Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Not personal - please.
Not personal - please. [boodskap #14124] Di, 28 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Exactly. Do you think past laws and the denial of real education can
| have *anything* to do with the unemployment rates, as well as the
| unwillingness (in the U.S. at least) of hiring even the qualified due to
| the types of stereotypes people like you have?!
| For someone spouting so many "facts" like you, you do not seem very
| bright or educated.

I'm not too bright. I read slowly and I only count to 100. I was not
highly educated. I bought my university degree. I dim out after sunset.

Are you happy now???

Please do not attack people on this newsgroup! And please do your
correspondence in Afrikaans, if you can. If you want to critisize, make
sure you are attacking a point of view and not a person. That's always
safer. I am sure you are bright and clever enough to understand that.

Try to be as possitive as possible!

Kind regards!
Nico!
Re: Not personal - please. [boodskap #14144 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus praat van op 'n frekwensie wees, maar is daar enige iemand anders wat
my kan vertel wat hierdie HWM probeer sê??? Ek verstaan sy plasings glad
nie.
--
Net Nico ...

H.W.M. wrote in article
...
| Jaa baas, een die W 98 van Mnr Gat was 'n succč!
| HWM
|
Re: Not personal - please. [boodskap #14145 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
In "Nico"
writes:
>
> Jy sit die pot mis. Ek het niks van sunsparc in my system nie en nog
> minder enige Egiptiese name of terme.
> Jy het seker maar jou nuusgroepe opgemix of so iets. Iewers is daar nou
> iemand wat nog wag vir jou tegniese antwoord en jy het dit per ongeluk vir
> my gegee.

Nee, jy sit die pot mis. Jou ISP is citilink en hulle 'upstream'
is ptah.visi.com soos:

ptah.visi.com. 15116 HINFO "Sun ULTRASparc" "Solaris 2.6"
ptah.visi.com. 15116 MX 10 mail.visi.com.
ptah.visi.com. 15116 MX 200 mail.iaxs.net.
ptah.visi.com. 15116 MX 200 mail.dimensional.com.
ptah.visi.com. 15116 MX 5 news.visi.com.
ptah.visi.com. 15116 A 209.98.98.12

en

;; AUTHORITY RECORDS:
citilink.com. 86400 SOA citilink.com. ro...@citilink.com. (
98042201 ; serial
7200 ; refresh (2 hours)
7200 ; retry (2 hours)
86400 ; expire (1 day)
86400 ) ; minimum (1 day)

EN

citilink.com. 96993 NS NS.citilink.com.
citilink.com. 96993 NS NS.VISI.COM.
Re: Not personal - please. [boodskap #14147 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jy sit die pot mis. Ek het niks van sunsparc in my system nie en nog
minder enige Egiptiese name of terme.
Jy het seker maar jou nuusgroepe opgemix of so iets. Iewers is daar nou
iemand wat nog wag vir jou tegniese antwoord en jy het dit per ongeluk vir
my gegee.
--
Net Nico ...

Errol Back-Cunningham wrote in article
...
|
| Your pal, thickie, is operating off a system pegged as a Sunsparc
| and the systems on that net are using ancient Egyptian names -
| like 'Ptah' and 'Ra' - so I quoted you a little poem about same.
|
| Errol
|
Re: Not personal - please. [boodskap #14148 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Groete
| kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)

Nee, maar weet jy, ek wens ek kan oplossing kry vir hierdie Caps Lock
sleutel wat so naby die shift en tab sit. Dis nie eers een wat 'n mens
baie gebruik nie ... eK IS AL SO GATVOL OM NA 'N PAAR SINNE OP TE KYK EN
DAN MY sKRYFWERK SO TE SIEN!!!

Nico
Re: Not personal - please. [boodskap #14149 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Mabye time to change that old Sunsparc.
|
| Errol
|

Jy het my verloor .. vertel my meer.

