Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » afrikaans - reënboogtaal
afrikaans - reënboogtaal [boodskap #139726] Vr, 22 Julie 2022 08:20
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
afrikaans - kombuistaal, praattaal, skertstaal
nie lank gelee is jy gebore
sonder enige plan of fees
maar ek het jou gefaal, o babataal
vir my tong was jy nie beskore
my taal was nederlands gewees

afrikaans - gastetaal, skryftaal, skooltaal
nietemin het jy gegroei
en verder deur die land getrek
steeds het ek jou gefaal, o jongmenstaal
terwyl jy teen engels stoei
en so jou vlerke wyer strek

afrikaans - pragtaal, lieftaal, engeltaal
die land het vir jou te klein geword
en jy't oor grense heen gespoel
om my ook in te haal, o lieflingtaal
my hart met jou skoonheid te omgord
met 'n sagte, warm gevoel

afrikaans - marktaal, landstaal, oorlogstaal
my mooie land het jy verwoes
en mense teen mekaar laat draai
nou't jy vir my gefaal, apartheidstaal
jou klanke laat my ore roes
soos jy jou doodsheid verder saai

afrikaans - vredetaal, praattaal, lagtaal
jy het so pas die toets geslaag
met jou woorde van versoening
weer het jy my kom haal, o moedertaal
toe te sien dat geen mens dit waag
jou te werp in die verdoeming
Vorige onderwerp: gedigte en skoenlappers
Volgende onderwerp: weskusland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:38:22 MGT 2024