Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: why?
Re: why? [boodskap #12888] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,

Ek is 'n Vlaming en ek benodig eintlik geen Afrikaans nie - ek dink net dat
Afrikaans een van die mooiste en lieflikste tale is wat bestaan en ek is bly
dat ek die taal kan verstaan, lees en geniet. Ek dink nie ek het my tyd
vermors toe ek beslis het om Afrikaans te leer nie.

Vriendelike groete uit België.

Hilda Hellin.
Re: why? [boodskap #12889 is 'n antwoord op boodskap #12888] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
thermel wrote:

> Why did I learn Afrikaans?
> The language is dead, gee I wasted my time

Hierdie is eintlik 'n "troll", maar ek sal wel antwoord. Daar's 'n
spreekwoord wat sê "Hoe meer tale ek kan, hoe meer male is ek man".
Afrikaans sal jou kan help in ten minste twee ander lande in die wêreld:
Nederland en België. Verder het die feit dat ek afrikaans ken, my baie
gehelp toe ek duits op skool gehad het. Die sinskonstruksie, ens is baie
eenders.

Ek is jammer dat jy voel jy't jou tyd gemors. As jy voel iets is
tydmors, moet jy dit nie doen nie. Dis 'n vry land. jy mag self besluit
dat iets nie vir jou is nie. Jy't daadie besluit geneem oor afrikaans.
Ons geniet afrikaans, gun ons dit asseblief.

Vriendelike Groete
H-J
Re: why? [boodskap #12890 is 'n antwoord op boodskap #12888] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 1998 19:39:58 +0800, "thermel" wrote:

The language is dead, gee I wasted my time>>[/color]

Miskien kort jy breinselle?

Jy is in Australie", jou gek. Die mense praat nie Afrikaans daar nie.
Re: why? [boodskap #12922 is 'n antwoord op boodskap #12888] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Jy is 'n poepkop man!
Jy is besig om dood te gaan, nie Afrikaans nie!
Om die waarheid te se, jy is al so lank dood, jy stink al.

Bliksem, maar jy ruik sleg!

Tatta!
Re: why? [boodskap #13070 is 'n antwoord op boodskap #12888] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
thermel wrote in article
...
> Why did I learn Afrikaans?
> The language is dead, gee I wasted my time
>
Ag ja. Ons weet nou al so goed op hierdie nuusgroep waaroor hierdie tipe
van uitlokking gaan. Vaalseun of M�dem wat voor hul siel weet hulle het nie
genoeg breinselle om 'n sinvolle onderwerp aan te roer wat tot 'n wye
bespreking sal lei nie.

Dus volg hul maar die ou-ou paadjie om op die Afrikaner se softspot te kom
druk. Sy taal. Nou kry hy maksimum terugvoer op 14 woorde. En sy sit terug
en kry 'n virtuele orgasme by die lees van almal se pos wat wapens opneem
in verdeging van Die Taal. En dit is sê afgesaag want dit het eintlik niks
met Afrikaans uit waai nie. Net 'n eensame idioot wat probeer sê: hier is
ek. Sien my asseblief tog raak en praat met my. Want niemand anders wil
nie.

Iemand het ongelukkig die siel geleer om 'n rekenaar te gebruik.

Ek trap nou maar willens en wetens in die slaggat.

Alwyn Nel
Vorige onderwerp: Mandela en sy State Award
Volgende onderwerp: warme Thailand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:11:05 MGT 2024