Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 5 met grawe, messe in dorpshuis aangeval
5 met grawe, messe in dorpshuis aangeval [boodskap #119438] Wo, 24 Maart 2010 09:58
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
5 met grawe, messe in dorpshuis aangeval

2010-03-22 22:16

Vicus Bürger

Bloemfontien. – “Dit was iets uit ’n gru-verhaal,” sê mnr. Johan van
Vuuren nadat vyf van sy geliefdes “onmenslik wreed” in sy ouerhuis in
Jagersfontein aangeval is.

Sy ouers, Boet (80) en Francina (77), broers Marius (44) en Marthinus
(35), en broerskind Juan (13) is eergisteraand in hul huis in
Harringtonstraat deur ses mans met grawe en messe aangeval.

Die aanvallers het ’n bebloede huis agtergelaat.

Selfs Boet en Marius is erg aangerand, al is albei in rolstoele. Hulle
is onderskeidelik deur ’n rugmurgvirus aangetas en in ’n motorongeluk
beseer.

Nadat Johan, ’n werknemer in die logistieke afdeling van die Grootvlei-
tronk by Bloemfontein, die oproep oor die aanval gekry het, het hy hom
na Jagersfontein gehaas.

Hy was egter nie reg vir wat hom in die huis sou begroet nie.

“Bloed was teen die mure en op die vloer.”

Boonop is byna die hele huis deur die booswigte omgekeer.

Johan vertel sy familielede van Jagersfontein het net klaar na die
nuusbulletin op TV gekyk toe mev. Van Vuuren die voordeur vir die
honde gaan oopmaak het.

Die aanvallers het toe die huis binnegestorm, haar gegryp en as ’n
buffer gebruik.

Johan sê sy pa hou altyd sy .22-pistool by hom.

“My pa wou skiet, maar hy kon nie. Hy was bang hy tref my ma.”

Die familielede is met messe gesteek, met grawe geslaan en geskop.

“Marius is met ’n graaf uit sy rolstoel geslaan,” sê Johan.

Een van die aanvallers het met Boet om sy vuurwapen geworstel. Dit is
uit sy hand gegryp en een van sy vingers is gebreek.

Hy is gedwing om die kluis oop te sluit waaruit die booswigte R38 000
gesteel het.

Die aanvallers het met die geld, pistool en ander goedere gevlug.

“Dit is nie menslik nie,” het Marthinus gister uit sy hospitaalbed in
die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gesê.

Johan sê sy ma is in ’n koma en het bloeding op die brein. Sy is in
die waaksorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal in die stad.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/ya23mrq )
Vorige onderwerp: Man shot on farm
Volgende onderwerp: Julius dreig jeuggroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 17:39:58 MGT 2024