Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » e-pos
e-pos [boodskap #14668] Do, 14 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
louwtjie  is tans af-lyn  louwtjie
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
dag

ek wil net graag weet wat ons kan maak want ek wil nie snaaks wees nie maar
die rekenaartaal in afrikaans klink poower of is ek maar net pateties want
kyk na e-mail, e-pos, ag duh hoor, kan ons nie 'n ander plan maak nie??

enige idees??

ekke
:)
Re: e-pos [boodskap #14669 is 'n antwoord op boodskap #14668] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
J wrote in message ...
>> Wie praat nou van 'n moederbord, (save 'n program) bere 'n program ens.
>
> Die SAUK-afstammelinge soos gewoonlik sal nie te skaam wees om te probeer
nie, bv. snuffelaar vir browser........

EINA!!!!
Re: e-pos [boodskap #14670 is 'n antwoord op boodskap #14668] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gelukkig hoef ons nie meer suiwer Afrikaans te praat nie, want ons het nou
'n Nuwe
Suid Afrika met 'n nuwe Afrikaanse taal; hoe lank sal ons nog Afrikaans kan
praat.
Ek werk op stelsels en alhoewel ek met ander Afrikaanse mense oor PC
(rekenaars)
en stelsels praat, praat ons die tegniesie termes in Engels, want dan
verstaan ons mekaar,
Wie praat nou van 'n moederbord, (save 'n program) bere 'n program ens.
Re: e-pos [boodskap #14715 is 'n antwoord op boodskap #14668] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek is 'n Afrikaner net soos jy, maar hoe gaan ons nou kommunikeer met
die buiteland as ons nie die Internationale taal wil leer praat nie; ons sal
nerens kom nie
As ek nou 'n moederbord bestel in die buiteland, ek wonder wat sal hulle vir
my stuur.

Ek stem saam dat ons die taal moet praat, maar ek glo daar sal ook 'n einde
daaraan
kom. Die regering van die dag sal ons onsigbaar dwing om oor te gaan na die
taal.
Kyk na ons President, as hy in sy huitaal praat sal die meeste van ons nie
verstaan wat
hy se nie, miskien moet ons maar sy voorbeld volg.
Re: e-pos [boodskap #14716 is 'n antwoord op boodskap #14668] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
louwtjie  is tans af-lyn  louwtjie
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
ok browser sal ek nog kan sê in engels maar e-mail, nee haai wragtig wat te
erg is, is te erg en ek sê ons moet die afrikaanse taal maar aanpas vir die
21ste eeu anders gaan dit verdwyn soos die 20ste eeu en ek sal nie wil hê
dit moet gebeur nie aangesien dit my moederstaal is en dit die mooiste taal
is in die wêreld!!

ons sal moet kyk wat ons kan maak met die woorde want dit sal 'n mens
sommer na drank dryf, of hoe....

daar is nou al klaar 'n paar wat aangepas is soos moederbord en klankkaart
maar dit word nie elke dag gebruik nie so ek weet nie meer nie en die
storie dat ons nou amptelike taal nou met 10 ander moet deel gaan my
verstand ook te bowe!!!

ok bye bye now
ekke
:)

nomad@rest.oasis wrote in article ...
>
> J wrote in message ...
>>> Wie praat nou van 'n moederbord, (save 'n program) bere 'n program ens.
>>
>> Die SAUK-afstammelinge soos gewoonlik sal nie te skaam wees om te
probeer
> nie, bv. snuffelaar vir browser........
>
> EINA!!!!
>
Re: e-pos [boodskap #14717 is 'n antwoord op boodskap #14668] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
J skryf:

> Wie praat nou van [knip]

J, die een het ek spesiaal vir jou raakgelees:

Wat het die disleksiese skollie op die brug geskryf?

epos

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: e-pos [boodskap #14718 is 'n antwoord op boodskap #14668] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
louwtjie  is tans af-lyn  louwtjie
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
wat ek bedoel is dat as ons met mekaar gaan praat (afrikaans) dan kan ons
mos woorde gebruik wat eie is aan ons en sodoende dan ons taal verder vat en
weer ons plek terug vat wat ons gehad het

Ons hoef nie die engelse gedeelte af te leer nie maar ons moet net meer
afrikaans in die rekenaar wêreld in druk en dan ons stempel los want dan sal
ons woorde ook in ander tale gebruik word soos byvoorbeeld die woor "spoor"
wat in engels gebruik word om die spore wat 'n dier los te volg in die
woud...

ok bye bye now
ekke
:)
Re: e-pos [boodskap #14782 is 'n antwoord op boodskap #14668] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Sjoe, nou raak jy te diep vir my.

