Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » o.. hier's weer lewe:-)
o.. hier's weer lewe:-) [boodskap #119084] Sa, 28 Maart 2009 10:37
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
So, dit blyk asof die nuusgroep effe in die somerslaap begin rondrol.
Seker maar net so van die een sy na die ander sy om dan verder te
slaap.

Hier is 'n storie wat julle taxihaters sal geniet.

Gisteroggend om 11uur stap ek ek met 'n hoek oor 'n straat. Met 'n
hoek wat beteken dat ek die aankomende verkeer kon sien. Toe ek byna
oor die straat is, sien ek 'n vrou na my kyk met skok wat haar gesig
heeltemal skeef trek. En sy was gevries, kon nie beweeg terwyl sy na
my staar.

En ek wonder wat dit sou beteken. Waarom sy haar gesig so snaaks trek.
Toe tref 'n kollos my vol van agter. Van my bobene tot my blaaie en
kop. En natuurlik tref ek toe die teer. My donkerbril het heel gebly.
Nie my knieë en hande nie.

Julle bars as julle nou lag. Dit is nie die deel wat ek bedoel het
julle sal geniet nie.

Toe ek van die teer af opstaan met stukkende knieë het ek byna binne
in die taxi geklim terwyl ek die swarte agter die stuurwiel gevloek
het. Hy het, toe hy by die robot stilhou, gesien dat daar 'n
potensiële passasier sowat 70 of 100 meter terug, staan. Wat hom toe
laat reverse. En ek wat doodluiters stap met geen aankomende verkeer
van voor nie, word toe vol van agter getref.

So met die skree saam, het ek hom vertel hy beweeg nie daarvandaan
nie, want ek gaan die polisie laat haal. Die pasasier het ingeklim en
hy het weggery.

Twee kleurlinge stap toe na my en een sê vir my dat hy die taxi met sy
selfoonkammera afgeneem het. En hy gee die registarsienommer vir my.
Die ander een sê vir my wat sy naam en telefoonnommer is, want hy het
alles gesien gebeur. En 'n swartman hou langs my stil en vra dat ek
asseblief in sy kar klim sodat hy my polisiestasie toe kan neem om 'n
klag te lê.
En ek word deur meer mense gevra om 'asseblief' 'n 'tref en trap' klag
in te dien.

Hier kom nou die deel waaroor gesmile kan word. Ek was slegs sowat
twee, nie drie nie maar twee minute in die polisiestasie, toe twee
metropolisiemanne met die taxidrywer daar instap, en vir my sê "here
he is." Dus het iemand anders hulle geskakel nog voor ek daar was,
want dit was vinnig. Hy het so rukkie daar gesit en verlaring aflê,
toe 'n polisieman hom na agter neem.

So rukkie later was die poeliesman terug en sê toe vir jy 'Sir, he is
behind bars."

Dit is so dat ek een van hulle vir 'n ruk van die pad af het, maar hy
is onmiddelik vervang deur 'n ander.
Vorige onderwerp: Re: Tibet "hell op aarde" ; Video!
Volgende onderwerp: verouderd en smaak verbeter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 04:56:38 MGT 2024