Nico
Re: Not personal - please. [boodskap #14150 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Owen Thomas  is tans af-lyn  Owen Thomas
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nico wrote in article
...
> | Groete
> | kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)
>
> Nee, maar weet jy, ek wens ek kan oplossing kry vir hierdie Caps Lock
> sleutel wat so naby die shift en tab sit. Dis nie eers een wat 'n mens
> baie gebruik nie ... eK IS AL SO GATVOL OM NA 'N PAAR SINNE OP TE KYK EN
> DAN MY sKRYFWERK SO TE SIEN!!!
>
> Nico
>
Kerels, Wat het die met politiek te doen.

Owen
Re: Not personal - please. [boodskap #14152 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
H.W.M.  is tans af-lyn  H.W.M.
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
J a wat is det met u Nico?
Ek het nie u in die soc.culture.south-africa vir 'n goede tyd gesien.
Omdat 'n rooiniek in die Afrikaanse ng geskryf, wat is U probleem op
dat? Ek studeer maar ek nie klae.
Hou U nies uit andere menses saaker!
HWM
Asseblief myne skryf is enkelwoordig.
Re: Not personal - please. [boodskap #14154 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nico, die ou is seker maar hoog - op gras of iets sterker - hy het my ook
verloor!

Errol Back-Cunningham wrote in article
...
> In "Nico"
> writes:
>>
>> |
>> | Mabye time to change that old Sunsparc.
>> |
>> | Errol
>> |
>>
>> Jy het my verloor .. vertel my meer.
>>
>> Nico
>
> Seker.
>
> 'Who was that dog-faced man? they asked, the day I rode
> from town.' - I am a cowboy in the boat of Ra - Ishmael Reed
>
> Errol
>
Re: Not personal - please. [boodskap #14155 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> While I agree that Stefan shouln't have got personal don't you think its
> a bit out of line to criticise a non South African for not posting in
> Afrikaans? Especially considering your post in an English speaking ng.
> Norman

Nico, was jou plasing op die engelse ng. in afrikaans of engels?.....jy
volg..?
(dit lyk my alle amerikaners kan deesdae afrikaans praat. jy moet pasop wat
jy daar doer loop en dink !)

> Kerels, Wat het die met politiek te doen.
> Owen

Wat ons doen is breinstimilering in die taal wat ons ken.

As B. Gates voorsiening maak vir ander tale as engels is daar ekonomiese
politiek betrokke. So 'n sterk amerikaanse maatskappy herken tale waar
dit plaaslik misken word. Anders gestel; ek wonder of iemand hom kan ooreed
om 'n taal te ignoreer ? Dit sal so goed wees as om teen donderweer te
roep. Geld is die taal van die toekoms. Mens kannie meer in 'n blik gedruk
word. (ek kan nie wag dat video-pos uitgevind word nie. Wie het dan TV
nodig.
(lees propaganda)

Afrikaans dop oral in die wêreld uit. Dit kan 'n kubertaal word buite
die beperkinge van party politiek. Vry en soepel. Die klomp afrikaners wat
destyds na argentinié toe pad gegee het,is vandag omtrent almal spaans.
Dink net as e-pos toe al bestaan het. (weet iemand iets van hierdie mense,
is daar van hulle wat ingeskakel is op hierdie frekwensie?)

In elk geval, die feit dat ek hier sit , Nico daar en jy waar, het al klaar
genoeg met die politiek te doen, of hoe?
Wie het per slot van rekening die nuusgroep se naam gekies? Nie ons nie. Vir
baie gaan dit net oor die taal.
Party politiek is maar 'n vervelige sportsoort....Ekskuus, wat was jou vraag
nou weer? :-)

Errol, het jy enige voorstelle in afrikaans vir die woord "lurker" ? Enige
iemand anders?

Vriendelike groete
Kobus
Re: Not personal - please. [boodskap #14156 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien nou eers die kruis plasings wat kan gebeur as 'n ou soos hierdie
HWM in meer as een NG sy berig plaas..!
HWM, ek hou net in s.c.s-a.afrikaans - kruisplasings van die verlede was
per ongeluk - ek leer ook maar nog gedurig.
Hier kan rooinekke, soos jy hulle noem, gerus hulle Afrikaans oefen en
be-oefen. Geen probleem nie! Ek het ook nie 'n probleem daarmee
uitgespreek nie.
Hier is nie sake om neuse uit te hou nie, ou. Hierdie is oop jagveld -
deur iets hier te plaas, maak jy jou oop vir kritiek en reaksie. As jy nie
neuse in jou sake wil hê nie, hou dit uit die NG.
--
Net Nico ...

