Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Pa waak voor sy dogter se sel
Pa waak voor sy dogter se sel [boodskap #118694] So, 08 Februarie 2009 15:06
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
07/02/2009 21:36 - (SA)
Pa waak voor sy dogter se sel
Julian Jansen

Mnr. Gideon Theron en sy dogter Tonia voor die
Bellville-polisiekantoor. (Foto: Lizané Louw)


Kaapstad

'n Pa het vier uur lank voor sy dogter se seldeur in die polisieselle
in Bellville gewaak uit vrees dat sy deur aangehoudenes aangerand
word.

Sy is opgesluit nadat sy in 'n polisievoertuig vasgery het.

Selfs 'n dokter het, nadat hy haar ondersoek het, teenoor die polisie
aangedui dat sy nugter was, maar hulle het haar toegesluit sodat sy
"haar roes kan afslaap".

Mnr. Gideon Theron, 'n sakeman van Welgemoed, is hoogs ontstoke oor
die behandeling wat sy dogter me. Tonia Theron van polisiebeamptes
gekry het.

Maar, sę Tonia, 'n finan?siële bestuurder, sy was beslis nie dronk
nie. "Selfs die dokter wat my ná die ongeluk in die Karl
Bremer-hospitaal ondersoek het, het in sy verslag aan die polisie
geskryf ek was nie dronk nie.

"My tyd in die polisieselle was een lang skrikwekkende ervaring. Ek
was bang dat van die vroue my sal aanval en het nie 'n oog toegemaak
nie."

Haar pa oorweeg 'n siviele eis teen die polisie.

Tonia vertel dat sy en haar suster Anine (19) die kruising van
Durbanweg en Bill Bezuidenhoutlaan in Bellville in haar swart Honda
Civic genader het.

'n Polisievoertuig wat langs hulle gery het, het by die verkeersligte
voor haar motor ingeswaai en sy moes noodgedwonge skerp na regs draai.
Die motor het toe op die nat pad gegly en teen 'n verkeerslig tot
stilstand gekom.

"Die ongeluk is hoofsaaklik deur die roekelose bestuur van die
polisiebeampte veroorsaak."

Die dokter het 'n bloedmonster geneem en die uitslag daarvan word
later verwag.

Volgens haar pa "het die dokter die polisiemanne berispe omdat hulle
sy tyd gemors het, omdat Tonia nie dronk was nie.

"Tog is Tonia aangekla van roekelose bestuur en ook dat sy onder die
invloed van drank bestuur het.

"Tonia is deur 'n polisieman gedwing om 'n verklaring te gee en te
onderteken. Hy het ook snedige opmerkings gemaak toe sy in haar
huistaal, wat Afrikaans is, wou praat. Vir my is dit totaal
onaanvaarbaar.

"Ek het die stasiebevelvoerder gevra om my dogter vry te laat, maar my
pleidooi is begroet met arrogansie en vyandige gedrag. Ek was bang ek
word ook in hegtenis geneem omdat ek so gepleit het. Ek het toe 'n
vriend en eertydse direkteur in die polisie gebel om te help. Tonia is
toe in die selle toegesluit."

Theron het vanaf tienuur die aand tot ongeveer halfdrie die oggend
voor sy dogter se sel gestaan, omdat hy "gevrees het sy word deur haar
mede-aangehoudenes leed aangedoen. Ek moes ook die vyandigheid van die
polisiebeamptes verduur".

Sy dogter is die oggend om drie-uur vrygelaat nadat sy borgtog van
R500 betaal het. Sy het die oggend in die hof verskyn.

Volgens Theron "moes die aanklaer in die dossier gesien het dat die
dokter meld dat Tonia nié dronk was nie".

Theron het ook klagtes oor die voorval aan die nasionale
polisieminister gestuur.

Die onafhanklike klagte-direktoraat (OKD) het reeds met Tonia oor die
voorval gepraat. Sy verskyn op 13 Maart in die Bellvillese hof.


http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_246607 5,00.html

Vorige onderwerp: Polisie jaag in paartjie vas
Volgende onderwerp: Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:53:06 MGT 2024