Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taxi episode
Taxi episode [boodskap #118986] Wo, 25 Februarie 2009 09:36 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hier het ons dit weer - 'n Wit meisie word sonder seremonie deur 'n swart
taxi bestuurder dood gery, en word nie summier gearresteer nie. Maar behoed
jou siel as jy nou 'n wit ou was wat 'n swart kind dood gery het.

Ek wens die Metro Polisie wil net ophou bestaan, want hulle beteken absoluut
fokol. Jy sien hulle op die highway so drie ouens op 'n slag by 'n afrit
staan. Hoekom is dit nodig dat daar drie ouens staan.

Weet julle watter skrikbewind die taxi bestuurders in Midrand saai. Daar is
dit nie die bekende Toyota en VW bussies nie. Om een of ander rede is dit
die Toyota Venture wat voorkeur geniet. Is daar 'n metro doos in sig - NEE.

Hierdie land mense is in sy moer in - En die tyd is vinnig besig om aan te
breek dat mense die wet in eie hande gaan begin neem. Ek bid elke dag dat so
iets nooit met my kinders sal gebeur nie, want ek sal in dieselfde week ook
die Rapport se voorblad haal as die rassistiese wit pa wat die bestuurder
net daar waar hy hom gekry het dood gemoer het.
Re: Taxi episode [boodskap #118988 is 'n antwoord op boodskap #118986] Wo, 25 Februarie 2009 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan het tot sy skok agetrgekom:
>
> Hierdie land mense is in sy moer in -

Wel, as ons paar wat nog hier is moet stem oor jou stelling soos bo
het Jottie, Jan Daniël, en Gloudina wat almal reeds
vir die swart gevaar gevlug het, geen stemreg meer nie.
Tensy die konstusionele hof anders gaan besluit.

Dus, is dit net Ferdi, jy en ek wat stemreg het op die nuusgroep.
Buitelanders mag volgens die anc nie stem nie.

Jou stelling is dus onbestrede.
Re: Taxi episode [boodskap #118989 is 'n antwoord op boodskap #118988] Wo, 25 Februarie 2009 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ironies soos wat dit mag klink, oorweeg ek dit sterk om terug te keer. Maar
na wat, vra ek as 52jarige blanke man?

Jan van Perth

"Dave" skryf in boodskap news:e9baq41pabn9906d1liisjs9pin5rt6ij8@4ax.com...
>
> "Riaan het tot sy skok agetrgekom:


>> Hierdie land mense is in sy moer in -
>
> Wel, as ons paar wat nog hier is moet stem oor jou stelling soos bo
> het Jottie, Jan Daniël, en Gloudina wat almal reeds
> vir die swart gevaar gevlug het, geen stemreg meer nie.
> Tensy die konstusionele hof anders gaan besluit.
>
> Dus, is dit net Ferdi, jy en ek wat stemreg het op die nuusgroep.
> Buitelanders mag volgens die anc nie stem nie.
>
> Jou stelling is dus onbestrede.
>
Re: Taxi episode [boodskap #118994 is 'n antwoord op boodskap #118989] Wo, 25 Februarie 2009 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 2009 20:55:27 +0900, "Daniel le Roux"
wrote:

> Ironies soos wat dit mag klink, oorweeg ek dit sterk om terug te keer. Maar
> na wat, vra ek as 52jarige blanke man?
>
> Jan van Perth

'n Goeie rugbyspan en 'n al beter wordende (hopelik...) krieketspan?

Alles is nie doom nie. Die ANC is - na my beskeie mening - in 'n
pretty bad place met Jacob Zuma. Hulle is ingelock in support vir hom
wat maak dat hulle die aansienlike foute in en on hom wegskreeu.

Maar aan die plus-kant het Zuma al gese hy soek net een termyn. Nou,
mag verander mense en wie weet wat dink hy in jaar 4, maar aan die
ander kant soek hy dalk net daai BMW's en die erkenning eerder as mag
om actually te regeer.
Dan kyk mens bietjie wyer om hom en sien dat die ANC om hom (SAKP en
Cosatu saam aan die voorpunt!) 1. Manto gefire het en 'n no nonsense
Barbara Hogan asgesondheidsminister aangestel het. Eerste goed wat sy
gedoen het, was om die Vigs-probleem en vrot hospitale te erken en te
se dit gaan getackle word.
2. Het 'n minister van sekuriteit aangestel wat die misdaad-probleem
erken het en dit begin tackle het. En wat baie belowend LYK is dat hy
nie statistiek predik nie, maar eerder tawwe optrede teen werklike
kriminele. Ons lees dus al hoe minder van goed dit eintlik gaan en al
hoe meer van misdadigers wat geskiet is.

Die twee mense se aanstelling en die nuwe manier van doen is
waarskynlik regstreeks in reaksie op Thabo Mbeki se vrot bestuur en sy
twee uiters swak ministers in die portefeuljes.

So, who knows, miskien ky ons ook nog 'n paar positiewe surprises. Dis
nou as ons die sokker-wereldbeker kan deurgaan sonder ernstige
insidenter. Nie in die stadions nie. Dit gaan so veilig soos enige
ander plek wees, maar NA en VOOR die games weg van die stadions.
Re: Taxi episode [boodskap #118995 is 'n antwoord op boodskap #118989] Wo, 25 Februarie 2009 17:33 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" sê/vra:

> Ironies soos wat dit mag klink, oorweeg ek dit sterk om terug te keer. Maar
> na wat, vra ek as 52jarige blanke man?
>
> Jan van Perth
>

Ironies soos dit mag klink, is daar op die oog af voordele met die
terugkom wat nadele is met die soontoe gaan.

Die (beslis enigste) voordeel is die geldwaarde wat in jou voordeel
is, en wat dit voordeliger maak om Rande met Aus dollars te koop
as andersom.

Ek het dit ernstig ernstig oorweeg om te move. Brisbane was die plek
wat ek sterk oorweeg het, en gesê het dat, as dit Aus sou wees, sou
dit die plek wees wat ek as 'n moontlikheid beskou het.

Maar toe kyk ek wat ek hier het. Ek is deel van die middelstand.
Nie eens besondere hoge middelstand nie, maar straight middel
middelstand. Maar ek sorg vir myself. Ek is onafhanklik, en ek het
nooit iets geérf nie. Vir dit wat ek het, het ek groot genoeg genade
ontvang om daarvoor te kon werk.

Toe deel ek met 'n forum in Aus, spoor eiendomsadvertensies daar op,
en vergelyk die SA Rand met die AU$. En ek weet dat dit nie noodwendig
'n goeie ruil sou wees nie. Ek woon hier in 'n veiligheidskompleks. Ek
klim in die oggende op my kayak en gaan roei... en is vry.

En het werklik nie rede om die finansiële oorweging nie die grootste
oorweging te maak nie.

Wat jou aanbetref *behoort dit andersom te werk. Maaaaar... as jy
gevestig is daar, en 'n beroep beoefen, moet jy baie moooi dink.
As jy hierheen kom sal jy dit bes moontlik as entrepeneur moet doen.

In die woonstel bo my woon 'n omie wat pensioen uit Zim ontvang.
En uit Skotland. Ek moet hom eendag vra hoeveel sy Zim pensioen
verhoudingsgewyse werd is. Dit behoort voordelig te wees om 'n
pensioen uit Aus te kan ontvang:-)
Vorige onderwerp: Beeld Brief
Volgende onderwerp: Taxi driver slapped and spat at me - granny
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:55:55 MGT 2024