Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Was memory lane, toe RHPS, nou weer memory lane:-)
Was memory lane, toe RHPS, nou weer memory lane:-) [boodskap #1222] Ma, 14 Julie 2003 19:05 na volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Maar hulle kon my ook nie 'n ordentlike "manly man" maak nie - o nee,
> ek moes kwansuis 'n moffie man wees - om dit sommer kras en reguit uit
> te druk! Skies...) :-)

> Katryn

> LOL. Ek kan dit glo nie, ek glo ook nie sy het dit regtig geglo nie, dit was
> sommer net 'n strategie om jou kwaad te maak.

> Lorinda

Met die ondersteuning van die enigste mens in wie jy 'n
groter pes gevang het, as in die tannie self, Katryn:-)
Vertel Lorinda van die tyd wat jy hom uitgedaag het
om sy telefoonnommer te gee, sodat jy hom kan skakel
by sy werk:-) Maar nie my vertrou het om sy nommer
vir jou te gee nie, want jy het blatant gesê dat ek my eie
nommer vir jou sal gee:-)))

Speedy
Re: Was memory lane, toe RHPS, nou weer memory lane:-) [boodskap #1228 is 'n antwoord op boodskap #1222] Ma, 14 Julie 2003 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:9506hv0kga7sss15mkudc0k72lit7vemad@4ax.com...
> Speedy Gonzales wrote:
>
>> Met die ondersteuning van die enigste mens in wie jy 'n
>> groter pes gevang het, as in die tannie self, Katryn:-)
>> Vertel Lorinda van die tyd wat jy hom uitgedaag het
>> om sy telefoonnommer te gee, sodat jy hom kan skakel
>> by sy werk:-) Maar nie my vertrou het om sy nommer
>> vir jou te gee nie, want jy het blatant gesê dat ek my eie
>> nommer vir jou sal gee:-)))
>
> ROTFL! Jy het 'n ongelooflike goeie geheue, DD! Lyk my ek sal nie
> maklik vir jou kan stories vertel en hoop om daarmee weg te kom nie.
> :-)
> Ja, Lorinda - Ferdi was een van die wat my die heeltyd beskuldig het
> van iemand anders wees - volgens hom het ek 'n baie beperkte
> woordeskat en woon ek in Ierland iewers. :-))) Maar toe ek hom vra om
> vir my sy telefoon nommer te gee sodat ek privaat met hom kan gesels,
> het sy Kanadese vriendin gou ingespring en probeer help. Needless to
> say, ek het NOOIT sy nommer gekry nie. Die ruggraatlose spul wurms!
> :-)
>
> En Lorinda - jy ken nou al vir DD so bietjie. Wat dink jy sou hy
> gedoen het? Hy het mos 'n WICKED sin van humor daai man!! :-))
>

Ek moet eerlik se dat ek simpatie het met Katryn se misgivings dat jy wel sy
nommer sou gee en nie joune nie:-))
Dink jy F sou jou die nommer gegee het as sy nie ingemeng het nie? Dit klink
asof sy wou seker maak die ding word nooit uitgewerk nie...

Jy, 'n beperkte woordeskat!! :-) Waar het hy daaraan gekom? Dis interessant
dat as so iets werklik gebeur (i.e. iemand wat wel nie afrikaans is nie en
daar pos, ek sal nou nie op die storie ingaan nie maar ek is seker jy weet
Katryn:-)) dit die een ding is waarvan sy nie beskuldig word nie:-))

Lorinda
Re: Was memory lane, toe RHPS, nou weer memory lane:-) [boodskap #1235 is 'n antwoord op boodskap #1222] Ma, 14 Julie 2003 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 2003 15:18:00 -0400, Katryn wrote:

>
> ROTFL! Jy het 'n ongelooflike goeie geheue, DD! Lyk my ek sal nie
> maklik vir jou kan stories vertel en hoop om daarmee weg te kom nie.
> :-)

Op 'n meer ernstige noot. Verlede Woensdag het ek iets ervaar wat
my totaal en al verstom het. Ons was by 'n begrafnis en na die
teraarde bestelling was daar eetgoed by die kerk aangebied.
Die meeste van die mense het toe daarheen gegaan, en daar
was baie mense.
'n Vrou wat deel is van die helpers by die kerk, en agter 'n tafel
gestaan en bedien het, het vir my koffie geskink, en terwyl sy my in
die oë kyk, sê sy: "Ek ken jou. Jy was in my huis om Tersia te help
met iets." En toe sê sy my naam, en sê toe ook wie sy is.

