Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 3 rowers vermoor bejaarde op hoewe
3 rowers vermoor bejaarde op hoewe [boodskap #119788] Wo, 29 September 2010 14:52
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
3 rowers vermoor bejaarde op hoewe

Fanie van Rooyen
’n Afgetrede motorwerktuig­kundige van Bronkhorstspruit is Saterdagnag
tydens ’n rooftog deur vermoedelik drie rowers in sy huis vermoor.

Mnr. John Staples (79) is op die Roodepoort-kleinhoewe, buite
Bronkhorstspruit, doodgeslaan.

Mnr. Sarel van der Walt, Staples se skoonseun, het gister gesê die
presiese omstandighede van die moord is nog onbekend.

“Dit lyk of hulle een van die deure oopgebreek en my skoonpa in sy bed
oorrompel het,” het Van der Walt gesê.

“Die polisie ondersoek nog die saak, maar dit lyk of hulle hom met
iets geslaan het.”

Staples, wie se vrou, Nellie (84), twee jaar gelede oorlede is, het
alleen gewoon. Mev. Elise van der Walt het gesê haar pa se handwapen
word vermis.

Sy vermoed die rowers het hom gedwing om sy kluis oop te sluit.

“Ons is nog nie seker wat anders hulle als gevat het nie, maar my pa
se beursie is leeg, so hulle het seker die kontant wat daarin was, ook
gesteel.”

Volgens haar was haar pa ’n bekende in die dorp en sal baie mense hom
mis.

“Wat kan ’n mens nou sê? Daar is niks om te sê daaroor nie – ek is net
verslae.

“Ek weet dit gaan hom nie weer lewend maak nie, maar ek hoop hulle
vang my pa se moordenaars sodat hulle nie dieselfde aan iemand anders
sal kan doen nie.”

( http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/3-rowers-vermoor-bejaa rde-op-hoewe-20100928
)
Vorige onderwerp: 800,000 ‘armblanken’ hebben dringend uw voedselhulp nodig
Volgende onderwerp: Re: Self Determination for Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:57:04 MGT 2024