H.W.M. wrote in article
...
| J a wat is det met u Nico?
| Ek het nie u in die soc.culture.south-africa vir 'n goede tyd gesien.
| Omdat 'n rooiniek in die Afrikaanse ng geskryf, wat is U probleem op
| dat? Ek studeer maar ek nie klae.
| Hou U nies uit andere menses saaker!
| HWM
| Asseblief myne skryf is enkelwoordig.
|
Re: Not personal - please. [boodskap #14158 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Owen Thomas wrote in article
| > | kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)
| >
| > Nee, maar weet jy, ek wens ek kan oplossing kry vir hierdie Caps Lock
| > sleutel wat so naby die shift en tab sit. Dis nie eers een wat 'n mens
| > baie gebruik nie ... eK IS AL SO GATVOL OM NA 'N PAAR SINNE OP TE KYK EN
| > DAN MY sKRYFWERK SO TE SIEN!!!
| >
| > Nico
| >
| Kerels, Wat het die met politiek te doen.
|
| Owen
|

Niks nie! Weet jy, dis werklik nie nodig om die politiek by alles in te
sleep nie. As 'n mens se kultuur net uit politiek bestaan het, sou ons
darem wragtig baie arm gewees het.

Ons kla maar sommer so bietjie oor die sleutelbord ontwerpe en
vingerprobleme. Het jy dalk oplossings vir ons ?

Nico
Re: Not personal - please. [boodskap #14159 is 'n antwoord op boodskap #14124] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
My pos op 'n Ingelse groep was 'n blaps - ek check nooit die boonste
lyntjie vir die NG waarheen die ding gaan nie - ek het altyd maar aanvaar
ek is net in die Afrikaanse nuusgroep. En hier praat ons Afrikaans - as 'n
ou dit nie kan gebruik nie, hoort hy nie hier nie. Selfs die Nederlanders
en Belge kom hier reg in Afrikaans - dis tog immers wat die naam van die NG
aandui.
--
Net Nico ...

Norman wrote in article
...
| Nico wrote:
| >
| > | Groete
| > | kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)
|
| While I agree that Stefan shouln't have got personal don't you think its
| a bit out of line to criticise a non South African for not posting in
| Afrikaans? Especially considering your post in an English speaking ng.
|
| Norman
|
Re: Not personal - please. [boodskap #14182 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
H.W.M.  is tans af-lyn  H.W.M.
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jaa baas, een die W 98 van Mnr Gat was 'n succè!
HWM
Re: Not personal - please. [boodskap #14183 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
H.W.M.  is tans af-lyn  H.W.M.
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ekskuus, dit was 'n sarkasties kommentaar met betrekking tot Bill Gates
een sy heerskappy. W98 = Windows 98. Het U gehoort om Comdex een die
"crash"?

HWM
Re: Not personal - please. [boodskap #14184 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
H.W.M.  is tans af-lyn  H.W.M.
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Asseblief Ek was so ru.
HWM
Re: Not personal - please. [boodskap #14185 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Indien dit ''n plasing in 'n ander taal is OOR Afrikaans, is dit goed, maar
dit klink onvanpas om Afrikaans as die titel van die nuusgroep te hê en dan
plasings te verwelkom in enige taal oor enige onderwerp.

Geen poging tot sensuur nie - waar val jy nou uit met die vreeslike
stelling? Iemand wat nie Afrikaans kan verstaan nie sal dood eenvoudig nie
sinvol kan deelneem aan enige gesprek hier nie - hy sal meeste plasings nie
verstaan nie.

Stigtingsakte! Nee, te formeel en burokraties vir my sin ... Die krag
van die internet lê juis daarin dat hy homself beheer en reguleer en dat
dit nie van buite afgedwing word nie.

