front) het destyds rasse-konflik situasie geskep om
gratis nasionale- en internasionale media-dekking te kry. 'n Swartman is
aangesê om voor 'n wit man in te druk by 'n vulstasie. Waarna die wit man
dan moles maak deur die Swartman te vloek, te slaan, of wat ookal. 'n
UDF-lid wat homself voordoen as 'n Konserwatiewe Afrikaner, sal dan die KP
kantore bel, en beswaar maak teen die Swartman se onbehoorlike gedrag. Die
KP, onbewus van die opsetlike beplanning, sal dan die pers skakel en groot
rassistiese uitsprake maak. Hierdie voorvalle het landwyd plaasgevind. In
baie van die gebeure was daar "toevallig" buitelandse joernaliste
teenwoordig.

Dieselfde taktieke word nou in die opposisie-geledere toegepas, om die NP
te verswak as grootste oppossie party en hiermee word 'n klomp verwarde
dronk weeluise op 'n warmplaat los gelaat.

Die oproep van die NP dat die opposisie dus nou moet mobiliseer teen die
ANC, en die werklike gevaar vir die land af te weer, is dus 'n geldige
versoek, wat op feitelike gegewens gegrond is. Miskien is ons almal net nie
so goed ingelig oor wat presies gebeur nie.

T.o.v grondwetlike veranderinge: Die soewereiniteit van die Grondwet maak
voorsiening daarvoor dat 'n regering van 'n land tot verantwwordlikheid
deur 'n hof geroep kan word, soos wat met die rugby-debakel( R.S.A.) en
Bill Clinton (V.S.A.) gebeur het. Met 'n twee0derde meerderheidstem, kan
hierdie bepalings verander word. Wat be-oog word, is om die regering los te
maak van wetlike verantwoordbaarheid. Hierdie bepaling in die grondwet, was
van KODESA dae af 'n steen des aanstoots vir die ANC. jammer vir die lang
antwoord. miskien beteken dit vir iemand iets.

Ek wil net hier herhaal, dat ek nie vanuit 'n politieke party opereer nie,
en taamlik objektief staan teenoor hierdie aspekte van my werk. Die
waarnemings word in my alledaagse werksaamhede gedoen.
Lekker dag vir almal.
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15352 is 'n antwoord op boodskap #15183] Sa, 30 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
>> Hoop maar die syfers kom reg op die NG uit:
>> Swart ANC(94) NP(11,5) IVP(89,5) UDM(7,3) DP(6,6) FF(4,6)
>> Indiër ANC( 0,6 ) NP(11,8 ) IVP(1,4) UDM(2,6) DP(3,9) FF(0,7)
>> Bruin ANC( 4,7 ) NP(36,8) IVP(0,9) UDM(8,6) DP(8,2) FF(0,25)
>> Wit ANC(0,7) NP(39,9 IVP(8,2) UDM(15,8) DP(81,2) FF(92,5)
> Griet,
> Die UDM se syfers tel nie op tot 100 nie. Waar lê die fout?
> Groete
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Skuus, die UDM se swart steun is 73% en nie 7,3% nie.
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15378 is 'n antwoord op boodskap #15183] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Miskien kan 'n mens "wit" onskryf as "anti-swart". Dan - volgens wat
> baie mense my vertel - pas baie sg. bruinmense baie goed in die
> omskrywing.

Hoe verwarrend het die terme 'wit''en 'swart' nie geword nie, veral as dit
bruin mense aangaan! Maar jy's reg. Ek lees juis vandag dat Pieter Marais
erg te velde trek teen blankes in die Wes-Kaap wat die bruin mense versaak
deur na die DP te hardloop. Soveel te meer kon 'n saak uitgemaak geword het
vir 'n UDI deur die Wes-Kaapse NP verlede jaar.

>> As jy uitvoer
>> gerig is, is Maputo jou plek.>>
>
> Dis nog nie klaar nie en dis nog nie aan die werk nie. En as jou
> skroewe opraak, moet jy uit SA bestel.

Ferdi, dis darem nou nie asof daar niks aangaan in Maputo nie. Die
vrugteboere hier by ons voer nou al jare deur Maputo uit. Hulle het die
verbetering van hawegeriewe self gefinansier.

