Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE GROOTSTE DROLLE OP AARDE..................
DIE GROOTSTE DROLLE OP AARDE.................. [boodskap #14497] Ma, 11 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek praat nou van sg. "sake"-manne, besturende direkteurs van firmas ens,
of soos in VSA en Aus: "CEO"'s (Chief-executive-officer) ens.
Dis nou die pretensieuse klomp winddrolle wat hulself allerhande
titels gee, altyd met "manager" of "executive" agterna.
Mans wat heeldag met hul swart pakke en selfone rondloop,
die sakekoerant lees, vergaderings bywoon, "business class" vlieg ens.

Dis ongelukkig so dat die tipe mense groot invloed verkry,
met die politici is hul kop-in-een-mus.
Dit is eintlik 'n godswonder dat Ingenieurs, Projekbestuurders,
kleinsakemanne ens iets regkry en die ekonomie aan die gang hou ten
spyte
van die klomp gekke. As dit nie vir die bliksems se sekretaresses was
nie,
het hul besigheide in duie gestort, dit is gewoonlik hul sekretaresses
wat alles reel en aan die gang hou terwyl hul rondrits, selfs hul
vrouens se verjaardae vir hulle onthou.

Daar word weinig werk op hul vergaderings, sakereise en sake-etes
gedoen, dis gewoonlik net kakpraat en 'n verskoning om rond te ry,
vliegpunte op te tel, te suip en te hoereer. Die enigste ding wat hul
ooit regkry is om hul sakke vol te stop,belasting te ontduik en korrup
te wees.

Ek moes ongelukkig al na hul luister, by duur onthale en eksklusiewe
klubs,
hoe hul aan mekaar vertel hoe belangrik hul is. Dan dink hulle
iets uit om die res van ons rond te neuk en hulself besig te hou:
vandag "sentralisasie" - volgende jaar "desentralisasie" ens.
Ekonomiese analiste heg allerhande ingewikkelde
verklarings aan hul besluite. Dis 'n fout: dit het dikwels meer met
hul slegte spysvertering te doen. (dis seker ook hoekom hul so stink
poep op die vliegtuig).

Ek het onlangs in 'n restaurant gesit en na so 'n spul mans in
hul swart pakke gekyk, 'n tipiese "sake"-ete. Soos 'n
kinderagtige klomp skoolseuns het hul hul gedra, namate hul meer
besope geraak het. Jy kon die rangorde vasstel aan die wat die
gatkruipery gedoen en ontvang het. En hul gevry na die kelnerin:
asof 'n mooi jong meisie in geslepe ou mans belangstel! Dis
ongelooflik hoeveel hul van hulself dink.

Van produksiebestuur,geldsake weet hulle eintlik niks. Hulle ken
net al die "buzzwords", wat hul in hul vervelige saketydskrifte vol
skinderstories optel. Die effektebeurs en finansies is gebaseer op
hul gerugte. Mens het net een van hul ou kakstories nodig
om aandele op of af te laat gaan en die effektebeurs in sy maai in
te stuur. Kyk nou maar die finansiele krisis in Asie:
Dit is in die eerste plek veroorsaak oor die bliksems nie geweet
het wat hul doen nie, hul empires op bullshit gebou.

'n goeie voorbeeld van so 'n drol is Bill Gates. Hy bewys net dat as jy
genoeg skelm en boeliestreke het, jy KAK kan verkoop. Jy moet net
die media beheer, met hype en bullshit laai. Mens moet net lees oor
sy paleis wat hy bou met allerhande speelgoed, om te sien watse
kinderagtige ou seuntjie hy eintlik is. Nog 'n voorbeeld is Louis Luyt.

En terloops: was jou hande as jy so 'n sakeman moes groet. Dis opvallend
dat hulle nooit hul hande was in die lughawens se toilette nie.
Hou hul maar dop. Hulle is gewoonlik te haastig met hul selfone.
Dis waar baie van hul besluite geneem word: met een hand om die
selfoon en die ander om sy piepie. Die spil waarom die ekonomie draai?

vriendelike groete
Re: DIE GROOTSTE DROLLE OP AARDE.................. [boodskap #14553 is 'n antwoord op boodskap #14497] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer Lynne  is tans af-lyn  Jennifer Lynne
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
LOL LOL LOL Ek het my dood gelag!!! Dis 'n wonderlike storie onrusstoker.

