Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Oppasser laat glo baba-aanrander in
Oppasser laat glo baba-aanrander in [boodskap #119629] Ma, 26 April 2010 14:22
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Oppasser laat glo baba-aanrander in

2010-04-25 21:43
Julian Rademeyer

Die eenjarige babameisie wat erg aangerand is, se oppasser het een
rower glo ingelaat en TV saam met hom gekyk voordat sy en die baba
aangeval en beroof is.

The Times het Maandagoggend berig me. Francina Sekhu het beken dat sy
die een rower in die huis ingelaat en TV gekyk het. Hulle het glo
vriende gemaak toe die man vroeërr in die jaar deel was van 'n bouspan
wat huisverberterings by die huis gedoen het.

Intussen het mnr. Bertus Kruger (42) gesê hy is “bly” dat twee
verdagtes in hegtenis is.

Hy het bygevoeg dokters is “versigtig optimisties” oor sy eenjarige
dogter se toestand.

Volgens me. Liezel Furlong, woordvoerder van die Sandton Medi-Clinic,
is haar toestand “ernstig, maar stabiel”.

Twee mans sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op
aanklagte van poging tot moord en roof ná die aanval op die babameisie
en haar oppasser verlede Donderdag.

Die verdagtes, onderskeidelik 23 en 25 jaar oud, het glo vroeër
vanjaar as deel van ’n span bouers werk gedoen aan die huis in
Robindale, Randburg, waar die aanval plaasgevind het.

Lt.kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes
is eergisteraand in Alexandra vasgetrek.

Goedere wat tydens die aanval geroof is, is in hul besit gevind.

Opperman wou nie sê of dit die skootrekenaar insluit wat tydens die
rooftog gebuit is nie.

Opperman het gesê speurders van die Hillbrow-triotaakspan het “dag en
nag met min slaap gewerk” om die verdagtes op te spoor.

Die rowers het verlede Donderdag toegeslaan en Sekhu vasgebind en
aangerand en toe ook die baba begin slaan.

Sekhu is in ’n stabiele toestand in die Helen Joseph-hospitaal.

Oorsprong:Beeld
( http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Oppasser-laat-glo-baba aanrander-in-20100425
)
Vorige onderwerp: Eis teen minister misluk nadat sakeman in polisiesel aangerand is
Volgende onderwerp: Swartes-soek-n-wit-baas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 09:54:18 MGT 2024