Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wagte rand vrou glo aan, vat geld
Wagte rand vrou glo aan, vat geld [boodskap #119416] Do, 18 Maart 2010 16:39
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-16 23:30

Virginia Keppler

’n Vrou wat sagte speelgoed in die Centurion-winkelsentrum verkoop, is
Saterdagmiddag voor ’n skare mense na bewering deur ’n groep
veiligheidswagte aangerand, op die vloer gesleep, aan die hare getrek
en van haar geld besteel.

Me. Lindi Alberts (30), wat die afgelope 17 jaar sagte speelgoed in
restaurante in dié sentrum verkoop, vertel ook die wagte het haar met
haar geldsakkie se band probeer wurg.

Die voorval is volgens Alberts op die sentrum se kringtelevisiekamera
vasgelê, maar die sentrum wil dit nie aan haar beskikbaar stel nie.

Dié drama het om 13:20 begin toe veiligheidswagte Alberts en ’n
vriend, mnr. Morné Moorcroft (22), genader en gevra het dat sy hulle
na ’n kantoor op die boonste verdieping vergesel.

Sy het geweier om alleen saam met die mans na ’n kantoor te gaan en
het aangebied om die perseel te verlaat.

Volgens Alberts het die wagte haar gegryp en haar rondgeruk en -pluk.
Sy het haar werkgewer in ’n stadium gebel en om hulp geskreeu.
“Een van die wagte het my selfoon gegryp en ek het dit teruggegryp.
Twee vroulike wagte het bygekom en my aan die arms getrek. In ’n
stadium het ek een van die manlike wagte tussen die bene geskop om weg
te kom.”

Die wagte het glo haar geldsakkie van haar nek geruk en haar met die
band probeer wurg. Hulle het volgens Alberts daarna sowat R2?000 van
haar geld gesteel toe dit op die vloer uitgeval het.”

Moorcroft is intussen deur ’n paar ander wagte en die bestuurder na ’n
kantoor op die boonste verdieping van die sentrum geneem en daar
aangehou. Hy is vrygelaat toe Alberts se werkgewer daar opgedaag het.

Mnr. Deon Oosthuizen, Alberts se werkgewer, het gesê toe hy by die
sentrum aankom, het Alberts op haar rug by ’n uitgang by die sentrum
gelê terwyl twee wagte oor haar gestaan het en haar rondgeruk en -pluk
het.

Hy het gesê die sentrum se veiligheidsdiens het hom ’n tyd gelede
gewaarsku dat hy nie speelgoed daar mag verkoop nie, “maar die
restaurant-
eienaars het ons toestemming gegee om dit in hul restaurante te
verkoop”.

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
ondersoek ’n klag van aanranding.

Die Centurion-winkelsentrum se bestuur het nie op Beeld se navrae
gereageer nie.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/ybcfpbw )
Vorige onderwerp: Koekblik verbind man glo met moord
Volgende onderwerp: Sleeping farmer shot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 19:29:11 MGT 2024