Jennifer

Onrusstoker wrote:

> Ek praat nou van sg. "sake"-manne, besturende direkteurs van firmas ens,
> of soos in VSA en Aus: "CEO"'s (Chief-executive-officer) ens.
> Dis nou die pretensieuse klomp winddrolle wat hulself allerhande
> titels gee, altyd met "manager" of "executive" agterna.
> Mans wat heeldag met hul swart pakke en selfone rondloop,
> die sakekoerant lees, vergaderings bywoon, "business class" vlieg ens.
>
> Dis ongelukkig so dat die tipe mense groot invloed verkry,
> met die politici is hul kop-in-een-mus.
> Dit is eintlik 'n godswonder dat Ingenieurs, Projekbestuurders,
> kleinsakemanne ens iets regkry en die ekonomie aan die gang hou ten
> spyte
> van die klomp gekke. As dit nie vir die bliksems se sekretaresses was
> nie,
> het hul besigheide in duie gestort, dit is gewoonlik hul sekretaresses
> wat alles reel en aan die gang hou terwyl hul rondrits, selfs hul
> vrouens se verjaardae vir hulle onthou.
>
> Daar word weinig werk op hul vergaderings, sakereise en sake-etes
> gedoen, dis gewoonlik net kakpraat en 'n verskoning om rond te ry,
> vliegpunte op te tel, te suip en te hoereer. Die enigste ding wat hul
> ooit regkry is om hul sakke vol te stop,belasting te ontduik en korrup
> te wees.
>
> Ek moes ongelukkig al na hul luister, by duur onthale en eksklusiewe
> klubs,
> hoe hul aan mekaar vertel hoe belangrik hul is. Dan dink hulle
> iets uit om die res van ons rond te neuk en hulself besig te hou:
> vandag "sentralisasie" - volgende jaar "desentralisasie" ens.
> Ekonomiese analiste heg allerhande ingewikkelde
> verklarings aan hul besluite. Dis 'n fout: dit het dikwels meer met
> hul slegte spysvertering te doen. (dis seker ook hoekom hul so stink
> poep op die vliegtuig).
>
> Ek het onlangs in 'n restaurant gesit en na so 'n spul mans in
> hul swart pakke gekyk, 'n tipiese "sake"-ete. Soos 'n
> kinderagtige klomp skoolseuns het hul hul gedra, namate hul meer
> besope geraak het. Jy kon die rangorde vasstel aan die wat die
> gatkruipery gedoen en ontvang het. En hul gevry na die kelnerin:
> asof 'n mooi jong meisie in geslepe ou mans belangstel! Dis
> ongelooflik hoeveel hul van hulself dink.
>
> Van produksiebestuur,geldsake weet hulle eintlik niks. Hulle ken
> net al die "buzzwords", wat hul in hul vervelige saketydskrifte vol
> skinderstories optel. Die effektebeurs en finansies is gebaseer op
> hul gerugte. Mens het net een van hul ou kakstories nodig
> om aandele op of af te laat gaan en die effektebeurs in sy maai in
> te stuur. Kyk nou maar die finansiele krisis in Asie:
> Dit is in die eerste plek veroorsaak oor die bliksems nie geweet
> het wat hul doen nie, hul empires op bullshit gebou.
>
> 'n goeie voorbeeld van so 'n drol is Bill Gates. Hy bewys net dat as jy
> genoeg skelm en boeliestreke het, jy KAK kan verkoop. Jy moet net
> die media beheer, met hype en bullshit laai. Mens moet net lees oor
> sy paleis wat hy bou met allerhande speelgoed, om te sien watse
> kinderagtige ou seuntjie hy eintlik is. Nog 'n voorbeeld is Louis Luyt.
>
> En terloops: was jou hande as jy so 'n sakeman moes groet. Dis opvallend
> dat hulle nooit hul hande was in die lughawens se toilette nie.
> Hou hul maar dop. Hulle is gewoonlik te haastig met hul selfone.
> Dis waar baie van hul besluite geneem word: met een hand om die
> selfoon en die ander om sy piepie. Die spil waarom die ekonomie draai?
>
> vriendelike groete
Vorige onderwerp: Afrikaans en Nederlands
Volgende onderwerp: Ou Arthur, jy vra goeie vrae.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 04:20:08 MGT 2024