Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koos Kombuis se twak
Koos Kombuis se twak [boodskap #119067] Do, 26 Maart 2009 10:23 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie gedink ek's nog hier nie? gelees van die kak wat Koos Kebuis kwytraak
oor Afrikaanse musiek in Rapport? Praat van Rina Hugo en Manuel Escorsio
onder andere wat skreeu soos katte en maer varke. Nou wonder ek net of
hierdie ou dik gesig met sy prewelende lippe-manier van praat, ooit daaraan
gedink het dat hyself ook nie eintlik kan sing nie? Dat hy deel is van die
swak standaard van Afrikaanse musiek? Dat dit sy generasie is wat begin
het met hierdie 'brom vir musiek is aanvaarbaar'. Beide Hugo en Escorsio
is opgeleide musikante...beide het hulle meestersgrade verwerf as ek die
ding reg het. Rina het tot in die VSA gaan studeer......en hier kom 'n
prewelende dik man en hy reken hy het die reg om kritiek uit te spreek op
iets wat hyslef duidelik nog nie onder die knie het nie?
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119068 is 'n antwoord op boodskap #119067] Do, 26 Maart 2009 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Nie gedink ek's nog hier nie?  

Ja, ek het gewonder waarheen jy verdwyn het.
Noudat jy weer jou kop uitsteek, dink ek ek sal
ook weer meer aktief hier deelneem.

Gloudina
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119069 is 'n antwoord op boodskap #119067] Do, 26 Maart 2009 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ek self hou nogal baie van KK se musiek - of hy nou kan sing of nie -
(objektiewe waarneming). Ek het ongelukkig nie gesien wat hy in Rapport
geskryf het nie, dus kan ek nie daaroor iets seg nie. Maar in dieselfde asem
kan ek ook noem dat ek 'n groot aanhanger van Rina Hugo is, nie te veel van
'n fan van Manuel nie (persoonlike smaak).

Maar wat is die maatstaf van "wat is kan sing?" Ek dink aan bv. Gert Vlok
Nel - kan hy sing? Volgens my, ja, ek geniet sy manier van sing, maar dit is
in heeltemaal 'n ander klas en 'gendre' as Rina en Manuel. Net so is Koos
ook vir my in 'n ander 'gendre'. Of jy hou van sy manier van sing is 'n
persoonlike issue. My gevoel is dat hy, inteenstelling met Suidwester se
gevoel, wel 'n regmatig plek het in terme van sing. Maar wat sy sogenaamde
aanval op anders sangers betref, kan ek niks noem aangesien ek nie daarvan
weet nie.

Ek dink dat ons moet probeer verbykyk by die sogenaamde feit dat dit nodig
is om te kan sê dat 'goeie' sangers noodwendig moes geswot het om te
kwalifiseer vir status van watter aard ookal. 'n Meestersgraad in musiek, of
die gebrek daaraan, is volgens my nie 'n maatsaf om te bepaal of iemand 'n
'goeie' sanger is nie.

Dan is daar mense soos Leonard Cohen, wat na my mening 'prewel' (Suidwester
se woorde), en van wie ek baie hou, en wie ook 'n besonderse suksevolle
sanger is.

Groete van Perth

Daniel Jan

"Suidwester" skryf in boodskap news:gqfl76$etg$1@news.motzarella.org...
> Nie gedink ek's nog hier nie? gelees van die kak wat Koos Kebuis
> kwytraak oor Afrikaanse musiek in Rapport? Praat van Rina Hugo en Manuel
> Escorsio onder andere wat skreeu soos katte en maer varke. Nou wonder ek
> net of hierdie ou dik gesig met sy prewelende lippe-manier van praat, ooit
> daaraan gedink het dat hyself ook nie eintlik kan sing nie? Dat hy deel
> is van die swak standaard van Afrikaanse musiek? Dat dit sy generasie is
> wat begin het met hierdie 'brom vir musiek is aanvaarbaar'. Beide Hugo
> en Escorsio is opgeleide musikante...beide het hulle meestersgrade verwerf
> as ek die ding reg het. Rina het tot in die VSA gaan studeer......en
> hier kom 'n prewelende dik man en hy reken hy het die reg om kritiek uit
> te spreek op iets wat hyslef duidelik nog nie onder die knie het nie?
>
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119070 is 'n antwoord op boodskap #119067] Do, 26 Maart 2009 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Mar 2009 12:23:57 +0200, "Suidwester" wrote:

> Nie gedink ek's nog hier nie? gelees van die kak wat Koos Kebuis kwytraak
> oor Afrikaanse musiek in Rapport? Praat van Rina Hugo en Manuel Escorsio
> onder andere wat skreeu soos katte en maer varke. Nou wonder ek net of
> hierdie ou dik gesig met sy prewelende lippe-manier van praat, ooit daaraan
> gedink het dat hyself ook nie eintlik kan sing nie? Dat hy deel is van die
> swak standaard van Afrikaanse musiek? Dat dit sy generasie is wat begin
> het met hierdie 'brom vir musiek is aanvaarbaar'. Beide Hugo en Escorsio
> is opgeleide musikante...beide het hulle meestersgrade verwerf as ek die
> ding reg het. Rina het tot in die VSA gaan studeer......en hier kom 'n
> prewelende dik man en hy reken hy het die reg om kritiek uit te spreek op
> iets wat hyslef duidelik nog nie onder die knie het nie?

Na Rina Hugo luister ek nie, maar wat ek wel weet is dat Koos Kombuis
'n idioot is.
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119071 is 'n antwoord op boodskap #119070] Do, 26 Maart 2009 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, verduidelik asb. hierdie stelling van jou.

> Na Rina Hugo luister ek nie, maar wat ek wel weet is dat Koos Kombuis
> 'n idioot is. kwytraak
>> oor Afrikaanse musiek in Rapport? Praat van Rina Hugo en Manuel Escorsio
>> onder andere wat skreeu soos katte en maer varke. Nou wonder ek net of
>> hierdie ou dik gesig met sy prewelende lippe-manier van praat, ooit
>> daaraan
>> gedink het dat hyself ook nie eintlik kan sing nie? Dat hy deel is van
>> die
>> swak standaard van Afrikaanse musiek? Dat dit sy generasie is wat begin
>> het met hierdie 'brom vir musiek is aanvaarbaar'. Beide Hugo en Escorsio
>> is opgeleide musikante...beide het hulle meestersgrade verwerf as ek die
>> ding reg het. Rina het tot in die VSA gaan studeer......en hier kom 'n
>> prewelende dik man en hy reken hy het die reg om kritiek uit te spreek op
>> iets wat hyslef duidelik nog nie onder die knie het nie?
>
> Na Rina Hugo luister ek nie, maar wat ek wel weet is dat Koos Kombuis
> 'n idioot is.
>
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119072 is 'n antwoord op boodskap #119069] Do, 26 Maart 2009 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" wrote in message
news:49cb7fb1$0$5592$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.ne t.au...
> Ek self hou nogal baie van KK se musiek - of hy nou kan sing of nie -
> (objektiewe waarneming). Ek het ongelukkig nie gesien wat hy in Rapport
> geskryf het nie, dus kan ek nie daaroor iets seg nie. Maar in dieselfde
> asem kan ek ook noem dat ek 'n groot aanhanger van Rina Hugo is, nie te
> veel van 'n fan van Manuel nie (persoonlike smaak).
>
> Maar wat is die maatstaf van "wat is kan sing?" Ek dink aan bv. Gert Vlok
> Nel - kan hy sing? Volgens my, ja, ek geniet sy manier van sing, maar dit
> is in heeltemaal 'n ander klas en 'gendre' as Rina en Manuel. Net so is
> Koos ook vir my in 'n ander 'gendre'. Of jy hou van sy manier van sing is
> 'n persoonlike issue. My gevoel is dat hy, inteenstelling met Suidwester
> se gevoel, wel 'n regmatig plek het in terme van sing. Maar wat sy
> sogenaamde aanval op anders sangers betref, kan ek niks noem aangesien ek
> nie daarvan weet nie.
>
> Ek dink dat ons moet probeer verbykyk by die sogenaamde feit dat dit nodig
> is om te kan sê dat 'goeie' sangers noodwendig moes geswot het om te
> kwalifiseer vir status van watter aard ookal. 'n Meestersgraad in musiek,
> of die gebrek daaraan, is volgens my nie 'n maatsaf om te bepaal of iemand
> 'n 'goeie' sanger is nie.
>
> Dan is daar mense soos Leonard Cohen, wat na my mening 'prewel'
> (Suidwester se woorde), en van wie ek baie hou, en wie ook 'n besonderse
> suksevolle sanger is.
>
> Groete van Perth
>
> Daniel Jan

