Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Gloudina so oop en toe
Gloudina so oop en toe [boodskap #117522] Di, 03 Junie 2008 11:46
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Beeld

DA sal hof toe oor wet wat 'alles' kan onteien

Jun 03 2008 08:10:20:523AM - (SA)

Philda Essop

Kaapstad. - Indien die regering deurdruk met die wetsontwerp op grondonteiening wat in sy huidige vorm "so blatant ongrondwetlik is", sal die DA dit tot in die konstitusionele hof beveg.

Met dié woorde het me. Helen Zille, DA-leier en burgemeester van Kaapstad,
gister die party se teenkanting teen die wetsontwerp versterk.

Openbare verhore oor dié voorgestelde wetgewing vind tans landwyd plaas.

Mnr. Sydney Opperman, DA-LP, boikot egter tans dié verhore omdat dit "op 'n
chaotiese en onprofessionele wyse gehou word".

Lokale en datums vir dié verhore is volgens die party nie behoorlik
geadverteer nie.

Dit beteken egter nie dat die DA hom aan die proses onttrek het nie, het
Zille gesê.

DA-verteenwoordigers wat in die gebiede woon waar die verhore plaasvind,
woon dit by.

Zille het gister op 'n mediakonferensie die wetsontwerp in sy huidige vorm
as 'n volskaalse aanslag op grondwetlike orde en die demokrasie bestempel.

Dit sal baie "donker en onbedoelde" gevolge vir die ekonomie in sy geheel
hê.

Die DA glo die wetsontwerp bedreig die sekerheid van eiendomsreg.

Volgens Zille is eiendomsreg een van die hoekstene van enige markekonomie,
indien dié sekerheid afwesig is, sal dit onmiddellike ekonomiese gevolge hê.

Sy het gewaarsku dat die wetsontwerp 'n era van skerp ekonomiese verval kan
inlui weens die uittog van beleggingskapitaal en vaardighede.

" 'n Eienskap van 'n suksesvolle ekonomie is dat dit sy vaardighede,
kapitaal en beleggings behou.

Enige wetgewing wat beleggers en vaardighede op die vlug laat slaan, raak
die armes die ergste," het Zille gesê.

Die voorgestelde wetgewing maak voorsiening vir die onteiening van eiendom
waar dit in die openbare belang en tot voordeel van die gemeenskap is.

Zille glo die wetsontwerp het baie min te doen met grondhervorming en omdat
dit roerende en onroerende eiendom insluit.

Eienaarskap kan om dié rede enigiets vanaf geld, aandele, motors en vaste
eiendom insluit, het sy gesê.

"Dit behoort elke Suid-Afrikaner regop te laat sit en almal behoort aandag
te skenk.

Dit maak alle vorm van eienaarskap kwesbaar vir onteiening, na die minister
se goeddunke."

Indien daar enige soort eiendom is wat nie aan onteiening onderhewig kan
wees nie, moet dit duidelik identifiseer word, het sy gesê. Op 'n vraag oor tot watter
mate die party die wetsontwerp sal teenstaan, het Zille gesê dat indien nodig,
sal die party dit in vennootskap met ander instellings en organisasies deur middel van die konstitusionele hof probeer stopsit.
Vorige onderwerp: Oppergesag van die reg
Volgende onderwerp: In SA moet selfs jou kar 'n tronk wees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:50:41 MGT 2024