Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Julius Malema, die grapgat
Julius Malema, die grapgat [boodskap #119350] Do, 04 Maart 2010 09:48
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Malema: Ek leef in armoede

Marietie Louw-Carstens

Seshego - Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het Woensdag sy
29ste verjaardag met duur Franse sjampanje gevier terwyl duisende
bejaardes wat die dag bygewoon het met appels, piesangs en water
tevrede moes wees.

“Ek leef steeds in armoede vandag, want solank as wat ’n buurman van
my swaarkry, kry ek ook swaar,” het Malema aan die skare gesê kort
voordat hy die prop van ’n bottel Moët et Chandon Rosé afgeskiet het.

Lofsangers het vir Malema, wat in Seshego buite Polokwane
(Pietersburg) grootgeword het, gebid en hom die hande opgelê. “Ons bid
jy word ons volgende president van die land,” het die lofsangers onder
toejuiging van die sowat 2 000 bejaardes gesê.

Die mense het staande hul hande uitgestrek terwyl Malema met ’n geboë
hoof op ’n stoel op die verhoog gesit het.

Malema het komberse en selfone aan van die bejaardes gegee wat op die
verhoog saam met hom gedans het. Talle mense het na die verhoog
gestroom in die hoop om ook komberse en selfone te kry, maar moes
teleurgesteld omdraai. Die bejaardes het appels, piesangs en water
gekry.

Die bejaardes is in busse aangery en moes sowat drie uur in die
bloedige son wag voordat Malema om 12:00 opgedaag het. Uitgesoekte
gaste het in ’n markiestent aan biltong en verjaardagkoek in die ANC-
kleure gesmul.

Malema, wat die afgelope twee weke in die nuus was omdat hy glo sowat
R140 miljoen se tenders van munisipaliteite in Limpopo ontvang het,
het gesê hy het “in armoede grootgeword”.

“Ek het nie deel van die struggle geword om my self te verryk nie. Ek
moet die lewens van my mense verander en niemand sal my keer nie.”

Malema het merendeels Sepedi gepraat en aan die skare gesê hy “is ’n
produk van ’n arm familie. Ek sal altyd die armes respekteer”.

Cassel Mathale, premier van Limpopo en ’n groot vriend van Malema, het
onder luide toejuiging die mediaberigte, veral in Die Burger se
susterkoerant City Press, oor Malema as leuens afgemaak en gesê hy
verstaan nie hoekom joernaliste leuens skryf nie.

“Piet Rampedi (die joernalis wat die berigte geskryf het), wat is jou
agenda?” het Mathale gevra. Hy het ook gesê “daar is niks onwettigs as
Malema sakebelange het nie”.

Mathale het na Malema verwys as “ons toekomstige president van die
republiek”.

Malema se ouma, Sara Malema (80), het saam met haar kleinseun
verjaardag gehou.

Slagspreuke soos “Hands off Julius Malema, hands off!”, “Viva Julius
Vuvuzela Malema viva!” en “Julius Blockbuster Malema” het kort-kort
opgeklink.

- Die Burger

( http://tinyurl.com/yb5x29y )
Vorige onderwerp: SA voer moord uit
Volgende onderwerp: Pasgebore baba sterf in smeulende asblik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:02:58 MGT 2024