Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert op die oorlogspad
Leendert op die oorlogspad [boodskap #13983] Do, 23 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
> @igs.net wrote in message ...
>> Maar ek het geen simpatie met
>> Afrikaners wat hulle bekke rek oor al
>> die onreg en onregverdigheid nie.
>
> Let op:
>
> Geen mens aan wie die etiket "afrikaner" hang mag hom/haar uitspreek oor
> onreg en onregverdigheid nie.
>
> Iemand wat dit doen is "dislojaal", soos Magic Madiba dit sou stel.
>
> Hitler kon dit nie beter gedoen het nie.
>
>> Dis
>> nou weer ander mense se beurt om korrup
>> en onregverdig te wees. Jou rassegroep
>> het hulle beurt gehad.
>
> Sorry, ou!
>
> Gloudina het jou tot "untermensch" verklaar.
>
> Mense wat nie van jou rassegroep (LET WEL!) is nie, het Gloudina se
> permissie om korrup en onregverdig te wees.
>
> Mense van jou rassegroep mag hulle nie eens daaroor uitspreek nie!
>
> Jy sien hoe werk Gloudina se hekstegniek? Pure Black Magic nes Madiba s'n!
>
> Groete, Leendert

Leendert, neem in ag dat daar so-iets
soos 'n snip skok-tegniek is om mense
op hulle plek te sit. Jy gebruik dit
gedurig. Maar as iemand anders dit
gebruik, dan skryf jy 'n tesis daaroor.
En ek herhaal weer: Niemand het permissie
om korrup en onregverdig te wees nie.
Maar dis 'n dubbele travestie as mense
uit die groep wat een van die grootste
mensereg-skandale van die huidige
eeu uitgedink het, nou kla oor ander
se korrupsie en geregtigheid. Ek dink
dit sal alle Afrikaners goed doen om
hulle monde te hou en deur goeie 'n
voorbeeld te wys dat die mislike ou
dae nou verby is. As hulle hier en
daar oor iets spesifieks kla, is
ek seker dat daarna geluister word.
Het Mandela nie nou die dag verklaar
dat as Beeld iets negatiefs oor die
regering sê, hulle dadelik dit
registreer.

Gloudina
Re: Leendert op die oorlogspad [boodskap #14024 is 'n antwoord op boodskap #13983] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> > Dis
> > nou weer ander mense se beurt om korrup
> > en onregverdig te wees. Jou rassegroep
> > het hulle beurt gehad.
>
> Sorry, ou!
>
> Gloudina het jou tot "untermensch" verklaar.
>
> Mense wat nie van jou rassegroep (LET WEL!) is nie, het Gloudina se
> permissie om korrup en onregverdig te wees.
>
> Mense van jou rassegroep mag hulle nie eens daaroor uitspreek nie!
>
> Jy sien hoe werk Gloudina se hekstegniek? Pure Black Magic nes Madiba
'n!
>
> Leendert, neem in ag dat daar so-iets
> soos 'n snip skok-tegniek is om mense
> op hulle plek te sit.

Uit die konteks van jou opmerking (hierbo) moet ek aflei, Gloudina, jy
bedoel met "snip skoktegniek" iets soos 'n ondeurdagte opmerking. Dat jy nie
die inhoud van die opmerking bedoel nie. En dat jy nou aanvoer dat sulke
opmerkings oorgesien moet word.

Ek sien dit anders. Ek sien dit as 'n Freudiaanse glips - dat mense in sulke
oomblikke van snipperige onbesonnenheid hul werklike houdings openbaar.

In hierdie geval het jy bewys gelewer van 'n houding wat in die meeste van
jou bydraes tussen die lyne deurskyn - 'n maniese drang na vergelding.
"Vindictiveness" is die Engelse woord. En amper enige teiken sal goed genoeg
wees.

> Jy gebruik dit
> gedurig. Maar as iemand anders dit
> gebruik, dan skryf jy 'n tesis daaroor.

Nee. Ek doen my bes om nie dinge te skryf wat ek nie bedoel nie. Dan hoef ek
nie na die tyd te probeer terugkrabbel, of 'n ander perspektief daarop te
probeer gooi nie.

> En ek herhaal weer: Niemand het permissie
> om korrup en onregverdig te wees nie.

