Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die woord `skoenlapper'
Die woord `skoenlapper' [boodskap #14130 is 'n antwoord op boodskap #14132] Di, 28 April 1998 00:00 na volgende boodskap
doos  is tans af-lyn  doos
Boodskappe: 14
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dalk is hierdie vir julle net so interessant soos dit vir my was:

Op 'n ander nuusgroep was daar 'n bespreking oor waar die naam
`butterfly' nou eintlik vandaan kom. Een ou beweer toe dat dit direk
vertaal uit die Hollands kom. 'n Hollander help hom toe reg dat
`butterflies' in Hollands `vlinders' is en niks wat met botter te doen
het nie.

`Vlinder' ken ons in Afrikaans ook, maar dit was vir my vreemd dat hy nie
`skoenlapper' noem nie. Is dit nie ook oorspronklik Nederlands nie? Toe
vra ek, en vind uit dat `schoenlapper' wel in Nederlands bestaan, maar
gebruik word vir net een enkele spesifieke skoenlappersoort, en nie vir
alle skoenlappers soos in Afrikaans nie. En ja, die
letterlike betekenis van `schoenlapper' is wat ons 'n `skoenmaker' sal
noem, maar hoe dit gekom het dat dit aan die insek gekoppel is weet
niemand meer nie.

Intussen dink ek toe aan 'n paar ander voorbeelde waar
oorspronlik Nederlandse name op totaal onverwante Afrika-fauna toegepas
is:

`Eland' is die Nederlands vir 'n Europese takbok (die Engelse `elk' of
Amerikaanse `moose'). Die grootste boksoort in Europa, die grootste
boksoort in Afrika; 'n logiese verbinding.

`Wolf' vir hiëna. Roofdiere wat dikwels in troppe hou; weereens 'n
logiese verbinding.

`Tier' vir luiperd. Weliswaar nie 'n Nederlandse dier nie, maar een wat
die Nederlanders in Oos-Indië sou leer ken het.

`Vos' (die Europese rooi-vos) toegepas op verkeie jakkalssoorte, veral
die silwervos.

Nog voorbeelde enigeiemand?
Ek het iewers gehoor `gems' is die Nederlands vir `chamois', 'n bergbok
van die Alpe. Die enigste ooreenkoms met 'n gemsbok wat ek kan sien is
dalk in die patrone op die gesig. Ek wonder oor hierdie een. Die chamois
kom nie in Nederland voor nie, wel in Frankryk/Switserland/Italië. Kon
hierdie een dalk van Frans via die Hugenote gekom het? Ek kan my voorstel
dat 'n Hollander se poging om `chamois' uit te spreek by `gems' gaan
draai. Of sit ek die pot heel mis en is dit 'n inheemse naam?

Ek weet die puriste (beide taalkundig en dierkundig) gril vir wolf en
tier, en veral vir iets soos tierwolf (die gevlekte hiëna), maar ek dink
dis mooier name.

Groetnis
John
Re: Die woord `skoenlapper' [boodskap #14131 is 'n antwoord op boodskap #14132] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> doos@dop.dam Skryf:
Henri Burger wrote in message ...

> Terloops, waar kom 'kameelperd' vandaan?

Hollandse kat? doos@dop.dam sal weet.
Ekskuus, dis die eerste en laaste een.

> Groete
Re: Die woord `skoenlapper' [boodskap #14132 is 'n antwoord op boodskap #14130] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal graag wil weet waar die naam van die strandwolf vandaan kom:
"strandjut". Maw waarmee sou 'n mens die "jut" verbind?

Die diere name is baie interesant. John, nou moet jy hier in Amerika vir
jou seuns in Afrikaans probeer vertel oor die plaaslike diere! Dis 'n
nagmerrie! Ek ken nie helfte van die diere se name in Afrikaans nie en my
woordeboek ook nie.