Niks verkeerd om van SA af te bestel nie. Die ekonomie van die streek is
baie ineengestrengel. Ek was tien jaar gelede in Botswana - die strokies van
die kas registers het gesê 'Thank you/Dankie'!

>
> >>

> Botswana is nie Mosambiek nie.

Ver van hawens af, ens. (sien onder)

> Botswana is by the way die oudste
> demokrasie in Afrika, hoor ek noiu die dag. Ek het dit nooit werklik
> besef nie.

Wat demokrasie aanbetref is hulle 'n wonder in Afrika. Dit was die hoofrede
hoekom die wêreld destyds so verontwaardig was met ons oorgrens aanvalle in
Botswana.

Hulle word natuurlik erg gesubsidieer deur die EU, veral vir beesvleis. Dit
het tot effek dat daar waarskynlik te veel beeste in Botswana is, wat kwaai
druk plaas op hulle natuurlike gebiede, veral die Okavango delta.

> En ons bou mos ook karre in SA?
> Hyundai "bou" dit nie. Hulle "assemble" dit, sover ek weet.
> Ons "bou" dit, of hoe?

Ja, en nee. Hyundai voer al die onderdele in Botswana toe, en monteer dit
daar. Ten spyte van die afstand van hawens af, doen hulle dit steeds
goedkoper.

Ons bou en monteer - slegs 'n persentasie van onderdele word plaaslik
gemaak, en die res ook maar

> En hulle is 'n kommunistiese staat met strenge regulering!!

Maar hulle flankeer erg met die vrye mark!

> Daar - aan China - het jy nou 'n voluit kommunistiese staat wat
> politieke oortreders in die tronk gooi en hulle daar slawe-arbeid laat
> doen.
> En wat doen die VSA?
> Hy hardloop hygend soontoe om te gaan fabrieke bou!!

En SA? Ons kyk ook maar verby die menseregteskendings.

Miskien is dit moeiliker om teen 'n 1000 miljoen Chinese te stry, as sê 500
000 Swazi's?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15379 is 'n antwoord op boodskap #15183] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 May 1998 18:25:59 -0600, "Henri Burger"
wrote:

Wes-Kaap die bepalende stem het nie, selfs Hernus Kriel.>>[/color]

Miskien kan 'n mens "wit" onskryf as "anti-swart". Dan - volgens wat
baie mense my vertel - pas baie sg. bruinmense baie goed in die
omskrywing.

begin hamer het op die foute en gebreke van die ANC - daar is genoeg[/color]
> ontevredenes om hulle die amptelike opposisie te maak na die volgende
> verkiesing.>>

Hoekom? Sodat hulle aangevat kan word daarop?! Hulle is politici,
swaer. Hulle sal beginsels stel wanneer dit nie meer anders kan nie en
wanneer dit steun sal vergroot!

gerig is, is Maputo jou plek.>>[/color]

Dis nog nie klaar nie en dis nog nie aan die werk nie. En as jou
skroewe opraak, moet jy uit SA bestel.

>>

En minder opgelei.

>>[/color]

Botswana is nie Mosambiek nie. Botswana is by the way die oudste
demokrasie in Afrika, hoor ek noiu die dag. Ek het dit nooit werklik
besef nie.
Mosambiek is ook nie "wired" nie. SA se groot sentrums is wel. En dit
is vandag omtrent onontbeerlik vir die nywerheid.

En ons bou mos ook karre in SA?
Hyundai "bou" dit nie. Hulle "assemble" dit, sover ek weet.

Ons "bou" dit, of hoe?

dit bedreig, is moontlike sabotasie van die kant af.>>[/color]

Of prysverhogings.
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15429 is 'n antwoord op boodskap #15183] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf;

> Watter bakens daar ookal was, die finale gemors is deur die vlieenier
> aangejaag.

Hiermee is ek 100% eens, Ferdi, en geen WVK of wat ook al ondersoek gaan 'n
blou duit verskil daaraan maak nie.

Maar dis ongelukkig gewoonlik die probleem met vliegongelukke (behalwe as
die ketting afval :-) ). Hier op Tzaneen het in my tyd al 'n hele paar ouens
verongeluk, en dis maar gewoonlik dieselfde ou storie.