Sien hoe moet jy nou terugkrabbel? Maar ek dink dat dit wat jy in 'n
onbesonne oomblik gesê het nader aan jou ware standpunt is - soos 'n reaksie
op 'n Rorschach-stimulus, jy weet?

> Maar dis 'n dubbele travestie as mense
> uit die groep wat een van die grootste
> mensereg-skandale van die huidige
> eeu uitgedink het, nou kla oor ander
> se korrupsie en geregtigheid.

Maar jy sien, Gloudina, dis juis wat hier aangaan. Hier by ons rond, loop
baie mense en kla dat "die misdadigers het al die regte en die slagoffers
het niks". Nou kan mens op twee maniere hierop reageer:

a) Jy kan redeneer: "Neem weg die regte van die misdadigers". Dis nou
soos die ouens wat 'n referendum oor die herinstelling van die doodstraf
bepleit. Dit is ook soos die ANC wat nou selfs in die parlement dreig dat
hulle die volle mag van die staat sal gebruik om rugby te isoleer as die
SARVU-bestuur (wat hulle as "misdadigers" beskou omdat Mandela in die hof
moes getuig oor sy ongrondwetlike inmenging met hulle sake) nie bedank nie.
En dit is presies wat jy hierbo bepleit.

b) Jy kan redeneer: "Verbeter jou polisiemag, justisie en
gevangenisdiens, in plaas daarvan om hulle gaandeweg te bly aftakel" en
"respekteer die reg van burgers om sonder inmenging deur die staat (onthou
Basil D'Oliviera?) hul wettige en regmatige burgerlike bedrywighede te
beoefen."

Jy sien, Gloudina, jy dink Afrikaners is mense wat ander mense se regte
onregmatiglik geskend het (iets waaroor ek in baie opsigte van jou verskil,
maar kom ons aanvaar ter wille van die argument dat jy reg is). Dat jy op
grond daarvan weer hulle regte mag skend. Dit is 'n keuse vir a) hierbo.

In die film "A man for all Seasons" praat Hendrik VIII met Sir Thomas Moore.
Moore vra vir die koning of hy 'n wet sal breek as hy daardeur die Satan
self kan onderwerp. Die koning antwoord, ja. Hy sal, onder daardie
omstandighede, bereid wees om 'n wet te verbreek. Moore se reaksie is iets
in dier voege: "And when you have chased Satan across all England, and when
you have broken all the laws to get at him: what will you hide behind when
he turns on you?"

Die argument, Gloudina, wat PW Botha en ander voorhou, is dat die onwettige
"eliminasie" van moordadige terroriste geregverdig was ten einde die
onskuldige bevolking te beskerm. Dit was geregverdig, volgens hulle, om hier
en daar die wet te breek om die algemene welsyn van die bevolking te beskerm
teen die ernstiger bereiging. Hierdie mense redeneer soos Hendrik VIII.

As jy redeneer soos jy hier redeneer, Gloudina, redeneer jy ook soos Hendrik
VIII en soos PW Botha.

> Ek dink
> dit sal alle Afrikaners goed doen om
> hulle monde te hou en deur goeie 'n
> voorbeeld te wys dat die mislike ou
> dae nou verby is.

Daar is net een probleem met hierdie voorstel van jou, Gloudina: "silence
denotes consent". As mens stilbly wanneer onreg gepleeg word, is jy aandadig
daaraan - is dit nie iets wat jy dikwels self sê, wanneer jy Afrikaners
verkwalik oor gebeurtenisse soos die moord op Biko nie?

In baie gevalle is "die goeie voorbeeld" juis om te praat en te sê wanneer
iets verkeerd is.

> As hulle hier en
> daar oor iets spesifieks kla, is
> ek seker dat daarna geluister word.
> Het Mandela nie nou die dag verklaar
> dat as Beeld iets negatiefs oor die
> regering sê, hulle dadelik dit
> registreer.

Dit sal net duur so lank as wat Beeld nie ernstige kritiek uitoefen nie.

Nee wat, Gloudina. Politici luister net na dit wat hulle wil hoor of gedwing
word om te hoor. Dit was die geval met die vorige regering en dit is die
geval met die huidige.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: 'n Storie of wat
Volgende onderwerp: Die kwessie van Zimbabwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 22:14:33 MGT 2024