Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bende skiet ouers se laaste oorblywende kind dood
Bende skiet ouers se laaste oorblywende kind dood [boodskap #119624] Vr, 23 April 2010 18:08
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-04-22 21:55
Arisja Jacobs

Evander. – ’n Bejaarde ouerpaar het hul derde en laaste kind aan ’n
onnatuurlike dood afgestaan toe hy langs hul dubbelbed vermoor is.

Hy was só lief vir sy ouers dat hy sy lewe gegee het om sy ma te
beskerm, het past. Hennie Oosthuyse gister mnr. Jannie en mev. Marie
Strydom, mnr. Paul Strydom (52) se ouers, getroos.

Hulle het gesien hoe rowers hul enigste oorlewende kind vroeër die
oggend langs hul dubbelbed doodskiet.

Die egpaar se oudste kind, Chris, is in 1976 op 20-jarige ouderdom in
’n motorfietsongeluk dood en hul jongste, Johan, het vier jaar gelede,
toe hy 46 was, selfmoord gepleeg.

Paulla, soos almal op die dorp die Strydoms se seun geken het, was ’n
alleenloper en het saam met sy ­ouers in ’n beskeie huisie in ­
Münchenstraat gewoon.

Mnr. Strydom sr. het omstreeks 02:00 gister wakker geskrik toe die lig
in die hoofslaapkamer aangeskakel is.

“Vier jong gewapende mans het die kamer ingestorm. Hulle het my op my
maag gedwing en het probeer om my hande agter my rug vas te bind,” het
hy vertel.

’n Rower het Strydom jr. in sy kamer gaan haal en na sy ouers se
slaapkamer gedwing waar hy beveel is om op die grond langs die bed,
aan die kant waar sy ma nog gelê het, plat te lê.

“Hulle skree toe: ‘Where is your daughters?’?” het ’n erg geskokte
mev. Strydom gister vertel.

“Toe ek vir hulle vertel dat ons net vir Paulla het, het die een my
aan my enkel gegryp en my van die bed probeer aftrek. Ek was seker hy
wou my verkrag.”

Strydom jr. het sy lyf opgelig om sy ma te help, maar is summier in
die bors geskiet.

Volgens sy ouers het die koeël hom in die hart getref.

“Hy het net gesug en toe is hy dood,” het sy pa huilend vertel.

Die moordenaars het vermoedelik geskrik en het net mev. Stry-dom se
selfoon gesteel voordat hulle gevlug het.

“Ai, ek weet nie ... ek weet net nie,” het sy gisteroggend kort-kort
geprewel. “As hulle geld wou gehad het, sou ek dit vir hulle gegee
het.

“Paulla was só lief vir ons. Hy het gereeld geskenkies vir my
aangedra. Net nou die dag het hy hierdie lappop vir my gegee,” het sy
vertel terwyl sy die sagte speelding vasgehou het.

“Hoe oorleef mens so iets? Dit is my derde en laaste kind wat nou dood
is.”

Volgens ’n paar van Strydom se vriende wat gister by die huis opgedaag
het, sal hulle dié ketelmaker van die Harmony-myn vir sy
goedhartigheid onthou.

“Paulla was veral lief vir drie goed: sy ouers, sy kat Mei-Mei en sy
Nissan-bakkie.”

Bel ao. Wayne Klasen van die Evander-speurtak met inligting by 083 701
8082.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/zaskih )
Vorige onderwerp: Gewonde boer jaag deur muur ná plaasaanval
Volgende onderwerp: Eis teen minister misluk nadat sakeman in polisiesel aangerand is
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:47:20 MGT 2024