Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tsumeb kan spookdorp word
Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14056] So, 26 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hier volg 'n uittreksel uit 'n berig wat in vandag se Rapport verskyn het,
onde die opskrif soos gemeld in die titellyn:

Die kans is goed dat die Namibiese myndorp Tsumeb 'n spookdorp gaan word
nadat Gold Fields Namibia (GFN) aangekondig het dat Tsumeb Corporation Ltd
(TCL), die hoof werkverskaffer op die dorp, gelikwideer word.

Die bom het verlede Vrydag gebars toe die sowat 1 950 werkers van TCL huis
toe gestuur is met 'n boodskap dat die kopermyn voorlopig gesluit is weens
'n likwidasie-aansoek en 'n likwidateur oor hul toekoms sal moet beslis.

In 'n dringende hofaansoek het dit aan die lig gekom dat GFN - die eienaar
van TCL - nie genoeg geld het om die sowat 2 000 werknemers se salarisse vir
April te betaal nie. Intussen het die Namibiese minister van myn- en
energiesake, Mnr Andimba Toivo ya Toivo dit duidelik gemaak dat hy Gold
Fields SA (GFSA) verantwoordelik hou vir die penarie waarin hul myne in
Namibie" is.

"Die maatskappy moet die lyding van die werknemers verlig", sê hy. "GFSA
kon nie onbewus gewees het van die verwikkelinge nie."

Verskeie terugslae het TCL die afgelope jare getref. 'n Staking in 1996 het
die tydelike opskorting van operasies tot gevolg gehad.Dit het tot verlies
van inkomste gelei, terwyl tegniese probleme die Australiese smelteraanleg
by Tsumeb geteister het. (Nota: 'n Daling in internasionale koperprys het
die situasie vererger. HB)

Spanning loop hoog op die dorp. TCL is die ekonomiese hartklop van Tsumeb en
sowat 90% van al die besighede is direk of indirek van die myn afhanklik.
Ook die stadsklerk, Mnr Ockert Brits, het die sluiting van die myn as 'n
ramp beskryf. "Die myn is die hoofwerkgewer van die dorp en direk of indirek
is almal van hom afhanklik." (Einde)

'n Tragies storie, nie net vir Tsumeb en sy mense nie, maar vir almal met 'n
passie vir die plek, asook Namibie" in die algemeen. Vir my was dit nog
altyd een van die mooistes van baie mooi dorpe in Namibie".

Let op, Gloudina, wat die onderliggende tema in al hierdie tragedies is, en
ook, waar die blaam van owerheidswee" geplaas word.

(Terloops, Gloudina, uit 'n vorige plasing van jou - 'trade surplus' =
handelsoorskot, 'trade deficit' = handelstekort.)

Groete

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14086 is 'n antwoord op boodskap #14056] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

>> Let op, Gloudina, wat die onderliggende tema in al hierdie tragedies is, en
>> ook, waar die blaam van owerheidswee" geplaas word.

> Ek dink jy moet verduidelik, Henri,
> wat die "onderliggende tema" in al
> hierdie tragedies is. Of praat jy
> al weer van die stakings as die
> oorsaak? Is dit nie egter ook die
> feit dat die prys van koper nou
> baie laag is nie? Myne word hier in
> Kanada gereeld toegemaak, as
> byvoorbeeld die prys van goud so
> laag daal dat dit onekonomies is
> om dit in produksie te hou. Is
> elke myn wat toegemaak word, nou
> die skuld van die "nuwe SA" se
> bestaan?

Ek dink jy het self verduidelik, Gloudina. Ja, ek verwys na die stakings,
want dit is gewoonlik al wat nodig is om 'n marginale myn of onderneming te
laat ondergaan. Uiteraard kan ek nie die "nuwe SA" blameer vir wat in
Namibie" gebeur nie, alhoewel dit wil lyk asof hul minister van mynwese geen
probleem daarmee het om die ou SA daarvoor te blameer nie.

Wat ek probeer uitwys, is dat baie van hierdie tragedies te wyte is aan 'n
onderliggende denkpatroon ('mindset'), wat nie die realiteit in aanmerking
neem nie. En in SA word hierdie denkpatroon dikwels onderskryf deur Cosatu,
wat 'n belangrike vennoot in die huidige regering is.

Vir my lyk dit asof 'n standpunt deur vakbonde dikwels so ver gedryf word,
dat dit tot nadeel van hulself is, maar dit eers besef word wanneer dit te
laat is. 'n Kwessie van 'cut your nose to spite your face'. Of hoe?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14088 is 'n antwoord op boodskap #14056] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Let op, Gloudina, wat die onderliggende tema in al hierdie tragedies is, en
> ook, waar die blaam van owerheidswee" geplaas word.

>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

Ek dink jy moet verduidelik, Henri,
wat die "onderliggende tema" in al
hierdie tragedies is. Of praat jy
al weer van die stakings as die
oorsaak? Is dit nie egter ook die
feit dat die prys van koper nou
baie laag is nie? Myne word hier in
Kanada gereeld toegemaak, as
byvoorbeeld die prys van goud so
laag daal dat dit onekonomies is
om dit in produksie te hou. Is
elke myn wat toegemaak word, nou
die skuld van die "nuwe SA" se
bestaan? Dis 'n welbekende feit
dat 'n hele klomp goudmyne in
SA baie duur is om nog in stand
te hou, en dat dit in die verlede
net profyt ingebring het as gevolg
van die lae salarisse wat aan die
mynwerkers betaal is.

Gloudina
Re: Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14118 is 'n antwoord op boodskap #14056] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Letitia de Lima  is tans af-lyn  Letitia de Lima
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek het in Tsumeb grootgeword en my pa was (en is steeds deeltyds) 'n
programeerder vir Gold Fields (die myn was voorheen 'n Anglo America myn).
Hy het die storie oor Tsumeb vroeer die week uit Walvisbaai bevestig. Die
sluiting van die myn sal die einde van Tsumeb as hoofsentrum van die Noorde
beteken - genoeg om 'n mens se hart te breek.
Letitia
Re: Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14179 is 'n antwoord op boodskap #14056] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoe is dit om in Tsumeb groot te word? Kan jy daaroor vertel in hierdie
nuusgroep? (eksuus vir my slegte Afrikaans, ek is net 'n kaaskop:)

Robert.

Letitia de Lima heeft geschreven in bericht
...
>
>
> Ek het in Tsumeb grootgeword en my pa was (en is steeds deeltyds) 'n
> programeerder vir Gold Fields (die myn was voorheen 'n Anglo America myn).
> Hy het die storie oor Tsumeb vroeer die week uit Walvisbaai bevestig. Die
> sluiting van die myn sal die einde van Tsumeb as hoofsentrum van die Noorde
> beteken - genoeg om 'n mens se hart te breek.
> Letitia
Re: Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14261 is 'n antwoord op boodskap #14056] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 27 Apr 1998 17:13:21 -0000, Secret Squirrel
wrote:

> That's terrible news.
>
> Has this been confirmed or is it just probable at this stage?
>
> Squirrel

Is daar iemand wat gedink het dat Tsumeb NIE 'n spookdorp is nie? ;o)

Bryan
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Vorige onderwerp: Uitdaging aan 'n Poseur
Volgende onderwerp: Robin Hood in Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 23:13:29 MGT 2024