Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde vrou (80) oorleef mesaanval in Sedgefield
Bejaarde vrou (80) oorleef mesaanval in Sedgefield [boodskap #119327] Di, 23 Februarie 2010 20:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-02-22 23:41

Tisha Steyn

George

’n Bejaarde vrou is Maandag in die vroeë oggendure in haar huis in
Sedgefield aangeval en met ’n mes gesteek.

Mev. Margareth Ross (80) van Kingfisherlaan is in haar bed oorval deur
’n persoon wat haar etlike kere met ’n skerp voorwerp in die lyf
gesteek het.

Ross het ten spyte van haar ernstige beserings dit reggekry om ’n
alarm aan te skakel wat sekerheidsdienste ontbied het.

Toe hulle opdaag, was die verdagte(s) reeds vort. Hulle het Ross in
haar bed aangetref. Sy is per ambulans na ’n privaat hospitaal in
Knysna gebring, waar sy gister in ’n ernstig, maar stabiele toestand
was.

Volgens die polisie het die verdagte(s) toegang tot die huis verkry
deur ’n venster te breek. Weens Ross se toestand kon daar nog nie
vasgestel word of iets geroof is nie.

Lede van die polisie, die provin­siale georganiseerde
misdaadondersoekeenheid en die forensiese eenheid het gister die huis
en omgewing gefynkam vir leidrade, maar die verdagte(s) was gister
steeds op vrye voet.

Teen gistermiddag kon die polisie ook nog nie kontak maak met enige
familielede nie.

Die polisie bied ’n beloning aan vir enigiemand wat inligting kan
verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte(s).

Enigiemand met inligting kan speurder-insp. Neville “Boet” Olc­kers
bel by 044 802 1626, 083 683 8858, of die polisie se Stop Misdaad-
nommer 08600 10111.


- Die Burger

Oorsprong:Die Burger
http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/0662f e852c384209b374ae26f4471b42/22-02-2010-11-41/Bejaarde_vrou_(80)_oorleef_mesaanval_in_Sedgefield
Vorige onderwerp: SA moet besin oor reputasie van sy president
Volgende onderwerp: Hy hoor eers gille, toe ’n skoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 17:04:56 MGT 2024