------------Elke ou is geregtig op sy eie opinie. Ek weer is ingestel op
uitnemendheid. Jy kan dit op alle vlakke toepas en die resultate gaan jou
mate van sukses bepaal. Ek meen, wat is die nut daaraan om 'n kitaar te
vat en te leer speel so op gehoor en vir die res van die lewe net sit en
plonk-plonk vir jou pelle en te gloei in die glorie van 'jy speel darem maar
mooi kitaar, jong' en kry 'n klap agter die kop en 'n dop in die hand. Dis
hier waar die ware kunstenaar [in my opinie] besef daar is grense om te
verskuif. Kom ek gaan na 'n leermeester toe wat vir my alles van
kitaarspel af kan leer. Toe kan jy tokkel en toe begin jy sing, maar nou
sing jy maar so kakkerig, maar hel, jy sing jou eie liedjies en solank jy 'n
boodskap het, is alles wel? Die werklike kunstenaar sal besef sy 'tools of
the trade' is nie net in sy kitaar nie, maar in sy stem ook! Daarom moet
hy na iemand gaan wat sy stem kan oplei en hom leer hoe om sy asemhaling reg
te gebruik, ens.
Probleem is net Jan, as jy meeste van hierdie sogenaamde kunstenaars
wat agter die inhoud van die liedjie wegkruip om sy eie onvermoë om te kan
behoorlik sing te verdoesel, gaan wegstuur, dan gaan daar nie veel
Afrikaanse sangers oorbly nie want nie baie kan ordentlik sing nie. Hoekom
is dit dat jy mense wegstuur vir opleiding om alledaagse werk te doen, maar
sangers kan maar uitkras wat hulle wil, hoe hulle wil?
Koos 'Kebuis, Anton Goosen, André Swiegers [die ou wat so blou, bou vir
'n hele liedjie deur], Theuns Jordaan, ens. ens. Noem eintlik maar meeste
op, die mense het nog nooit behoorlik leer sing nie! Jy vra hoekom is dit
nodig.....maar swaer, wat doen hulle op daai verhoog? S.I.N.G!!! Dit wat
hulle die kakste doen, die doen hulle met lus en verwag nog geld ook
daarvoor!
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119073 is 'n antwoord op boodskap #119068] Do, 26 Maart 2009 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hehe! En hier dog ek hulle't die antie al op Marchand gaan plant daar
tussen die wingerdstokke?
"Hessie" wrote in message
news:6dd5640b-c19c-450c-b3df-480664d12e09@r18g2000vbi.google groups.com...
"Suidwester" skryf

> Nie gedink ek's nog hier nie?

Ja, ek het gewonder waarheen jy verdwyn het.
Noudat jy weer jou kop uitsteek, dink ek ek sal
ook weer meer aktief hier deelneem.

Gloudina
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119074 is 'n antwoord op boodskap #119069] Do, 26 Maart 2009 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" skryf

> Dan is daar mense soos Leonard Cohen, wat na my mening 'prewel' (Suidwester
> se woorde), en van wie ek baie hou, en wie ook 'n besonderse suksevolle
> sanger is.

Leonard Cohen, toe hy die Order of Canada ontvang,
het gesê: "Only in Canada" kan 'n man wat nie kan sing
nie, so 'n eer bewys word.
Wat Leonard Cohen se optredes suksesvol maak,
is egter nie alleen sy "sang" nie. Dis die inhoud van sy
digwerk, die uitstekende backup singing en die uitstekende
band alles tesaam, wat van so 'n optrede 'n kunswerk maak.
Gert Vlok Nel kom naby daaraan.
Cohen en Gert Vlok Nel behoort aan die "prewel" genre
wat ook onder andere beroemde sangers soos Yves Montand
insluit.

