Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons shithot weermag
Ons shithot weermag [boodskap #117507] Ma, 02 Junie 2008 09:34 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Baie gaan verander in leër, sê hoof
Jun 01 2008 06:16:14:993PM - (SA)

Erika Gibson

Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, gaan in die volgende jaar
wegdoen met van sy bevelvoerders omdat hy meen daar is te veel van
hulle.

Dié oormaat mense op topvlak beïnvloed die spoed van besluitneming.
Boonop wil hy 'n vereenvoudigde hoofkwartiereenheid hê.

Shoke het gister op 'n mediavoorligtingsessie gesê hy wou al "gister"
begin het met die hervormings, maar "baie dinge gaan nou verander".

Dieselfde geld die manier waarop dinge gedoen word. Volgens hom is,
nadat die "nuwe" weermag sedert 1994 tot stand gekom het, baie
besluite ter wille van transformasie geneem.

"Transformasie was nodig, maar dié besluite begin die doeltreffendheid
van ons operasies beïnvloed en dit moet verander," het hy in Thaba
Tshwane gesê.

Volgens hom is dit nog nie moontlik om die kwotastelsel, waarvolgens
bepaalde persentasiegroepe per ras in bevorderings en aanstellings
geld, af te skaf nie. "Dit gaan nog tyd neem om die speelveld gelyk te
maak.

"Dit gaan nie altyd geld nie."

Shoke is ook omgekrap oor die optrede van weermagvakbondlede in
onlangse voorvalle waar hulle volgens hom nié in pas met wat van 'n
soldaat verwag word, opgetree het nie.

Só was daar 'n hofbevel teen die verskuiwing van 21 SA
Infanteriebataljon by Lenz in Johannesburg nadat die SA Nasionale
Weermagunie die weermag hof toe gesleep het.

Shoke het ook dié vakbond se optrede nadat 'n korporaal in Kroonstad
sy bevelvoerder doodgeskiet het, veroordeel toe Shoke hom summier
ontslaan en die vakbond daaroor hof toe is.

"Ek is nie seker of die besluit om vakbonde in die weermag toe te
laat, die regte een was nie. Dit kan handuit ruk en anargie
veroorsaak.

"Miskien het dit tyd geword om eerder na alternatiewe te begin kyk
waar soldate hul griewe kan lug. Die feit is dat 'n soldaat wat sy
bevelvoerder skiet, nié in die weermag hoort nie.

"Ons wil nie hê die publiek moet sy vertroue in die weermag verloor as
hulle stakende soldate op straat sien nie. Ons móét daardie vertroue
behou."

Oor 'n onlangse hooggeregshofuitspraak teen die weermag se vigsbeleid,
waarvolgens MIV-positiewe aansoekers nié in die weermag aangestel word
nie, het hy gesê die besluit het "verreikende" gevolge vir die
weermag.

"Die hof het ongelukkig net na vigs gekyk en nie na die weermag se
beleid om niemand met 'n ernstige siekte aan te stel nie.

"Net soos 'n blinde persoon nie as 'n vlieënier aangestel kan word
omdat uitstekende sig nodig is om jou werk as vlieënier te doen nie,
kan ons nie sieklike mense aanstel as die aard van ons werk in ag
geneem word nie.

"Ons bly in die veld en bosse; ons werk in erge koue en hitte.

"Wat sou gebeur as ons iemand met 'n hartdefek aanstel en hy sterf as
hy 2,4 km hardloop? Wie is dán aanspreeklik?"

Die hof het die weermag ses maande gegee om sy vigsbeleid aan te pas.
Die geneesheer-generaal moet dié besluit in werking stel.
Re: Ons shithot weermag [boodskap #117510 is 'n antwoord op boodskap #117507] Ma, 02 Junie 2008 13:10 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens kan net lag oor dié stories, wat anders? Hier by ons in Namibië is
ons weermag oor die 60% op permanente AWOL en die een slag toe hulle kans op
aksie kry toe hulle gedag het daar kan moeilikheid op ons suidelike grens
kom van die AWB af destyds, toe het nie een van die voertuie wat in
Grootfontein gestart het, Windhoek eers gehaal op eie stoom nie! Ons dink
dis 'n bleddie skande, maar dan weer, vir die meerderheid is dit aanvaarbaar
en die meerderheid is baas!

