Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die woord "Lekker"
Re: Die woord "Lekker" [boodskap #14160] Wo, 29 April 1998 00:00
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie sê waar dit vandaan kom nie, maar ek stem volkome saam - hy het
geen vertaling nie. Dis byvoorbeeld die eerste Afrikaanse woord wat ek my
Amerikaanse studente leer en van dag een af "lekker"ons almal baie lekker
saam! En jy moet net hoor hoe geniet hulle dit!
Die moeilikste deel is om die woord vir hulle te vertaal en te verduidelik.
Maar ek dink na vier weke se gebruik is dit ook deel van hulle kultuur!
--
Net Nico ...

SAKKIE wrote in article
...
| Die woord LEKKER prikkel my nuuskierigheid al baie jare.
| Ek weet nie van 'n ander taal wat 'n eweknie het wat dieselfde
| gevoel het nie. Engels het "nice", maar "nice" is net dit, dit
| is nie LEKKER nie.
|
| Waar kom die woord vandaan?
|
| Sakkie
|
Vorige onderwerp: Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark
Volgende onderwerp: Re: Oos, Wes, Tuis bes?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:30:40 MGT 2024