Gloudina
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119075 is 'n antwoord op boodskap #119073] Do, 26 Maart 2009 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Hehe!   En hier dog ek hulle't die antie al op Marchand gaan plant daar
> tussen die wingerdstokke

Nee jong, ek sit maar nog hier op die walle van
die Ottawa rivier wat nou besig is om te ontvries.
Daar is nog ys langs die kante en in die baaitjies,
maar die grootste deel van die Ottawa rivier vloei
nou weer. Weg is die ysvis hutjies waar hulle nog
minder as 'n maand gelede deur gate in die ys
gevis het. Oor 'n paar weke hoop ons om krokusse
en daffodils langs die paaie te sien.
Die Noord-Amerikaanse vasteland gaan altyd
deur 'n dramatiese tyd hierdie tyd van die jaar, wanneer
die sneeu en die ys begin smelt. In die middel van die
vasteland, beide in die VSA en Kanada, vloei die Red
River noordwaarts van Suid Dakota in Manitoba in.
Elke jaar is daar vloede in die laer liggende dele,
sommige jare erger as ander. Hierdie jaar gaan glo
een van die ergstes wees. Hulle berei hulleself al
voor in Fargo, North Dakota met miljoene der
miljoene sandsakke. Later staan plase en plase
onder die water naby Winnipeg.
Gloudina
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119076 is 'n antwoord op boodskap #119075] Vr, 27 Maart 2009 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:5803405f-1844-4624-bdf2-64949a73f551@e2g2000vbe.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf

> Hehe! En hier dog ek hulle't die antie al op Marchand gaan plant daar
> tussen die wingerdstokke

Nee jong, ek sit maar nog hier op die walle van
die Ottawa rivier wat nou besig is om te ontvries.
Daar is nog ys langs die kante en in die baaitjies,
maar die grootste deel van die Ottawa rivier vloei
nou weer. Weg is die ysvis hutjies waar hulle nog
minder as 'n maand gelede deur gate in die ys
gevis het. Oor 'n paar weke hoop ons om krokusse
en daffodils langs die paaie te sien.
Die Noord-Amerikaanse vasteland gaan altyd
deur 'n dramatiese tyd hierdie tyd van die jaar, wanneer
die sneeu en die ys begin smelt. In die middel van die
vasteland, beide in die VSA en Kanada, vloei die Red
River noordwaarts van Suid Dakota in Manitoba in.
Elke jaar is daar vloede in die laer liggende dele,
sommige jare erger as ander. Hierdie jaar gaan glo
een van die ergstes wees. Hulle berei hulleself al
voor in Fargo, North Dakota met miljoene der
miljoene sandsakke. Later staan plase en plase
onder die water naby Winnipeg.
Gloudina

------En jy vergeet van ou Marchand? Verlang jy nooit na sy droë hitte,
die wingerde, die rivier en sy lekker mense nie?
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119077 is 'n antwoord op boodskap #119074] Vr, 27 Maart 2009 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:a572bf4d-12fe-450e-af2c-aeb3feb49536@e2g2000vbe.googleg roups.com...
"Daniel le Roux" skryf

> Dan is daar mense soos Leonard Cohen, wat na my mening 'prewel'
> (Suidwester
> se woorde), en van wie ek baie hou, en wie ook 'n besonderse suksevolle
> sanger is.

Leonard Cohen, toe hy die Order of Canada ontvang,
het gesê: "Only in Canada" kan 'n man wat nie kan sing
nie, so 'n eer bewys word.
Wat Leonard Cohen se optredes suksesvol maak,
is egter nie alleen sy "sang" nie. Dis die inhoud van sy
digwerk, die uitstekende backup singing en die uitstekende
band alles tesaam, wat van so 'n optrede 'n kunswerk maak.
Gert Vlok Nel kom naby daaraan.
Cohen en Gert Vlok Nel behoort aan die "prewel" genre
wat ook onder andere beroemde sangers soos Yves Montand
insluit.

Gloudina

-----Ek het glad g'n pyn daarmee of 'n ou deur sy kringspier kan sing en dit
aanvaarbaar laat klink vir ander mense nie, MAAR as jy dit doen, kwalifiseer
dit jou nie skielik as iemand wat ander sangers kan kritiseer nie! Sang is
'n uitvoerende kuns wat beoordeel word op die klank wat die ou wat sing
voortbring....of dit aangenaam op die oor van die luisteraar is, of nie.
Praat-sang is in my opinie iets anders waar dit nie gaan oor die klank
van die persoon se stem nie, dit gaan oor die voordrag van die geskrewe
woord en die boodskap wat dit uitdra. Vir die sanger om vir die prater te
sê hy praat swak is net so voorbarig soos vir die prater om vir die sanger
te kritiseer.
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119078 is 'n antwoord op boodskap #119076] Vr, 27 Maart 2009 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> ------En jy vergeet van ou Marchand?   Verlang jy nooit na sy droë hitte,
> die wingerde, die rivier en sy lekker mense nie?