>> Wie praat nou van [knip]
>
> J, die een het ek spesiaal vir jou raakgelees:
>
> Wat het die disleksiese skollie op die brug geskryf?
>
> epos
>
Re: e-pos [boodskap #14783 is 'n antwoord op boodskap #14668] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Rian Schutte  is tans af-lyn  Rian Schutte
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Probeer die Noord Boland my vriend. maak nie saak wat jy wil se nie, as jy
dit nie in Afrikaans kan se nie is die normale reaksie "HUH ??". Rekenaar
programmeerders en verkoopliede moes hulle ook maar hierby aanpas. Die
enigstes wat met Engels of half-Engels wegkom is die motor mense.--- 'n
Carb is 'n Carb is 'n Carb

Groete

Rian

J wrote in article ...
> Gelukkig hoef ons nie meer suiwer Afrikaans te praat nie, want ons het nou
> 'n Nuwe
> Suid Afrika met 'n nuwe Afrikaanse taal; hoe lank sal ons nog Afrikaans kan
> praat.
> Ek werk op stelsels en alhoewel ek met ander Afrikaanse mense oor PC
> (rekenaars)
> en stelsels praat, praat ons die tegniesie termes in Engels, want dan
> verstaan ons mekaar,
> Wie praat nou van 'n moederbord, (save 'n program) bere 'n program ens.
>
Re: e-pos [boodskap #14784 is 'n antwoord op boodskap #14668] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beste J.

Ek dink jy sal miskien wil kennis neem van een of twee aspekte (soos
gerapporteer deur PANSAT):

a) Mense wat meer as een taal ken en gebruik is redelik algemeen. En dit
was deur die eeue nog so. Die feit dat 'n mens 'n bepaalde taal aanleer
omdit dit vir jou van nut is, beteken nie dat jy 'n ander ophou gebruik nie.

b) Daar was, in die geskiedenis, nog geen volk wat wetenskaplik en
tegnologies gevorder het sonder om die wetenskap en tegnoplogie in hul eie
taal te begin be-oefen nie.

c) Die getal Engelssprekendes in die wêreld, beide in absolute getalle en
as 'n persentasie van die wêreldbevolking, is besig om te daal.

d) In die VSA word iets soos 60% van alle wetenskaplike geskrifte
gepubliseer. Tot dusver was dit in Engels. Die persentasie wat in Spaans
gepubliseer word is baie klein, maar word elke jaar groter.

Dus: As ek op die gebied van wetenskap en tegnologie wou voortuitgaan, sou
ek verseker dat ek in my moerdertaal daaroor dink - selfs al gebruik ek 'n
ander taal om daaroor te skryf en te praat.

Groete, Leendert

J wrote in message ...
> Ek is 'n Afrikaner net soos jy, maar hoe gaan ons nou kommunikeer met
> die buiteland as ons nie die Internationale taal wil leer praat nie; ons sal
> nerens kom nie
> As ek nou 'n moederbord bestel in die buiteland, ek wonder wat sal hulle vir
> my stuur.
>
> Ek stem saam dat ons die taal moet praat, maar ek glo daar sal ook 'n einde
> daaraan
> kom. Die regering van die dag sal ons onsigbaar dwing om oor te gaan na die
> taal.
> Kyk na ons President, as hy in sy huitaal praat sal die meeste van ons nie
> verstaan wat
> hy se nie, miskien moet ons maar sy voorbeld volg.
>
Vorige onderwerp: Argiewe
Volgende onderwerp: Die Virago van die Weskus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:10:52 MGT 2024