Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Steenkool
Steenkool [boodskap #123973] Sa, 12 Januarie 2019 16:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Steenkool is 'n harde, swart sedimentêre gesteente, wat deur karbonisasie (verkoling) van prehistoriese plantreste gevorm het. Dit is 'n belangrike fossielbrandstof en word saam met koolstof vir die vervaardiging van staal gebruik.

Suidelike Afrika beskik oor die grootste steenkoolneerslae suid van die Ewenaar. Steenkoolontginning het in 1869 aan die Kaap begin, maar die lae was van swak gehalte. Later is dit vervang deur die Natalse, Transvaalse en Vrystaatse steenkoolvelde. Daar is grootreserwes steenkool van middelmatige gehalte in die Republiek, hoofsaaklik in Transvaal, veral in die omgewing van Witbank, Middelburg en Vereeniging. In die noorde van die provinsie is daar nog groot onontginde gebiede.

In Zimbabwe (Rhodesië) is die steenkoolmyne geleë in die omgewing van Wankie, wat groot neerslae het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Steenbra, Wit
Volgende onderwerp: Steenloper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 12:25:30 MGT 2024