Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......???
AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......??? [boodskap #15218] Wo, 27 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek sal 'n stukkie wat julle interessant sal vind kort en bondig
en neutraal (!) probeer weergee: (Gevoellige onderwerp:
Maak nie saak wat mens sê nie, jy beland in die sop!)

'n Spesiale dag is in Australie opsygesit, 'n "SORRY DAY",
en die idee was dat Australiers vrywillig registers gaan
teken en seremonies bywoon in skole en kerke
om te sê hulle is jammer oor wat alles aan die Aboriginees gedoen is.

Dit het hoofsaaklik te doen met (verwaarloosde?) Aboriginese
kinders wat van hul ouers weggeneem is en in koshuise gesit is.

Meeste australiers wil daarmee niks te doen he nie,
omdat dit baie lank gelede gebeur het en omdat die huidige geslag
niks daarmee te doen het nie.
(Anders as die Waarheidskommissie, wat sommer oor vars gebeure gaan)

Mense vra hulself af hoekom hulle "I'm sorry" moet sê oor iets
wat hul nie gedoen het nie, en ander sê dat jy moet, want om te
sê jy is jammer beteken nie dat jy skuldig is nie...
Die Australiese regering wil nie meedoen nie want 'n skulderkentenis
kan dalk biljoene dollars se eise tot gevolg he...
En dan is daar die semantiese kwessies: eerder "reconciliation day" as
"sorry day", of miskien eerder "acknowledgement day" ??? ens.
Daar is skandalige Aussie rassiste aan die een kant en dan is daar
apologete
aan die ander kant wat wil skies vra dat hul wit is,
en dan is daar 'n groot klomp aussies tussenin..
En daar is Abboriginees wat sê 'n "sorry" is genoeg,
maar party wil kompensasie ook he...

Mens vra jouself af waarom miljoene aussies elke jaar dweep "Lest we
forget"
oor die Anzac veldslag ('n slag wat mitiese proporsies aangeneem het en
waarmee die meeste niks mee te doen gehad het nie), maar dan skryf hul
"Sorry day" af oor dit niks met hul te doen gehad het nie...

Anders as die swartes wat mag verkry het in SA,
(en nou basies kan doen wat hul wil),
is die Aboriginees 'n klein minderheidsgroepie,
wat nooit politieke mag deur die stembus sal verkry nie.
(soos die boesmans.)
Die enigste politieke of ekonomiese mag wat hul kan uitoefen is
om d.m.v. die hooggeregshof spesiale voorregte te beding oor grondbesit
ens. Deel van die taktiek is om te fokus op hoe hul ingedoen is
in die verlede en hul te beroep op internasionale "menseregte" ens.

Die gevaar is natuurlik dat daar 'n "backlash" kom van blankes wat
gatvol
raak oor al die "gekerm" oor die verlede en die melk van
"skuldgevoelens".
Ook is die gevaar dat die Aboriginees in 'n groef vasval waar hul
nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul eie situasie en toekoms nie.

Vriendelike groete!
(En skiestog, asseblieftog oor almal se moere wat ek poer met my briewe)
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......??? [boodskap #15261 is 'n antwoord op boodskap #15218] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
iis  is tans af-lyn  iis
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> GALJOEN writes:
>
>> Die gevaar is natuurlik dat daar 'n "backlash" kom van blankes wat
>> gatvol
>> raak oor al die "gekerm" oor die verlede en die melk van
>> "skuldgevoelens".
>> Ook is die gevaar dat die Aboriginees in 'n groef vasval waar hul
>> nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul eie situasie
> en toekoms nie.
>
>
> So, Galjoen, praat elke "blanke" in
> Australi"e wat vergeet het dat hulle
> voorsate met geen by your leave in
> 'n anderman se land ingestap het en
> hom daar gaan plak het. Nou bekommer
> hulle hul dat die Eerste Nasies van
> Australi"e in 'n groef sal vasval!
> Hier in Kanada het die kerke al klaar
> hul jammerte uitgespreek vir die
> ontworteling (en in baie gevalle
> fisiese en seksuele aanranding) wat
> die Eerste Nasies moes ondergaan in
> die regeringskoshuise. Dit maak nie
> seer om te sê jy is jammer nie. Dis
> nou die seisoen vir vergiffenis.
> Selfs die Japanese doen dit.
>
> Gloudina
Sorry Gloudina - die Japanese vra nie om vergifnis nie, kom ons kry die
feite reg. Soos ek die storie verstaan word die wreedhede van die 2de WO nie
eens op skoolvlak hanteer nie.
Vanwaar die beheptheid met die vergifnis-storie. Ydel woorde - dade spreek.
Plaaslik word die aanvanklik positiewe gesindheid wat beheers het tans baie
vinnig onklaar gemaak deur Swart politici en politieke instrumente soos die
WVK. Die bose kringloop gaan voort - 'n klomp eerlike erkentenisse word
ongedaan gemaak.
Jakes
>
Vorige onderwerp: Transformasie
Volgende onderwerp: Dankie, ou tante!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 13:38:04 MGT 2024