Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Uit Beeld - Die Higgs Boson
Uit Beeld - Die Higgs Boson [boodskap #118370] Sa, 20 September 2008 14:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie’s dié Higgs-vent? En hoekom soek die wêreld so na hom?
Sep 12 2008 06:03:08:513PM - (SA)


Die groot Hadron-masjien by die Europese sentrum vir kernnavorsing
(Cern) in Switserland is aangeskakel en gaan binne die volgende weke
sub-atomiese deeltjies teen amper die spoed van lig teen mekaar laat
bots, onder meer in die verwagting dat die Higgs boson-deeltjie in die
botsings as’t ware losgeskud en dus waargeneem kan word.

Die Higgs boson-deeltjie (ook bekend as die God-deeltjie) is die
hedendaagse heilige graal van die fisika. Dit bestaan in teorie en is
nog nooit waargeneem nie. Fisici reken dit is dalk die deeltjie wat
massa aan materie gee. As dit waargeneem kan word, sal groot dele van
hedendaagse teorieë oor die aard van materie reg bewys word.

Die “Higgs-”gedeelte van die deeltjie se naam is genoem na die Britse
wetenskaplike Peter Higgs wat in 1964 met die idee vorendag gekom het
dat daar so iets moet bestaan.

Die “boson-”gedeelte van die naam verwys na die soort deeltjie wat die
Higgs is. Bosons is deeltjies wat reageer in pas met die Bose-Einstein-
statistieke en die “Bose” hierin verwys na die Indiese wiskundige
Satyendra Nath Bose wat in 1922 pionierswerk op dié gebied gedoen
het.

Volgens die Britse koerant The Telegraph het die Britse wetenskaplike
Stephen Hawking gesê die Hadron-masjien by Cern is saam met die wêreld
se onderskeie ruimte-programme uiters belangrik vir die menslike ras.
“Saam kos hulle minder as een tiende van ’n persentasie van die wêreld
se produksie. As die menslike ras dit nie kan bekostig nie, dan
verdien hy nie die beskrywing ‘menslik’ nie,” het Hawking aan die BBC
gesê.

Maar Hawking sê hy het reeds $100 (sowat R818) gewed dat die Higgs-
partikel nie deur die Hadron-masjien waargeneem sal word nie.

Hawking sê die Hadron-masjien (LHC of Large Hadron Collider) “sal die
energievlakke waaronder ons deeltjie-interaksie bestudeer met ’n
faktor van vier vergroot. Volgens huidige idees sal dit genoeg wees om
die Higgs raak te sien, maar ek dink dit sal baie meer opwindend wees
as ons dit nie raaksien nie. Dit sal wys iets is verkeerd en ons moet
weer begin dink.”

Die Franse astro-fisikus, Hubert Reeves, reken egter die LHC gaan tot
ontdekkings lei wat fisika vir altyd gaan verander.

Hawking meen egter die masjien sal daartoe lei dat super-eweknieë vir
bekende deeltjies gevind word, sogenaamde “supersimmetriese vennote”.
“Hulle sal die string-teorie bevestig en hulle kan die swart materie
opmaak wat volgens teorie sterrestelsels bymekaar hou,” het Hawking
volgens Sapa-AFP gesê.
Re: Uit Beeld - Die Higgs Boson [boodskap #118375 is 'n antwoord op boodskap #118370] Ma, 22 September 2008 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hessie skryf

> Die Higgs boson-deeltjie (ook bekend as die God-deeltjie) is die
> hedendaagse heilige graal van die fisika. Dit bestaan in teorie en is
> nog nooit waargeneem nie. Fisici reken dit is dalk die deeltjie wat
> massa aan materie gee. As dit waargeneem kan word, sal groot dele van
> hedendaagse teorieë oor die aard van materie reg bewys word.

Ek neem aan die VERMEENDE Higgs-boson deeltjie die
"god-deeltjie" genoem word omdat hedendaagse sogenaamde
Christelike wetenskaplikes die big-bang teorie van die oorsprong
van die heelal aangegryp het as werklikheid, liewer as teorie.
Ek is nog my lewe lank geirriteer deur hierdie gepraat oor die
big bang teorie, wat in my leeftyd opgetower is en nou as
werklikheid verkoop word deur elke Jan Rap en sy maat, liewer
as om te onthou dat dit bloot 'n teorie is. Maar ek nog altyd
gewonder of hierdie gut reaction van my geregverdig is. Nou
is ek baie verlig om te sien dat Neil Turok en Princeton se
Steinhardt net so geirriteer was "by the discrepancies in
the Big Bang theory that they started casting around for
alternatives." In hulle boek "Endless Universe" kritiseer
hulle die Big Bang se "inflationary model" en praat hulle
van hulle eie teorie, wat eintlik lyk na die ou Indiese teorie
van die "inbreathing and outbreathing of Brahma".
Neil Turok is natuurlik oorspronklik van Cambridge,
maar is nou die hoof van die Perimeter Institute in
Waterloo, Ontario. Hy is van SA en sy African Institute
for Mathematical Studies in Kaapstad sal hopelik in
tandem met sy werk by Waterloo bestuur kan word.
Die Perimeter Institute word gefinansieer deur die
honderd en vyftig miljoen dollar skenking van die
uitvinder van die blackberry.

Gloudina
Re: Uit Beeld - Die Higgs Boson [boodskap #118376 is 'n antwoord op boodskap #118370] Ma, 22 September 2008 20:01 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bosons is deeltjies wat reageer in pas met die Bose-Einstein-
> statistieke

> Hawking sê ... Volgens huidige idees sal dit genoeg wees om
> die Higgs raak te sien, maar ek dink dit sal baie meer opwindend wees
> as ons dit nie raaksien nie.

Ek wonder of Stephen Hawking noual begin wonder
of die Big Bang en die black hole stories ook maar
net teorieë is wat hulle in die verlede opgetower het
en nou weer soos warm patat kan laat los.
Ek was grootliks verbaas toe ek nou die dag
'n lesing bywoon van 'n negentigjare wiskundige
wat bieg dat hy sy hele akademiese lewe lank
dit moes wegsteek dat hy nie honderd persent
in al die teorieë van Einstein geglo het nie. Want
Alfred North Whitehead het 'n hele klomp dinge
in die kosmologie verklaar sonder om gebruik
te maak van Einstein se relatiwiteitsteorieë.
Maar Einstein se teorieë is soveel as gospel
verklaar in die afgelope eeu, dat mens jou werk
in wiskunde departemente kon verloor as jy
nie die wereld volgens Einstein verkondig nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: So wie is Raymond Suttner?
Volgende onderwerp: "Oë van 'n moordenaar"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:53:23 MGT 2024