Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opgooi
opgooi [boodskap #145034] So, 14 April 2024 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opgooi
Afbreking: op•gooi
Samestelling: op + gooi


Werkwoord: gooi op, opgooi
Verlede tyd: het opgegooi
Teenwoordige deelwoord: opgooiende
Verlede deelwoord: opgegooi

Betekenis:
• Om voedsel uit die maag deur die mond of neus na buite te werp.
• Om boontoe (in die lug in) te gooi.

Gebruik:
• Sy was naar en het die hele nag opgegooi.
• Hoe hoog kan jy die bal opgooi?

Spreekwoord:
• Tou opgooi. [Om op te gee.]

Sinoniem:
• braak
• kots
• opbring
• uitbraak
• vomeer
• opwerp

Antoniem:
• afgooi

Afgelei:
• tou-opgooier

Vertaling:
Engels: to vomit, puke; to throw up, toss up
Nederlands: braken; opgooien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goedgesind
Volgende onderwerp: Hebreër
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:50:45 MGT 2024