Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gevangenis
Gevangenis [boodskap #121929] Wo, 12 Desember 2018 18:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die binnekant van 'n gevangenis.
Die binnekant van 'n gevangenis.
'n Gevangenis (of tronk) is 'n gebou of kompleks van geboue waar mense aangehou word. Die geïnterneerdes word gevangenes of prisoniers genoem, terwyl die personeel as tronkbewaarders bekend staan. Mans, vrouens en jeugdiges word meestal apart aangehou.

Afgesien van verbeterings- en ander inrigtings wat destyds onder die Departement Volkswelsyn geval het, bestaan plekke van aanhouding in die Republiek uit strafgevangenisse, tronke, plaastronke, dronkaardasiele, en arbeidsbuiteposte. Die grootste enkele gevangenis in die Republiek is in Pretoria waar langtermyngevangenes aangehou word.

Verbonde aan die Department Justisie is die Direkteur van Gevangenisse wie se taak amptelik omskryf is as om 'die nodige in die kriminele element op te bou en aan te vul ten einde 'n herhaling van die misdaad te voorkom'. As alternatief, in die geval van gewoontemisdadigers, is 'n stelsel van onbepaalde vonnisse sedert 1910 van krag. Oortreders kan hulleself rehabiliteer deur goeie gedrag en hulle vonnislyste word gereeld nagegaan. Afgesien daarvan dat onderwys en nuttige werk aangemoedig word, stel die stelsel die gewone Suid-Afrikaanse misdadiger in staat om deur 'n puntestelsel te bewys in hoe 'n mate hy gevorder het om weer 'n nuttige lid van die gemeenskap te word.

Die Gevangenis-besoekersraad besluit, nadat dit die gevangene se dossier bestudeer het, wanneer 'n vermindering van die vonnis gemagtig moet word. Daarbenewens stel die Maatskaplike Dienste-vereniging hom ten doel om die oortreder voor te berei vir sy terugkeer na die normale lewe en handhaaf dit die bande tussen hom en sy familie. Dit help ook met die verkryging van werk na vrylating. In die werkswinkels van gevangenisse word die gevangene ambagte geleer en hy word ook toegelaat om op 'n beperkte skaal te spaar. Alle produkte wat in die gevangeniswerkswinkels gemaak word, word nie verkoop nie, maar deur die Regering gebruik.

Die vroeëre interneringskamp van die Tweede Wêreldoorlog by Baviaanspoort is verander in 'n gevangenekamp vir eersteoortreders wat onder minder beperkings aangehou word as ander gevangenes. By Sonderwater, ook in Transvaal, bestaan daar selfs meer gevorderde aanhoudingsmetodes.

Plaastronke, die onderwerp van baie bespreking en kritiek, is bestem om oortreders, met landbouwerk besig te hou weg van die demoraliserende atmosfeer van 'n gewone tronk. Goedgekeurde geboue moet deur boereverenigings opgerig word en hulle is ook verantwoordelik vir die betaling van departementele personeel. Om die onderwysstandaard van beamptes te verhoog is 'n spesiale Gevangenisdiens-opleidingsdepot in samewerking met die Polisie-opleidingskollege in Pretoria ingestel. Die kursusse duur ses maande.

In die vroeëre Federasie van Sentraal-Afrika het elk van die drie state, Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië en Njassaland, hulle eie gevangenisdienste gehad wat ingeskakel is by die onderskeie polisiemagte. Sien ook Suid-Afrikaanse Polisie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Germiston
Volgende onderwerp: Geweeroorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 20:14:58 MGT 2024