Ek sou eerder dat ons hier hou by wat gesonde verstand dikteer en wat
natuurlik evolusionêr ontstaan.
--
Net Nico ...

Leendert van Oostrum wrote in article
...
|
| Nico heeft geschreven in bericht
...
| >My pos op 'n Ingelse groep was 'n blaps - ek check nooit die boonste
| >lyntjie vir die NG waarheen die ding gaan nie - ek het altyd maar aanvaar
| >ek is net in die Afrikaanse nuusgroep. En hier praat ons Afrikaans - as 'n
| >ou dit nie kan gebruik nie, hoort hy nie hier nie.
|
| Nee. Staak jou poging tot sensuur en gaan lees eers die stigtingsakte van
| die nuusgroep.
|
| Die nuusgroep bestaan vir bydraes in enige taal. Afrikaans word verkies.
|
| Groete, Leendert
|
|
|
Re: Not personal - please. [boodskap #14186 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote in message ...
> | Nico,
> | Wat presies het hier gebeur? Ek vra, omdat ek nie weet hoe 'n plasing van
> | frekwensie kan hop nie. Kobus

> Jong, ek dink een ou pos 'n plasing en addresseer dit bo-aan aan meer as
> een NG. Nou ja, ek druk net die REPLY knoppie , tik my antwoord en sê
> POST. Die reply funksie sit outomaties al die NG in as teikens wat in die
> oorspronklike boodskap was. Nico

Dankie.
Om dit dan te verhoed moet 'n ou bo kyk, en as jy sien daar staan iets
anders as jou bedoelde NG, moet jy kattenpyst na die bedoelde een?. Is daar
nog ander slaggate? Kan iemand in die NG asb. dit mooi uiteensit vir almal?

(Nico, ek dink ou Errol is 'n computer boffin wat ook van gedigte hou, toe
klap hy maar net die twee saam in een plasing. Amper soos die
raaisels/beeldspraak in die Goeie Woord. Ek glo nie hy't dit skadelik bedoel
nie. Dis net sy manier om 'n skop uit die NG te kry)

Groete
Kobus
Re: Not personal - please. [boodskap #14187 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Nico,
| Wat presies het hier gebeur? Ek vra, omdat ek nie weet hoe 'n plasing van
| frekwensie kan hop nie.
| Skielik toe jy hom terug antwoord, sien ek bo dat die nuusgroep se naam
| seker lankal verander het.
| Hoe gebeur dit dat s.c.s-a.afrikaans -politics.za bykry?
|
| Groete
| Kobus

Jong, ek dink een ou pos 'n plasing en addresseer dit bo-aan aan meer as
een NG. Nou ja, ek druk net die REPLY knoppie , tik my antwoord en sê
POST. Die reply funksie sit outomaties al die NG in as teikens wat in die
oorspronklike boodskap was. Ek het dit eers nie geweet nie en ek vergeet
nou nog om mooi te kyk elke keer.

Nico
Re: Not personal - please. [boodskap #14188 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen vra:

> Errol, het jy enige voorstelle in afrikaans vir die woord "lurker" ? Enige
> iemand anders?

Kobus, in die koshuis op varsity het ons gepraat van 'n 'sluiper'. Dit was
'n ou, gewoonlik 'n eerstejaar, maar nie noodwendig nie, wat so onopsigtelik
as moontlik sy ding probeer doen het, m. a. w. hy het nie juis deelgeneem
aan die koshuis aktiwiteite nie. Dis my voorstel.

Terloops, let op dat julle kruispos na 'n hele paar nuusgroepe, en ek dink
dis besig om verwarring te saai!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Not personal - please. [boodskap #14189 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote in message ...
> Ek sien nou eers die kruis plasings wat kan gebeur as 'n ou soos hierdie
> HWM in meer as een NG sy berig plaas..!
> HWM, ek hou net in s.c.s-a.afrikaans - kruisplasings van die verlede was
> per ongeluk - ek leer ook maar nog gedurig.
(en)
My pos op 'n Ingelse groep was 'n blaps - ek check nooit die boonste lyntjie
vir die NG waarheen die ding gaan nie - ek het altyd maar aanvaar ek is net
in die Afrikaanse nuusgroep.
> Net Nico ...