Byvoorbeeld, die takbokke wat hier om ons voorkom, is "white tailed deer".
Maar daar is baie ander soorte takbokke en dan nog die "moose" ook. En wat
is 'n reindeer in Afrikaans? Net nog 'n takbok?
--
Net Nico ...

doos@dop.dam wrote in article ...
| Ek weet die puriste (beide taalkundig en dierkundig) gril vir wolf en
| tier, en veral vir iets soos tierwolf (die gevlekte hiëna), maar ek dink
| dis mooier name.
|
| Groetnis
| John
|
|
|
|
Re: Die woord `skoenlapper' [boodskap #14133 is 'n antwoord op boodskap #14132] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
doos@dop.dam Skryf:

> `Eland' is die Nederlands vir 'n Europese takbok (die Engelse `elk' of
> Amerikaanse `moose').

100% korrek.

> `Wolf' vir hiëna. Roofdiere wat dikwels in troppe hou; weereens 'n
> logiese verbinding.
>
> `Tier' vir luiperd. Weliswaar nie 'n Nederlandse dier nie, maar een wat
> die Nederlanders in Oos-Indië sou leer ken het.
>
> `Vos' (die Europese rooi-vos) toegepas op verkeie jakkalssoorte, veral
> die silwervos.
>
> Nog voorbeelde enigeiemand?
> Ek het iewers gehoor `gems' is die Nederlands vir `chamois', 'n bergbok
> van die Alpe. Die enigste ooreenkoms met 'n gemsbok wat ek kan sien is
> dalk in die patrone op die gesig. Ek wonder oor hierdie een. Die chamois
> kom nie in Nederland voor nie, wel in Frankryk/Switserland/Italië. Kon
> hierdie een dalk van Frans via die Hugenote gekom het? Ek kan my voorstel
> dat 'n Hollander se poging om `chamois' uit te spreek by `gems' gaan
> draai. Of sit ek die pot heel mis en is dit 'n inheemse naam?

In 'Soogdiere van die Suider Afrikaanse Substreek' sê hulle wel gems is
Hollands vir chamois. Dit is sekerlik nie onmoontlik dat hy aan die
Hollanders bekend was nie.

Ek dink die situasie was dat die ouens gekonfronteer was met 'n klomp
vreemde diere, en toe maar name toegeken het van diere wat aan hulle bekend
was, en naastenby 'n ooreenkoms getoon het. Min of meer dieselfde waarmee
Nico nou gekonfronteer word. Laat ons hoor hoe vindingryk is hy.

Ons kan doen met meer sulke plasings, John.

Terloops, waar kom 'kameelperd' vandaan?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Die woord `skoenlapper' [boodskap #14134 is 'n antwoord op boodskap #14132] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
H.W.M.  is tans af-lyn  H.W.M.
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nico wrote:
En wat
> is 'n reindeer in Afrikaans? Net nog 'n takbok?

reindeer= rendier
moose ... 'n eland oor elk ?

HWM
Re: Die woord `skoenlapper' [boodskap #14176 is 'n antwoord op boodskap #14132] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Ek dink die situasie was dat die ouens gekonfronteer was met 'n klomp
| vreemde diere, en toe maar name toegeken het van diere wat aan hulle
bekend
| was, en naastenby 'n ooreenkoms getoon het. Min of meer dieselfde waarmee
| Nico nou gekonfronteer word. Laat ons hoor hoe vindingryk is hy.
|
Henri, ek skiet ver te kort. Ons stap deur die dieretuin en dan val ek
terug op "dis 'n soort ...".
Soos byvoorbeeld 'n Bobcat. Die groot grys katte het die eienaardige
gewoonte om so twintig voet hoog in die mikke van bome te le en slaap of
net daar te le en die wereld te bekyk. Baie snaaks. Maar wat noem jy hom
in Afrikaans? Ek het maar vir die seuns gesê dis 'n Pofstertkat - 'n soort
wildekat.

Nog 'n reeks diere wat verwarrend is, is die meerkat familie-agtiges:
prairie dogs, ferrets, chipmunks, en dan nog 'n paar soorte wat ek nie nou
kan onthou nie.

Nico
Vorige onderwerp: NUWE WEB SITE
Volgende onderwerp: Re: Hoe meer dinge verander ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:30:06 MGT 2024