Daar was 'n tyd toe jy my uitgekoggel het omdat
ek van Marchand ( eintlik Perde-Eiland) af kom.
Vanwaar skielik die groot liefde vir daardie wêreld?
Natuurlik vergeet mens nooit die plek waar
jy gebore is nie. Ek vertel nog gereeld vir mense
hier in watter paradys ek gebore is. ( Niemand,
wat nie ondervinding van 'n besproeiingsskema
het, kan besef watter weelde van vrugte en groente
en landbouaktiwiteit jy mee omring is nie.)
Maar as jy solank as ek nou in 'n ander land
bly ( meer jare in Kanada as in SA) dan begin jy
ook ander liefdes opbou, met ander ritmes van
die natuur saamleef.

Gloudina
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119079 is 'n antwoord op boodskap #119078] Vr, 27 Maart 2009 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:d459e3b5-7790-469d-bd81-28516c06c330@m24g2000vbp.google groups.com...
"Suidwester" skryf:

> ------En jy vergeet van ou Marchand? Verlang jy nooit na sy droë hitte,
> die wingerde, die rivier en sy lekker mense nie?

Daar was 'n tyd toe jy my uitgekoggel het omdat
ek van Marchand ( eintlik Perde-Eiland) af kom.
Vanwaar skielik die groot liefde vir daardie wêreld?
Natuurlik vergeet mens nooit die plek waar
jy gebore is nie. Ek vertel nog gereeld vir mense
hier in watter paradys ek gebore is. ( Niemand,
wat nie ondervinding van 'n besproeiingsskema
het, kan besef watter weelde van vrugte en groente
en landbouaktiwiteit jy mee omring is nie.)
Maar as jy solank as ek nou in 'n ander land
bly ( meer jare in Kanada as in SA) dan begin jy
ook ander liefdes opbou, met ander ritmes van
die natuur saamleef.

Gloudina

-------Nie oor Marchand het ek jou gekoggel nie. Nooit oor daai deel van
die wêreld nie want eintlik hoort dit meer by Namibië as by Suid-Afrika.
Selle soort mense, selle soort van lewe. Dit wat die stedeling nooit, ooit
kan begryp nie: Die vryheid van ons land om te beweeg en te maak soos jy
wil sonder dat die miljoene ander jou vertrap nie. Augrabies en die
Richterveld is sekerlik die mooiste deel van Suider-Afrika....dis nou vir 'n
woestynhond soos ek! Maar die mense....die mense van alle kleure en geure
het nie die aanstellerigheid en vooropgestelde valsheid van die algemene
stedeling nie. Hier kan jy nog mens wees en nie net 'n nommer in 'n gat in
die stad nie.
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119080 is 'n antwoord op boodskap #119079] Vr, 27 Maart 2009 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

  Nooit oor daai deel van
> die wêreld nie want eintlik hoort dit meer by Namibië as by Suid-Afrika.
> Selle soort mense, selle soort van lewe.   Dit wat die stedeling nooit, ooit
> kan begryp nie:   Die vryheid van ons land om te beweeg en te maak soos jy
> wil sonder dat die miljoene ander jou vertrap nie.

