Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit Beeld
Uit Beeld [boodskap #118109] Di, 08 Julie 2008 11:30
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het SA nóú onafhanklike regbank? Nie voorheen!
Jul 07 2008 04:51:47:413PM - (SA)

ohn Horak, Hatfield

Beeld se hoofartikel (“Regbank”, 7 Julie) praat van die
“onafhanklikheid van die regbank”. Die vraag is: Wás ons regbank al
onafhanklik?

In 1985 was ek voorsitter van ’n stratkom-subkomitee in die
Staatsveiligheidsraad se sekretariaat.

Daar was baie beperkings op koerante. Veral die Argus-groep (vandag
Independent Newspapers) het dié regulasies bly betwis.

Die groep bring verskeie aansoeke voor die Natalse regbank omdat
regter John Didcott daar telkens die regulasies ongeldig verklaar.

Mnr. P.W. Botha se regering raak gefrustreerd met die “liberale
Didcott” en mnr. Kobie Coetsee, die minister van justisie, roep ’n
vergadering in sy ampswoning byeen.

Ek verteenwoordig die nodale punt van die polisie se veiligheidstak en
my komitee.

Daar was twee advokate, een van Natal, die ander van Johannesburg.
Hulle is albei vandag gesiene regters in ons land.

Die vergadering beveel die Natalse advokaat om na regter Broome te
gaan, wat ’n paar dae later ’n soortgelyke aansoek in die Suidkus-
afdeling van die hooggeregshof sou aanhoor, om hom te vra om vir die
regulasies uitspraak te gee.

Regters Broome en Didcott sou dan teenstrydige uitsprake lewer in
dieselfde afdeling van die hooggeregshof. Die appèlhof in Bloemfontein
sou dan dringend moes besluit wie van die twee regters reg is. Dit sou
dan wet wees.

Coetsee het gesê hy sal verseker dat die “regte” uitspraak in
Bloemfontein gelewer word.

Alles het toe só uitgewerk. Soveel vir ’n onafhanklike regbank.
Vorige onderwerp: Julle leef nog!
Volgende onderwerp: Stilte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 17:58:17 MGT 2024