Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kappies, deeltekens, ens.
Kappies, deeltekens, ens. [boodskap #12762] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jis ouens,

Ek sluip nou so 'n rukkie hier rond, en let op op dat die meeste ouens nie
weet hoe om kappies, deeltekens en ander strepies en krulletjies op letters
te kry nie. Miskien pla dit nie, maar ek is seker party ouens word
gefrustreer. Wat 'n ou nodig het is 'n 'IBM character set' wat in 'n
wordperfect handleiding voorkom.

Telkens moet 'n mens 'Alt' op die sleutelbord inhou, en dan 'n syferkode
regs op die sleutelbord intik. 'n Paar voorbeelde:

ê = Alt(136)
ë = Alt(137)
è = Alt(138)
ô = Alt(147), ens.

'n Ou kan wonderlike goed op die manier maak, speel 'n bietjie rond.

Ek hoop hierdie ongevraagde raad is vir iemand van hulp.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Kappies, deeltekens, ens. [boodskap #12785 is 'n antwoord op boodskap #12762] So, 22 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote in article
...
> Jis ouens,
>
> Ek sluip nou so 'n rukkie hier rond, en let op op dat die meeste ouens nie
> weet hoe om kappies, deeltekens en ander strepies en krulletjies op letters
> te kry nie. Miskien pla dit nie, maar ek is seker party ouens word

Henri, baie van ons ken die reëls wat jy noem, maar die probleem is dat nie
almal die woorde met hul kappies en deeltekens, ens. korrek ontvang nie.
Daarom is dit soms raadsaam om liewer "re"el" te tik as "reël" (dws
alt.137), of anders maar die leesteken heeltemal weg te laat, a la Alwyn
Nel. Daar is mense wat dalk "reël" ontvang as "reE=l" - ek het dit al baie
ondervind op ons Afrikaanse e-poslys.

Johanna Rykheer
Re: Kappies, deeltekens, ens. [boodskap #12786 is 'n antwoord op boodskap #12762] So, 22 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johanna Rykheer:

> Henri, baie van ons ken die reëls wat jy noem, maar die probleem is dat nie
> almal die woorde met hul kappies en deeltekens, ens. korrek ontvang nie.
> Daarom is dit soms raadsaam om liewer "re"el" te tik as "reël" (dws
> alt.137), of anders maar die leesteken heeltemal weg te laat, a la Alwyn
> Nel. Daar is mense wat dalk "reël" ontvang as "reE=l" - ek het dit al baie
> ondervind op ons Afrikaanse e-poslys.

Moet sê, ek het dit nog nooit ondervind nie. Waarskynlik 'n tegniese ding,
wat afhang van die tipe webleser wat 'n ou gebruik. Ons vriend Ferdi weet
baie van die dinge af, miskien kan hy die politiek so 'n bietjie eenkant
skuif en ons inlig.

Op die rugby nuusgroep het ek ondervind dat as ek een spesifieke ou wil
antwoord, alles wat ek tik in die Griekse alfabet verskyn! Iemand het toe
uitgewys dat dit 'n 'bug' van Internet Explorer is.

Ekskuus as ek voor op die wa was!

(Ferdi?)

Groete

Henri
Re: Kappies, deeltekens, ens. [boodskap #12787 is 'n antwoord op boodskap #12762] So, 22 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Ehlers  is tans af-lyn  Kobus Ehlers
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri Burger wrote in message ...
> Jis ouens,
>
> Ek sluip nou so 'n rukkie hier rond, en let op op dat die meeste ouens nie
> weet hoe om kappies, deeltekens en ander strepies en krulletjies op letters
> te kry nie. Miskien pla dit nie, maar ek is seker party ouens word
> gefrustreer. Wat 'n ou nodig het is 'n 'IBM character set' wat in 'n
> wordperfect handleiding voorkom.
>
> Telkens moet 'n mens 'Alt' op die sleutelbord inhou, en dan 'n syferkode
> regs op die sleutelbord intik. 'n Paar voorbeelde:
>
> ê = Alt(136)
> ë = Alt(137)
> è = Alt(138)
> ô = Alt(147), ens.
>
> 'n Ou kan wonderlike goed op die manier maak, speel 'n bietjie rond.
>
> Ek hoop hierdie ongevraagde raad is vir iemand van hulp.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>

Ja jy kry ook nog ö ens.
Hier is 'n paar ongewones
Alt 128 Ç
Alt 241 ±
Alt 246 ÷
Alt 171 ½
Alt 172 ¼
Alt 0190 ¾
Re: Kappies, deeltekens, ens. [boodskap #12788 is 'n antwoord op boodskap #12762] So, 22 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kobus Ehlers wrote in message ...
>
> Henri Burger wrote in message ...
>> Jis ouens,
>>
>> Ek sluip nou so 'n rukkie hier rond, en let op op dat die meeste ouens nie
>> weet hoe om kappies, deeltekens en ander strepies en krulletjies op letters
>> te kry nie. Miskien pla dit nie, maar ek is seker party ouens word
>> gefrustreer. Wat 'n ou nodig het is 'n 'IBM character set' wat in 'n
>> wordperfect handleiding voorkom.
>> snip <<

Baie dankie vir hierdie inligting. Ek is een van daardie wat alewig sukkel
met deeltekens en kappies.

Julie
Kissimmee, FL.
Vorige onderwerp: Een Vlaming ontdekt Afrikaans
Volgende onderwerp: Jy geniet dit?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 17:03:07 MGT 2024