Ja, as mens die bulte ingaan, sou jy seker meer
een voel met die Namibiese deel van die Afrika-
vasteland. Maar as jy op daardie eilande in die
Oranje bly, dan is dit 'n ander storie. Alleen die
mense wat op besproeiingsskemas bly, kan
waardeer watter ander soort kultuur jy in bly,
waar elke vierkante voet van die grond bebou
kan word. En waar die rivier 'n dominerende rol
in jou lewe speel. Waar die reënval in die middel
van die hele SA, vanaf die Drakensberge tot uit
die omtrek van die Vaalrivier, bepaal of die rivier
daardie jaar gevaarlik laag gaan wees of in vloed.
Dan moet jy ook nog reken met die feit
dat die NG Kerk daar in die middel van die half-
woestyn die "Kakamas Arbeids Kolonie" kom
stig het. Dis die naaste aan 'n Kommunistiese
soort set-up wat SA seker nog ooit gesien het.
Alleen die Kerkwinkels is toegelaat om goed te
verkoop. Alle drankverkope was onwettig. Niemand
mag meer as een erf besit nie. Die idee was om
vir almal gelyke kans te gee om gerieflik te lewe.
My pa kon sy rosyntjies alleen aan 'n Ko-op verkoop,
nie op die oop mark nie.
Tot die laat veertigerjare het alleen dominees
op die Kakamas Hoofkommissie gesit. Toe die boere
begin agiteer vir meer sê in die sake, toe stel hulle
twee boere aan wat nie teen die kerkkontrole geagiteer
het nie. ( Een van daardie boere was my pa.)
Ek voel tot vandag toe nog bitter oor die feit
dat die NG Kerk hierdie hele onderneming wit gehou
het, en die nie-blankes alleen as werkers op die lande
toegelaat het. Meeste van hulle het in kroeke gewoon
in die kaal haai bulte, waar daar geen lopende water
was nie. Water vir hulle gebruik moes hulle ver gaan
haal uit kanale in die area waar die witmense gebly
het.

Gloudina
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119083 is 'n antwoord op boodskap #119080] Sa, 28 Maart 2009 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:967a4560-ae6d-41d9-a689-5209c365e215@v12g2000vbb.google groups.com...
"Suidwester" skryf

Nooit oor daai deel van
> die wêreld nie want eintlik hoort dit meer by Namibië as by Suid-Afrika.
> Selle soort mense, selle soort van lewe. Dit wat die stedeling nooit, ooit
> kan begryp nie: Die vryheid van ons land om te beweeg en te maak soos jy
> wil sonder dat die miljoene ander jou vertrap nie.

Ja, as mens die bulte ingaan, sou jy seker meer
een voel met die Namibiese deel van die Afrika-
vasteland. Maar as jy op daardie eilande in die
Oranje bly, dan is dit 'n ander storie. Alleen die
mense wat op besproeiingsskemas bly, kan
waardeer watter ander soort kultuur jy in bly,
waar elke vierkante voet van die grond bebou
kan word. En waar die rivier 'n dominerende rol
in jou lewe speel. Waar die reënval in die middel
van die hele SA, vanaf die Drakensberge tot uit
die omtrek van die Vaalrivier, bepaal of die rivier
daardie jaar gevaarlik laag gaan wees of in vloed.

-------Ek het nie eintlik die landskap bedoel nie, eerder die mense manier
van leef en die algemene benadering tot die lewe. Met eenvoud, maar
opregdheid en met waardering vir dit in die lewe wat belangrik is. As mens
dieper na die ding kyk, is dit mense wat aan die elemente oorgelaat is vir
sy bestaan en daarom niks as regte te sien nie, maar voorregte. Elke
druppel reën, elke grassie bring blydskap. Oorvloed stomp die sinne
af......

Dan moet jy ook nog reken met die feit
dat die NG Kerk daar in die middel van die half-
woestyn die "Kakamas Arbeids Kolonie" kom
stig het. Dis die naaste aan 'n Kommunistiese
soort set-up wat SA seker nog ooit gesien het.
Alleen die Kerkwinkels is toegelaat om goed te
verkoop. Alle drankverkope was onwettig. Niemand
mag meer as een erf besit nie. Die idee was om
vir almal gelyke kans te gee om gerieflik te lewe.
My pa kon sy rosyntjies alleen aan 'n Ko-op verkoop,
nie op die oop mark nie.