> H.W.M. wrote in article
> ...
> | J a wat is det met u Nico?
> | Ek het nie u in die soc.culture.south-africa vir 'n goede tyd gesien.
> | HWM

Nico,
Wat presies het hier gebeur? Ek vra, omdat ek nie weet hoe 'n plasing van
frekwensie kan hop nie.
Skielik toe jy hom terug antwoord, sien ek bo dat die nuusgroep se naam
seker lankal verander het.
Hoe gebeur dit dat s.c.s-a.afrikaans -politics.za bykry?

Groete
Kobus
Re: Not personal - please. [boodskap #14190 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
O, nou ja, veels geluk. Ek het steeds nie die vaagste benul waaroor jy
hier te kere gaan nie!
Miskien moet jy maar vir citilink laat weet as daar fout is by hulle setup
- alles hier aan my kant loop klop disselboom!
Dankie in elk geval vir al die moeite.
--
Net Nico ...

Errol Back-Cunningham wrote in article
...
| Nee, jy sit die pot mis. Jou ISP is citilink en hulle 'upstream'
| is ptah.visi.com soos:
|
| ptah.visi.com. 15116 HINFO "Sun ULTRASparc" "Solaris 2.6"
| ptah.visi.com. 15116 MX 10 mail.visi.com.
| ptah.visi.com. 15116 MX 200 mail.iaxs.net.
| ptah.visi.com. 15116 MX 200 mail.dimensional.com.
| ptah.visi.com. 15116 MX 5 news.visi.com.
| ptah.visi.com. 15116 A 209.98.98.12
|
| en
|
| ;; AUTHORITY RECORDS:
| citilink.com. 86400 SOA citilink.com. ro...@citilink.com. (
| 98042201 ; serial
| 7200 ; refresh (2 hours)
| 7200 ; retry (2 hours)
| 86400 ; expire (1 day)
| 86400 ) ; minimum (1 day)
|
| EN
|
| citilink.com. 96993 NS NS.citilink.com.
| citilink.com. 96993 NS NS.VISI.COM.
Re: Not personal - please. [boodskap #14191 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
In "Nico"
writes:
>
> O, nou ja, veels geluk. Ek het steeds nie die vaagste benul waaroor jy
> hier te kere gaan nie!
> Miskien moet jy maar vir citilink laat weet as daar fout is by hulle setup
> - alles hier aan my kant loop klop disselboom!
> Dankie in elk geval vir al die moeite.

Ek speel en spot net. Dis geen probleem. Ek hou daarvan om
te kyk na die waarheid agter die 'handle'. Hoekom wil jy jouself
a...@def.com noem?

Errol
Re: Not personal - please. [boodskap #14192 is 'n antwoord op boodskap #14124] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico heeft geschreven in bericht ...
> My pos op 'n Ingelse groep was 'n blaps - ek check nooit die boonste
> lyntjie vir die NG waarheen die ding gaan nie - ek het altyd maar aanvaar
> ek is net in die Afrikaanse nuusgroep. En hier praat ons Afrikaans - as 'n
> ou dit nie kan gebruik nie, hoort hy nie hier nie.

Nee. Staak jou poging tot sensuur en gaan lees eers die stigtingsakte van
die nuusgroep.

Die nuusgroep bestaan vir bydraes in enige taal. Afrikaans word verkies.

Groete, Leendert
Re: Not personal - please. [boodskap #14216 is 'n antwoord op boodskap #14124] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hannes Cilliers  is tans af-lyn  Hannes Cilliers
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hier is 'n tip in verband met die Caps Lock wat ek
iewers gekry het:

* * T I P O F T H E D
A Y * *

If you frequently hit the Caps Lock key by
accident, open Control Panel's
Accessibility Options applet and put a check in
the Use ToggleKeys box on
the Keyboard tab. Then select the General tab and
clear the check box next
to "Turn off accessibility features." From now on
your computer will beep if
you press the Caps Lock, Num Lock or Scroll Lock
keys.