Agtergrond van die storie is dit. Ek het haar dogter (Tersia) wat op
daardie stadium in Johannesburg gewerk het, gehelp om lid te word
van 'n mediese skema. Daarna het sy (die ma) en ek oor internasionale
aandele gepraat. Haar man was toe 'n bankbestuurder in die dorp, maar
hy was op daardie stadium nie daar nie. Die gesprek het sowat 'n
half uur geduur en sy het 'n intelligente gesprek oor andele en dies
meer gevoer.

Kort daarna, het Tersia op 'n motorfiets verongeluk. Ek het die ma
nooit weer gesien nie, alhoewel die pa meer as een keer weer in my
kantoor was.

Dit het my so verstom, dat ek na die begrafnis Tersia se lêer
oopgemaak het, en gekyk het wanneer sy geteken het. Dit was
13 Februarie 2001. Haar ma het ek vir 'n half uur daardie dag ontmoet
en verlede week Woensdag, sien sy my vir die eerste keer weer, kyk
my in die oë, en sê koelkop wie ek is, en van waar sy my ken.

Dit is 'n ongelooflike geheue.
Re: Was memory lane, toe RHPS, nou weer memory lane:-) [boodskap #1238 is 'n antwoord op boodskap #1235] Ma, 14 Julie 2003 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:nh36hvg5nrac292sqb7kd8ckihubhk77n7@4ax.com...
>
> Agtergrond van die storie is dit. Ek het haar dogter (Tersia) wat op
> daardie stadium in Johannesburg gewerk het, gehelp om lid te word
> van 'n mediese skema.

Dit is baie lang tyd vandat ek die naam Tersia gehoor het.... Dis 'n mooi
naam.

Van goeie geheue gepraat, 'n rukkie gelede was die media hier vol van die
"feit" dat die plant lemon balm glo baie goed vir die geheue is. Dink jy
daar is enige waarheid in Katryn? Ek vra net omdat ek skepties is daaroor
dat enige plant met so iets kan help, maar ek weet nie.

Lorinda
Re: Was memory lane, toe RHPS, nou weer memory lane:-) [boodskap #1240 is 'n antwoord op boodskap #1238] Ma, 14 Julie 2003 21:28 Na vorige boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 2003 21:48:25 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> "Speedy Gonzales" wrote in message
> news:nh36hvg5nrac292sqb7kd8ckihubhk77n7@4ax.com...
>>
>> Agtergrond van die storie is dit. Ek het haar dogter (Tersia) wat op
>> daardie stadium in Johannesburg gewerk het, gehelp om lid te word
>> van 'n mediese skema.
>
> Dit is baie lang tyd vandat ek die naam Tersia gehoor het.... Dis 'n mooi
> naam.
>

> Lorinda
>
>

Jy het seker opgelet dat ek gesê het dat sy verongeluk het, kort
daarna. Op die oomblik is ek besig om 'n Tersia kliënt te help
met boedel bereddering.
Ook het ek 'n kliënt met die naam, Tertia, uitgespreek, Tersia.
Baie nuwe name, dink ek word geskep deur spelfoute.
Ek het 'n kliënt gehad met die naam "Erens". Toe hy klein was is daar
seker somtyds gesê dat Erens erens is. Miskien het sy ma aan sy pa
gesê om die kind as Erns te registreer, toe doen hy dit:-)

Speedy
Vorige onderwerp: 16 dae ... en dan is dit oor en verby
Volgende onderwerp: Re: Tiscali
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 07:13:50 MGT 2024