-------Wat jy beskryf is tipies wat jy moet doen as jy 'n arm gemeenskap wil
kry om vir homself aan die werk te kom en 'n eie bestaan te maak. Daarvoor
het jy dissipline en organisasie nodig. Ongelukkig kos hierdie funksies
ook geld. Ek sê lankal die kommunistiese bestel as leefwyse is so perfek
dat dit eintlik onprakties is. En dit word oor en oor bewys. 'n Klomp
arm mense maak hulleself bymekaar en vorm 'n groep en begin saamwerk....en
alles werk en elke ou maak sy bestaan. Tot op 'n dag wat die sukses daar
is en van die manne begin rondkyk en vergelykings met sy maters begin tref.
Waar hy voorheen doodgelukkig sou wees om net drie etes elke dag vir sy
familie op die tafel te sien, nou is sy maag vol en sien hy sy buurman se TV
raak en wil hy by homself weet wat die ou doen om 'n TV te kan bekostig?
Dalk is die ou die een wat in die kantoor werk. Nou vra die ou met die
land hom skielik die vraag af, hoekom kan die klerk in die kantoor 'n TV
bekostig en hy, die man wat die druiwe plant en rosyntjies produseer, kan
nie 'n TV bekostig nie? Hierdie ou sit en 'niks' doen in die kantoor en
verdien dan geld uit sy sweet uit! Nou-nou is hy kwaad en praat hy rond
onder sy pelle en is almal gou-gou die moer in. Waar almal aan die begin
tevrede was met die stelsel, begin persoonlike ambisie nou inwerk en val die
hele skema uitmekaar.
Tot die laat veertigerjare het alleen dominees
op die Kakamas Hoofkommissie gesit. Toe die boere
begin agiteer vir meer sê in die sake, toe stel hulle
twee boere aan wat nie teen die kerkkontrole geagiteer
het nie. ( Een van daardie boere was my pa.)
--------Die dominies was seker maar soos die direkteure van 'n firma? Die
skema was hulle inisiatief, dan nie?

Ek voel tot vandag toe nog bitter oor die feit
dat die NG Kerk hierdie hele onderneming wit gehou
het, en die nie-blankes alleen as werkers op die lande
toegelaat het.
-------Hoekom? Vergeet die politiese siening, vertel vir my hoekom was dit
vir jou belangrik dat die bruin werkers deel moes word van daai gemeenskap?
Na 18 jaar se onafhanklikheid in ons land, bly soort by soort steeds in ons
land...totaal ongedwonge. Elke mens het sy voorkeure wat hy die reg voor
het om uit te oefen. Die bruin mense se manier van alledaagse lewe het nie
so lekker aangepas by die plotbewoners nie. En hulle sou self nie plotte
kon bekostig nie, want hoekom het hulle voortgegaan om in krotte te bly?
Die boere op die plotte het gewerk om hulleself te verbeter en hulle eie
lewens te verbeter. Hulle het nie die werkers gedwing om by hulle te werk
nie. Hulle het die werkers betaal en as hulle ontevrede was met die
betaling, dan kon hulle mos geloop het? Tog het meeste van hulle in die
krotte aangebly? Hoekom het hulle nie hulle eie geld gebruik om vir hulle
beter huise te bou nie? Hoekom is daar altyd een deel van die bevolking
waarvoor behuising geskenk moet word en die ander moet dit self voor sorg?
Dis mos nie regverdig nie?

Meeste van hulle het in kroeke gewoon
in die kaal haai bulte, waar daar geen lopende water
was nie. Water vir hulle gebruik moes hulle ver gaan
haal uit kanale in die area waar die witmense gebly
het.
-------Ek vra weereens, hulle kon enige dag gewaai het as hulle wou? By
ander plekke werk gaan soek? Maar daar was nie ander werk nie!
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119087 is 'n antwoord op boodskap #119067] So, 29 Maart 2009 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 26, 12:23 pm, "Suidwester" wrote:
> Nie gedink ek's nog hier nie?   gelees van die kak wat Koos Kebuis kwytraak
> oor Afrikaanse musiek in Rapport?  Praat van Rina Hugo en Manuel Escorsio
> onder andere wat skreeu soos katte en maer varke.   Nou wonder ek net of
> hierdie ou dik gesig met sy prewelende lippe-manier van praat, ooit daaraan
> gedink het dat hyself ook nie eintlik kan sing nie?   Dat hy deel is van die
> swak standaard van Afrikaanse musiek?   Dat dit sy generasie is wat begin
> het met hierdie 'brom vir musiek is aanvaarbaar'.   Beide Hugo en Escorsio
> is opgeleide musikante...beide het hulle meestersgrade verwerf as ek die
> ding reg het.   Rina het tot in die VSA gaan studeer......en hier kom 'n
> prewelende dik man en hy reken hy het die reg om kritiek uit te spreek op
> iets wat hyslef duidelik nog nie onder die knie het nie?