'n Paar jaar terug vlieg 'n vriend van my en 5 vriende Bazuruto toe. Daar
sirkel hulle eers oor die aanloopbaan, om te kyk vir bokke. Alles lyk reg,
en hulle land. Toe kom die lang gras van voor af vinnig nader, en hy slaan
remme aan, ongelukkig op 'n sandkol, en die vliegtuig steek neus in die
grond. Die skade is nie te erg nie, maar die skroef is gebuig.

Nou reël hulle uitvlieg geleenthede vir die ouens saam met ander ouens wat
daar aankom. Uitendelik vlieg die laaste twee. Omdat my vriend self 'n
vlieënier is, sit hy voor. Toe hulle in die lug is, sien hy die brandstof
lyk maar min. Die vlieënier sê vir hom hy het 'n halfuur se reserwe vir
Maputo (wat ontoelaatbaar min is). Hulle vlieg teen 'n sterk kopwind. Naby
Maputo gaan staan die een enjin, maar hulle kry hom weer aan die gang. Toe
hulle met lugbeheer kontak maak, sê hulle hy kan maar land op die
aanloopbaan voor hom. Toe hulle op die grond is, gaan staan al twee enjins -
brandstof klaar!

Dis sulke kanse wat die moeilikheid maak - as hulle een keer sou moes
sirkel, was hulle dood.

As jy nie Mapoto sien nie, land jy nie, klaar.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15430 is 'n antwoord op boodskap #15183] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Wed, 27 May 1998 21:10:45 -0600, "Henri Burger"
> wrote:
>
> Watter grondwetlike veranderings
>>> oorweeg hulle?
>>
>> Ek is nie seker nie, Gloudina, en is ook nie op hierdie stadium bereid om te
>> spekuleer nie, maar ek hou my oë en ore oop.>>
>
> Die ANC het actually in die Parlement gese hulle wil geen verandering
> aanbring nie. Hulle het ook daarop gewys dat dit in fact hulle
> grondwet is wat ons tans het.

Net 'n paar klein goetertjies - soos om regters te kan aanstel en fire -
Finansies en Tegniek - Laaste week Mei 1998.

Cheers
Lou
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15431 is 'n antwoord op boodskap #15183] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 21:10:45 -0600, "Henri Burger"
wrote:

Watter grondwetlike veranderings
>> oorweeg hulle?
>
> Ek is nie seker nie, Gloudina, en is ook nie op hierdie stadium bereid om te
> spekuleer nie, maar ek hou my oë en ore oop.>>

Die ANC het actually in die Parlement gese hulle wil geen verandering
aanbring nie. Hulle het ook daarop gewys dat dit in fact hulle
grondwet is wat ons tans het.

Destyds was daar twee ondersoekspanne, 'n Russiese een, en die Margo-span.[/color]
> Die Russe het tot die gevolgtrekking gekom dat daar 'n valsbaken was, op
> grond waarvan weet ek nie.>>

Sleutel- getuienis was die gesprek tussen die Russiese vlieeniers.
Die een se vir die ander een hulle behoort nou maputo se ligte te
sien. Die tweede een se maar daar is dan geen ligte nie. Die eerste
een se ag dis seker maar n krag-onderbreking, ons IS op die regte
plek. Kom ons gaan land.
Toe moer hulle in die heuwel vas.

Watter bakens daar ookal was, die finale gemors is deur die vlieenier
aangejaag.
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15432 is 'n antwoord op boodskap #15324] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 29 May 1998 08:42:40 GMT, "Griet" wrote:

parlement vervang het, soos in KODESA onderhandel, is vir die ANC 'n[/color]
> struikelblok na 'n eenparty staat. >>

Daar was niks by Kodesa onderhandel nie. Dit het op niks uitgeloop
nie.

Na Kodesa het die tweede reeks onderhandelinge gevolg waarop die ANC
die grondwet gekry het wat hy wou he. Dis die een wat ons nou het.

Effens aangepas deur latere onderhandelinge waar die ANC weer gekry
het wat hy wou he. Die grondwet wat ons nou het, is die een wat die
ANC wou he.