--
Hannes Cilliers
(han...@mweb.co.za)
Nico wrote in message
...
|| Groete
|| kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)
|
|Nee, maar weet jy, ek wens ek kan oplossing kry vir hierdie Caps Lock
|sleutel wat so naby die shift en tab sit. Dis nie eers een wat 'n mens
|baie gebruik nie ... eK IS AL SO GATVOL OM NA 'N PAAR SINNE OP TE KYK EN
|DAN MY sKRYFWERK SO TE SIEN!!!
|
|Nico
Re: Not personal - please. [boodskap #14218 is 'n antwoord op boodskap #14124] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico heeft geschreven in bericht ...
> Indien dit ''n plasing in 'n ander taal is OOR Afrikaans, is dit goed, maar
> dit klink onvanpas om Afrikaans as die titel van die nuusgroep te hê en dan
> plasings te verwelkom in enige taal oor enige onderwerp.
>
> Geen poging tot sensuur nie - waar val jy nou uit met die vreeslike
> stelling? Iemand wat nie Afrikaans kan verstaan nie sal dood eenvoudig nie
> sinvol kan deelneem aan enige gesprek hier nie - hy sal meeste plasings nie
> verstaan nie.

Ja. Dit is 'n noodwendige gevolg van die situasie. Dit is bloot onnodig om
dit af te dwing.

>
> Stigtingsakte! Nee, te formeel en burokraties vir my sin ... Die krag
> van die internet lê juis daarin dat hy homself beheer en reguleer en dat
> dit nie van buite afgedwing word nie.

Ja. En daar bestaan inderdaad strukture waarvolgens hy homself beheer en
reguleer. Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een van hulle. Ek was deel
van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is - met 'n
stigtingsakte wat by wyse van demokratiese stemming goedgekeur is.

Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle
mense met die soort houdings wat Gloudina en Sizwe openbaar - "Afrikaners
moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting
van die nuusgroep afgestem. Norrings teks uit boeke soos die van Marimba Ani
is aangehaal. Ek dink dit was verreweg die grootste "geveg" wat ooit
plaasgevind het rondom die stigting van die nuusgroep.

Uiteindelik is ons toegelaat om soc.culture.sout-africa.afrikaans te stig in
plaas van soc.culture.afrikaans wat ons aanvanklik wou. Dit was (is miskien
nog) 'n minder toeganklike nuusgroep - nie alle verspreiders het die
laer-orde groepe gedra nie.

Dit is ook in beginsel moontlik om 'n nuusgroep te sluit indien dit
"misbruik" word, en ek verneem dat daar wel al sulke gevalle was. Die
stigtingsakte van 'n nuusgroepe is 'n kritieke faktor in hierdie proses.

In hierdie opsig verskil daardie deel van die ineternet waar hierdie
nuusgroep gevestig is met, byvoorbeeld die alt. -nuusgroepe. Enigeen dan te
enige tyd 'n alt. - groep ("alternative") oprig.

>
> Ek sou eerder dat ons hier hou by wat gesonde verstand dikteer en wat
> natuurlik evolusionêr ontstaan.

Dit is juis my standpunt. Dit is nie nodig om vir iemand te sê "skryf in
Afrikaans" nie. Dit is ook onwenslik.

Daar was al baie mense - veral uit die VSA - hier wat die groep gebruik het
om Afrikaans te leer. Wat die nuusgroep met groter of kleiner mate van
sukses kan lees, maar wat vrae wil vra in Engels. Ons kan sulkes gerus
aanmoedig om Afrikaas te skryf, maar dit is onwys om hulle te ontmoedig om
in Engels of Nederlands te skryf. Ek het selfs al hier met iemand in Grieks
gepraat.

Nee, Nico. Ek pleit bloot dat ons nie gatvas moet wees nie. Jammer as my
reaksie ietwat skerp was - daar was reeds 'n hele aantal opmerkings soos
joune wat kort tevore geplaas is. En ek is op die oomblik in 'n ietwat
opgeruide bui, soos jy miskien opgelet het.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Vergifnis as foltertang
Volgende onderwerp: "spam"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:12:23 MGT 2024