Haai Suidwester - Koos is eintlik 'n digter. En ek verstaan sy
standpunt omdat dit met myne ooreenstem .... ; -) Hy het dit nie net
klein oor Rina en Ko. nie. Dit gaan oor die gebaksel - sokkie, bokkie,
lokkie ens. klomp. Goedkoop snert, snert vir die gepeupel.

Nee wat KK is 'n goue oue. Ek het dit nie eintlik teen Rina of
Escorsio (as dit is hoe mens dit spel nie) - maar die feit dat dit
baie na Min Shwa, Ge Korsten-musiek klink is genoeg om my
onttrekkingsimptone te gee.

In elk geval, ek maak net 'n vinnige draai om te sien wie nog vasbyt
aan die kant van die draad.

Ons moet nou eintlik gesels oor ons gesalfde president - 'n walglap
van formaat. En as ons (Afrikaners) nie sterk gaan standpunt inneem
nie staan ons self skuldig. (Dit komkommer my dat Solidariteit so ewe
hand om die blaas met die ou staan - ons moet nie die foute van die
verlede herhaal nie.)
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119088 is 'n antwoord op boodskap #119075] So, 29 Maart 2009 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 26, 5:16 pm, Hessie wrote:
>  "Suidwester" skryf
>
>> Hehe!   En hier dog ek hulle't die antie al op Marchand gaan plant daar
>> tussen die wingerdstokke
>
>         Nee jong, ek sit maar nog hier op die walle van
>         die Ottawa rivier wat nou besig is om te ontvries.
>         Daar is nog ys langs die kante en in die baaitjies,
>         maar die grootste deel van die Ottawa rivier vloei
>         nou weer. Weg is die ysvis hutjies waar hulle nog
>         minder as 'n maand gelede deur gate in die ys
>         gevis het.  Oor 'n paar weke hoop ons om krokusse
>         en daffodils langs die paaie te sien.
>                Die Noord-Amerikaanse vasteland gaan altyd
>         deur 'n dramatiese tyd hierdie tyd van die jaar, wanneer
>         die sneeu en die ys begin smelt. In die middel van die
>         vasteland, beide in die VSA en Kanada, vloei die Red
>         River noordwaarts van Suid Dakota in Manitoba in.
>         Elke jaar is daar vloede in die laer liggende dele,
>         sommige jare erger as ander. Hierdie jaar gaan glo
>         een van die ergstes wees. Hulle berei hulleself al
>         voor in Fargo, North Dakota met miljoene der
>         miljoene sandsakke. Later staan plase en plase
>         onder die water naby Winnipeg.
>                 Gloudina

Anti - ek's onder die indruk dat Kanada een van die min lande is wat
groot voordeel gaan trek uit aardverwarming. (Of is ek verkeerd?)
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119095 is 'n antwoord op boodskap #119087] So, 29 Maart 2009 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 29 Mar 2009 05:00:52 -0700 (PDT), Jonas

> Haai Suidwester - Koos is eintlik 'n digter.

Hy's simpel Jonas. Eenvoudig en behoort weggejaag te word soos die CD
smous (kan nie sy naam onthou nie) weggejaag is deur Tim Du Plessis.

http://jv.news24.com/Beeld/Vermaak/Nuus/0,,3-2109-2110_24911 54,00.html

http://teo.co.za/artikel/articles/137/1/Koos-Kombuis--2008-- The-Complete-Secret-Diaries-of-God--Kaapstad-Human-en-Rousse au/Bladsy1.html

http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=15335

http://teo.co.za/artikel/articles/136/1/Fakulteitsopening-Ko os-Kombuis/Bladsy1.html
Re: Koos Kombuis se twak [boodskap #119102 is 'n antwoord op boodskap #119088] So, 29 Maart 2009 21:22 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Anti - ek's onder die indruk dat Kanada een van die min lande is wat
> groot voordeel gaan trek uit aardverwarming. (Of is ek verkeerd)

Mens hoor so nou en dan watse "goed" gaan kom
as die aarde verwarm. Maar dit affekteer gewoonlik
net die suidelike dele. In die noorde, waar die geboue
al begin insink in die permafrost wat half ontvries is,
is dit noual 'n katastrofe.

Gloudina
Vorige onderwerp: SA en die Dalai Lama
Volgende onderwerp: Obama
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 00:11:29 MGT 2024