Waarop grond jy jou stelling dat die ANC n eenpartystaat wil maak?
As hy wil, hoef hy nie die meeste stemme in n verkiesing te gaan kry
nie. Hy vat eenvoudig die weermag en hef die grondwet op, weet jy?

aangesê om voor 'n wit man in te druk by 'n vulstasie. Waarna die wit man[/color]
> dan moles maak deur die Swartman te vloek, te slaan, of wat ookal. 'n
> UDF-lid wat homself voordoen as 'n Konserwatiewe Afrikaner, sal dan die KP
> kantore bel, en beswaar maak teen die Swartman se onbehoorlike gedrag.>>

So al die mense - wit en swart - wat dan UDF-ondersteuners?
Interresant.
Hoe het hulle dit by the way gehanteer in die lig van die wette wat
toe gegeld het waarvolgens 'n joernalis tronk toe kon gaan as hy hom
NIE uit die voete gemaak het waar daar enige vorm van burgerlike onrus
was?

KP, onbewus van die opsetlike beplanning, sal dan die pers skakel en groot[/color]
> rassistiese uitsprake maak. >>

Die KP het dit sommer op hulle eie ook gemaak. En die AWB het sommer
op hulle eie swartmense aangerand, sover ek onthou.

baie van die gebeure was daar "toevallig" buitelandse joernaliste[/color]
> teenwoordig.>>>

Noem n paar sulke voorvalle. Ek sal graag meer daarvan wil weet.

te verswak as grootste oppossie party en hiermee word 'n klomp verwarde[/color]
> dronk weeluise op 'n warmplaat los gelaat. >>>

Die NP is besig om op sy eie homself op te fok, swaer. Hulle het het
nie hulp nodig nie.
As bewys gaan kyk na totale onbeholpe manier waarop Boerseun van
Schalkwyk die silly beweringe teen hom gehanteer het.

voorsiening daarvoor dat 'n regering van 'n land tot verantwwordlikheid[/color]
> deur 'n hof geroep kan word, soos wat met die rugby-debakel( R.S.A.) en
> Bill Clinton (V.S.A.) gebeur het. Met 'n twee0derde meerderheidstem, kan
> hierdie bepalings verander word. Wat be-oog word, is om die regering los te
> maak van wetlike verantwoordbaarheid. Hierdie bepaling in die grondwet, was
> van KODESA dae af 'n steen des aanstoots vir die ANC. jammer vir die lang
> antwoord. miskien beteken dit vir iemand iets.>>

Nee dit was nie. Die grondwetlike hof wat alle wette aan die handves
van menseregte moet toets - en die handves - was in fact 'n ding wat
sterk deur die ANC ondersteun was in die onderhandelinge wat gevolg
het nadat Kodesa in duie gestort het.
Die grondwetlike hof word in fact as 'n polities heilige ding deur die
ANC gesien.
Daarom is 'n moerse klomp geld ook bewillig om "Constitution Hill" in
Johannesburg te bou wat die permanente tuiste van van die grondwetlike
hof sal wees.
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15503 is 'n antwoord op boodskap #15183] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On 29 May 1998 08:42:40 GMT, "Griet" wrote:
>
>
> > parlement vervang het, soos in KODESA onderhandel, is vir die ANC 'n
>> struikelblok na 'n eenparty staat. >>
>
> Daar was niks by Kodesa onderhandel nie. Dit het op niks uitgeloop
> nie.
>
> Na Kodesa het die tweede reeks onderhandelinge gevolg waarop die ANC
> die grondwet gekry het wat hy wou he. Dis die een wat ons nou het.
>
> Effens aangepas deur latere onderhandelinge waar die ANC weer gekry
> het wat hy wou he. Die grondwet wat ons nou het, is die een wat die
> ANC wou he.

Hmmm..... Nou wonder 'n mens. Waarom verskil dit dan so baie van die
aanvanklike voorstelle wat die ANC na Kodesa toe gebring het?

(Onder nadere wou hulle, soos ek onthou, gehad het die Staat moet ook
fundamentele regte hê!)

>
> Waarop grond jy jou stelling dat die ANC n eenpartystaat wil maak?
> As hy wil, hoef hy nie die meeste stemme in n verkiesing te gaan kry
> nie. Hy vat eenvoudig die weermag en hef die grondwet op, weet jy?

Ek sou dit nie probeer as ek die regering is nie.

Nie met ongeveer tienmaal soveel opgeleide soldate buite die weermag as
daarbinne nie. En met 'n weermag wat so gedemoraliseer en ongedissiplineer
is dat onbekende ouens met die army se eie trokke tonne wapens en ammunisie
van die elite-eenheid wegry sonder dat enigeen hulle probeer stop. Tweemaal
in twee weke!

