Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » F.W se Manewales!
F.W se Manewales! [boodskap #12378] Do, 29 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Hein van Wyk  is tans af-lyn  Hein van Wyk
Boodskappe: 41
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Goeie genade wat gaan deesdae met F.W aan? Kan jy nou glo dat hy sy eie
Marike nou so vir 'n Griekse vrou wil los. Al die jare het ons vir hom
gestem & nou vang hy nog sulke dinge aan. As die man se vrou(Marike) dood
was kon 'n mens dit nog verstaan, maar sy leef en hulle is glad nie eens
geskei nie. Nou ja, ek praat nie eens van die Griekse vrou en haar man
nie(albei nog steeds getroud) Eintlik 'n skande as jy die storie so sou
opsom.

Sekerlik geen wonder hy het uit die politiek bedank nie, al sê hy dit(die
verhouding)is nie die rede nie!

Vriende & Vriendinne; wat is julle mening? Onthou, ons praat nie nou van
Bill Clinton nie & ook nie van Oom P.W nie maar van ene F.W de Klerk!!! is
dit waar dat alle hoë bome die meeste wind vang?

Tot wederom & Groete uit die Baai
Mooi Bly!
Hein (he...@hinet.co.za)
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12391 is 'n antwoord op boodskap #12378] Vr, 30 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hein van Wyk wrote in message ...

> Vriende & Vriendinne; wat is julle mening?

Laat hom wat sonder sonde is dan nou maar die eerste klip gooi.

Danie
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12392 is 'n antwoord op boodskap #12378] Vr, 30 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Watse manewales??????????????

LLaubscher wrote in message
...
>
>> "Hein van Wyk" wrote:
>
>> Goeie genade wat gaan deesdae met F.W aan?
>> Vriende & Vriendinne; wat is julle mening?
>
> Wat my opgeval het uit die berigte wat ek gelees het, is dat President Mandela
> vir 'n hele paar jaar reeds van Mnr. FW de Klerk se dinge weet. In Amerika
> waar sodanige inligting sonder veel omhaal deur opposisiepartye gebruik sou
> word (of in direkte aantygings, of deur die beredeneerde glips aan een of ander
> verteenwoordiger van die media), staan ek beindruk in die wete dat Pres.
> Mandela nooit hierdie inligting publiek gemaak het vir sy en die ANC se eie
> gewin nie. Dit spreek weer eens tot sy integriteit en staatsmanskap.
>
> Leswin Laubscher
> ISPP-Chicago
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12393 is 'n antwoord op boodskap #12378] Vr, 30 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "Hein van Wyk" wrote:

> Goeie genade wat gaan deesdae met F.W aan?
> Vriende & Vriendinne; wat is julle mening?

Wat my opgeval het uit die berigte wat ek gelees het, is dat President Mandela
vir 'n hele paar jaar reeds van Mnr. FW de Klerk se dinge weet. In Amerika
waar sodanige inligting sonder veel omhaal deur opposisiepartye gebruik sou
word (of in direkte aantygings, of deur die beredeneerde glips aan een of ander
verteenwoordiger van die media), staan ek beindruk in die wete dat Pres.
Mandela nooit hierdie inligting publiek gemaak het vir sy en die ANC se eie
gewin nie. Dit spreek weer eens tot sy integriteit en staatsmanskap.

Leswin Laubscher
ISPP-Chicago
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12405 is 'n antwoord op boodskap #12378] Sa, 31 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spy[1]  is tans af-lyn  Spy[1]
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag Hein jy wil tog nie rerig hoor oor wat ek dink nie.

Maar nou ja.....dis nou as klein koppietjie regeer.
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12406 is 'n antwoord op boodskap #12378] Sa, 31 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Jan 1998 16:17:40 +1300, "Daniel" wrote:

>

Praat jy nou van al die klippe wat deur mense soos FW na mense soos
Stoffel vd Merwe gegooi is?

Onthou jy Stoffel? Sekr-genl van die NP tot dit bekend raak hy het n
afair met sy sekretaresse. Toe word hy gefire en vernietig.
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12415 is 'n antwoord op boodskap #12378] So, 01 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dis maar baie "sad" .... hel, dis nou die een ou van wie ek dit nie sou
verwag nie. Die ander ou met net so 'n goeie vrou (in die verlede), is ou
Koornof. Dalk is daar 'n kiem in die ou volksraadsaal se voorste
gestoeltes.

Kan SA nie maar EEN politiekus kry wat sonder str..t uit die hoogste sport
tree nie!?!

> Vriende & Vriendinne; wat is julle mening? Onthou, ons praat nie nou van
> Bill Clinton nie & ook nie van Oom P.W nie maar van ene F.W de Klerk!!! is
> dit waar dat alle hoë bome die meeste wind vang?
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12434 is 'n antwoord op boodskap #12378] Ma, 02 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Dit is net jou eie skuld!

Hein van Wyk wrote in message ...
Al die jare het ons vir hom gestem snip........
snip ......
> Hein (he...@hinet.co.za)
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12534 is 'n antwoord op boodskap #12378] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek glo 'n persoon se privaat lewe is privaat en het niks met niemand
uit te waai nie, Ja ek weet hy is 'n publieke figuur, maar so what.
As ons gewone ouens ons vrouens verneuk skei hulle ons en niemand behalwe
jou vriende en familie weet daarvan nie. Los oom FW uit, ons sal nie
daarvan hou as hy sy neus in ons sake steek nie.
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12553 is 'n antwoord op boodskap #12378] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 8 Feb 1998 12:11:11 +0200, "J" wrote:

daarvan hou as hy sy neus in ons sake steek nie.>>[/color]

Hy het. Vir dekades.
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12554 is 'n antwoord op boodskap #12378] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
J wrote in article ...
> Ek glo 'n persoon se privaat lewe is privaat en het niks met niemand
> uit te waai nie, Ja ek weet hy is 'n publieke figuur, maar so what.
> As ons gewone ouens ons vrouens verneuk skei hulle ons en niemand behalwe
> jou vriende en familie weet daarvan nie. Los oom FW uit, ons sal nie
> daarvan hou as hy sy neus in ons sake steek nie.
>
Halleluja. Darem een mens in die wêreld met bietjie common sense. Mooi so
ou maat, ek stem saam. Kyk by die politiek verby en sien die mens raak.
--
Alwyn
Re: F.W se Manewales! [boodskap #12555 is 'n antwoord op boodskap #12378] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| J wrote in article ...
| Ek glo 'n persoon se privaat lewe is privaat en het niks met niemand
| uit te waai nie,

Totdat hyself in die openbaar bieg ....

| Ja ek weet hy is 'n publieke figuur, maar so what.

Openbare figure moet hule neuse skoon hou !

| As ons gewone ouens ons vrouens verneuk skei hulle ons en niemand behalwe
| jou vriende en familie weet daarvan nie. Los oom FW uit, ons sal nie
| daarvan hou as hy sy neus in ons sake steek nie.

Hy het sy neus vir lank in my lewe gehad - dis wat 'n politikus doen!
Toegegee, dis nadat hy deur ons ingestem is.

Dit bly teleurstellend dat dit gebeur het.
Vorige onderwerp: Skei konservatiewe politiek en afrikaans asseblief !!!
Volgende onderwerp: Hang haar op!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 19:01:35 MGT 2024