Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AFRIKANADESE
AFRIKANADESE [boodskap #13892] So, 19 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina en Nico

Wie van julle twee bokkies is nou eintlik die Voortrekker en wie is die
Dwarstrekker?

En volgens die nuus hier is 'n klomp van ons ander Afrikaners wyd berese en
kyk na verskeie uitsendings op die radio,en weet baie meer van wat op die
aardbol aangaan as wat julle tweetjies ooit moet weet.

Julle ou radiostasietjies is baie klein en oningelig, en het julle mekaar
gevolglik al lankal deur 'n soort bosjustisie verhoor en gevonnis. Maak nou
op en se jammer aan mekaar. Ek wag.
(hoe kry mens 'n kappie op 'n "e" ? )

Dink julle nie dis 'n natuurlike hartaanval nie? Kanadese praat Frans, mais
mois, je ne parle' pas francais. Enfin, est que vous habitez a' Quebec?
Pourqoui ? C'est une beau pays n'est pas? C'est vrais.
A toute a l'heur.

Ernstig nou, ek het 'n skandeerder, en kan so nuus uit die Burger vir almal
stuur. Laat weet maar. Sport/aktueel/ander?

Ek kan net dalk voorlopig noem dat hulle onlangs vir Rholilhlahla Mandela
vrygelaat het. Hy het meer onlangs President geword. Die Stem is nie meer
die Volkslied nie. (Die Afrikaners sing nou 'n ander deuntjie.)

Groete,
Kobus.

> | Ag, ou Lou, jy is so naief.
> | En volgens die nuus hier het
> | die Khmer Rouge hom al lankal
> | deur 'n soort bosjustisie
> | verhoor en gevonnis (meestal
> | om simpatie vir hulself in
> | die buiteland te werf.)
>
> Jy lieg, Gloudina, tensy jou ou radiostasietjie baie klein en oningelig is.
> Ek luister saans na die Kanadese nuus oor MPR en daar is nooit so iets
> gesê nie.
>
> Maar
> | dink jy nou dus 'n natuurlike
> | hartaanval?
> | Onthou ook altyd, ou Lou,
> | 'n klomp van ons Kanadese praat
> | Frans en weet baie meer van
> | Suid-oos Asia as wat jy ooit kan
> | weet.
> |
> |
> Onthou ook altyd, ou Gloudina, 'n klomp van ons ander Afrikaners is wyd
> belese en luister en kyk na verskeie uitsendings en weet baie meer van wat
> op die aardbol aangaan as wat jy ooit kan weet.
>
> Nico
Re: AFRIKANADESE [boodskap #13893 is 'n antwoord op boodskap #13892] So, 19 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes: > Gloudina en Nico
>
> Wie van julle twee bokkies is nou eintlik die Voortrekker en wie is die
> Dwarstrekker?

Kobus, ongelukkig is Nico nou nie 'n
Afrikanadees nie. Hy bly in 'n dun
bevolkte deel van die VSA (Minnesota)
die tuisland van "Hanz en Franz" op
Saturday night Live (as julle dit in
SA kry?) Op die oomblik is daar meer
voels in die waterpoele van Minnesota
as mense - die mense is hoofsaaklik
van Noord-Europese oorsprong.

Kanada, soos jy weet, is die tweede
grootste land in die wereld. Ons glo
ook nie in 'n te groot bevolking nie.
Ons is omtrent 30 miljoen, die VSA
dink ek is nou omtrent 230 miljoen.
Ontario,die provinsie waar ek bly,
is een-vyfde van die oppervlak van
die VSA, Ons mag dus, wat bevolking
aangaan, nie so 'n groot land wees
nie. Maar ons is 'n morele superpower.
Hierdie maand besoek ons eerste
minister (wat nog Engels nog Frans
goed kan praat) vir Cuba, en dit
maak die Amerikaners baie kwaad. Hulle
veg nog die koue oorlog (het nie
opgemerk dat hulle opposisie nie meer
daar is nie. Soos Don Quixote.)

> mois, je ne parle' pas francais. Enfin, est que vous habitez a' Quebec?
> Pourqoui ? C'est une beau pays n'est pas? C'est vrais.
> A toute a l'heur.

Nee, ek bly nie in Quebec nie, maar
ek kan dit deur ons vensters sien,
as ek na die ander oewer van die
Ottawa-rivier kyk wat hier onder ons
verbyvloei.
>
> Ernstig nou, ek het 'n skandeerder, en kan so nuus uit die Burger vir almal
> stuur. Laat weet maar. Sport/aktueel/ander?

Dankie, maar ek dink nie ek wil die Burger
lees nie. Ek verkies Beeld. Ha! Ha!
En ons Globe and Mail het baie goeie
dekking van dinge wat in SA aangaan.
>
> Ek kan net dalk voorlopig noem dat hulle onlangs vir Rholilhlahla Mandela
> vrygelaat het. Hy het meer onlangs President geword. Die Stem is nie meer
> die Volkslied nie. (Die Afrikaners sing nou 'n ander deuntjie.)

Kobus, vertel my watter ander deuntjies
die Afrikaners nou sing. Meeste van die
Afrikaners met wie ek in aanraking is
sing "Prys den Heer" dat die apartheids-
beker nou verbygegaan het.

Gloudina
Re: AFRIKANADESE [boodskap #13902 is 'n antwoord op boodskap #13892] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in article
...
| Gloudina en Nico
|
| Wie van julle twee bokkies is nou eintlik die Voortrekker en wie is die
| Dwarstrekker?

Kom by, Koos! Jy het klaarbryklik nie 'n koeking clue wat hier aangaan nie
- is jy nuut op die NG? Gloudina is dertig jaar gelede uit SA pad gegee en
tred met die werklikheid verloor - sy het ook permanente identiteits
krisis.

| (hoe kry mens 'n kappie op 'n "e" ? )

Groentjie, né!

| Ernstig nou, ek het 'n skandeerder, en kan so nuus uit die Burger vir
almal
| stuur. Laat weet maar. Sport/aktueel/ander?

Nie nodig nie ou swaer, ek lees die Burger, Beeld, Star, Mail & Guardian en
luister na SAFM en Radio Hoogland se nuus. Dan ook nog CNN, die New York
Times en nou an dan van die ander op die internet ook. Jy's die een wat
jouself terug op die brug laat lyk ...!

| Ek kan net dalk voorlopig noem dat hulle onlangs vir Rholilhlahla

... jou spelling is hier nie reg nie - ek mag dalk al ses maande uit die
land wees, maar ek kan darem nog Mandela se voornaam spel!

Mandela
| vrygelaat het. Hy het meer onlangs President geword. Die Stem is nie meer
| die Volkslied nie. (Die Afrikaners sing nou 'n ander deuntjie.)
|

Jy moet maar wakker word ou seun - meeste ous hier op die NG kom nie kort
aan intelegensie nie, al stem ons nie altyd saam nie.

Nico
Vorige onderwerp: Searching for Dullstrom in Swazulu Natal?HELP
Volgende onderwerp: Australia Inligting!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 13:54:43 MGT 2024