Nee. Ek sou nie te veel vertrou op die weermag se huidge vermoë om die
staatsgesag te handhaaf nie - nog minder sy wil of vermoë om 'n spul
usurpeerders in die stoel te hou.

> Grondwet maak
>> voorsiening daarvoor dat 'n regering van 'n land tot verantwwordlikheid
>> deur 'n hof geroep kan word, soos wat met die rugby-debakel( R.S.A.) en
>> Bill Clinton (V.S.A.) gebeur het. Met 'n twee0derde meerderheidstem, kan
>> hierdie bepalings verander word. Wat be-oog word, is om die regering los te
>> maak van wetlike verantwoordbaarheid. Hierdie bepaling in die grondwet, was
>> van KODESA dae af 'n steen des aanstoots vir die ANC. jammer vir die lang
>> antwoord. miskien beteken dit vir iemand iets.>>
>
> Nee dit was nie. Die grondwetlike hof wat alle wette aan die handves
> van menseregte moet toets - en die handves - was in fact 'n ding wat
> sterk deur die ANC ondersteun was in die onderhandelinge wat gevolg
> het nadat Kodesa in duie gestort het.

Korrek.

> Die grondwetlike hof word in fact as 'n polities heilige ding deur die
> ANC gesien.

Korrek. Omdat dit 'n politieke instrument is, met regters wat op politieke
oorweginge aangestel word. Die enigste hof wat tans min of meer na die ANC
se hand geskape is.

(Maar, soos hulle uitgevind het, geniet die regters selfs in daardie hof 'n
groot mate van onafhanklikheid in die sin dat dit baie moeilik is om hulle
te verwyder nadat jy hulle daar gesit het.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15504 is 'n antwoord op boodskap #15183] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 27 May 1998 21:10:45 -0600, "Henri Burger"
> wrote:
>
>
> Watter grondwetlike veranderings
>>> oorweeg hulle?
>>
>> Ek is nie seker nie, Gloudina, en is ook nie op hierdie stadium bereid om te
>> spekuleer nie, maar ek hou my oë en ore oop.>>
>
> Die ANC het actually in die Parlement gese hulle wil geen verandering
> aanbring nie. Hulle het ook daarop gewys dat dit in fact hulle
> grondwet is wat ons tans het.

Yep.

Eers het die Sekretaris-Generaal van die ANC (3de in bevel) gesê hulle wil
dit verander sodat hulle "without fetters" kan regeer. Die dinge wat hulle
pla, sê hy (as ek reg onthou) het ingesluit die onafhanklikheid van
ouditeur-generaal, die reserwebank en die regerlike dienstekommissie (wat
regters nomineer vir aanstelling en afdanking).

Toe sê die Adjunk-president van die ANC soortgelyke dinge.

Toe van die Rand tot 'n nuwe laagtepunt.

Toe sê die president van die ANC in die parlement, nee, dit is nie so nie.
Hulle wil nie meer die grondwet wysig nie.

Maar miskien glo die markte hulle ook nie meer nie. Want gister het die Rand
weereens tot 'n rekordlaagtepunt gedaal.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15535 is 'n antwoord op boodskap #15183] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 01 Jun 1998 08:47:21 +0200, lou wrote:
>
[color=blue]>
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15561 is 'n antwoord op boodskap #15183] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Jun 1998 05:44:34 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Jy is ook nie die regering nie.
En jou kans om die regering te wees is nul.

Mense soos jy was die regering gewees.
En is nie meer die regering nie.

En dis oneindig beter so.
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15562 is 'n antwoord op boodskap #15183] Vr, 05 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Jun 1998 08:47:21 +0200, lou wrote:
Re: Politieke toestand in SA [boodskap #15589 is 'n antwoord op boodskap #15183] Sa, 06 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 3 Jun 1998 05:44:34 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>
> Jy is ook nie die regering nie.
> En jou kans om die regering te wees is nul.

Hieroor is jy 100% reg.

>
> Mense soos jy was die regering gewees.

Hieroor is jy 100% verkeerd.

Mense soos ek bly ver weg van die politiek af - regeringspolitiek of
andersinds.
Vorige onderwerp: Re: Alkohol en hygromans
Volgende onderwerp: Gloudinakins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:32:28 MGT 2024