"Ferdi" skryf in boodskap news:sjf744l1i66ng2l48l6hc81iofmpefhask@4ax.com...
> Baie gaan verander in leër, sê hoof
> Jun 01 2008 06:16:14:993PM - (SA)
>
> Erika Gibson
>
> Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, gaan in die volgende jaar
> wegdoen met van sy bevelvoerders omdat hy meen daar is te veel van
> hulle.
>
> Dié oormaat mense op topvlak beïnvloed die spoed van besluitneming.
> Boonop wil hy 'n vereenvoudigde hoofkwartiereenheid hê.
>
> Shoke het gister op 'n mediavoorligtingsessie gesê hy wou al "gister"
> begin het met die hervormings, maar "baie dinge gaan nou verander".
>
> Dieselfde geld die manier waarop dinge gedoen word. Volgens hom is,
> nadat die "nuwe" weermag sedert 1994 tot stand gekom het, baie
> besluite ter wille van transformasie geneem.
>
> "Transformasie was nodig, maar dié besluite begin die doeltreffendheid
> van ons operasies beïnvloed en dit moet verander," het hy in Thaba
> Tshwane gesê.
>
> Volgens hom is dit nog nie moontlik om die kwotastelsel, waarvolgens
> bepaalde persentasiegroepe per ras in bevorderings en aanstellings
> geld, af te skaf nie. "Dit gaan nog tyd neem om die speelveld gelyk te
> maak.
>
> "Dit gaan nie altyd geld nie."
>
> Shoke is ook omgekrap oor die optrede van weermagvakbondlede in
> onlangse voorvalle waar hulle volgens hom nié in pas met wat van 'n
> soldaat verwag word, opgetree het nie.
>
> Sê was daar 'n hofbevel teen die verskuiwing van 21 SA
> Infanteriebataljon by Lenz in Johannesburg nadat die SA Nasionale
> Weermagunie die weermag hof toe gesleep het.
>
> Shoke het ook dié vakbond se optrede nadat 'n korporaal in Kroonstad
> sy bevelvoerder doodgeskiet het, veroordeel toe Shoke hom summier
> ontslaan en die vakbond daaroor hof toe is.
>
> "Ek is nie seker of die besluit om vakbonde in die weermag toe te
> laat, die regte een was nie. Dit kan handuit ruk en anargie
> veroorsaak.
>
> "Miskien het dit tyd geword om eerder na alternatiewe te begin kyk
> waar soldate hul griewe kan lug. Die feit is dat 'n soldaat wat sy
> bevelvoerder skiet, nié in die weermag hoort nie.
>
> "Ons wil nie hê die publiek moet sy vertroue in die weermag verloor as
> hulle stakende soldate op straat sien nie. Ons móét daardie vertroue
> behou."
>
> Oor 'n onlangse hooggeregshofuitspraak teen die weermag se vigsbeleid,
> waarvolgens MIV-positiewe aansoekers nié in die weermag aangestel word
> nie, het hy gesê die besluit het "verreikende" gevolge vir die
> weermag.
>
> "Die hof het ongelukkig net na vigs gekyk en nie na die weermag se
> beleid om niemand met 'n ernstige siekte aan te stel nie.
>
> "Net soos 'n blinde persoon nie as 'n vlieënier aangestel kan word
> omdat uitstekende sig nodig is om jou werk as vlieënier te doen nie,
> kan ons nie sieklike mense aanstel as die aard van ons werk in ag
> geneem word nie.
>
> "Ons bly in die veld en bosse; ons werk in erge koue en hitte.
>
> "Wat sou gebeur as ons iemand met 'n hartdefek aanstel en hy sterf as
> hy 2,4 km hardloop? Wie is dán aanspreeklik?"
>
> Die hof het die weermag ses maande gegee om sy vigsbeleid aan te pas.
> Die geneesheer-generaal moet dié besluit in werking stel.
>
Vorige onderwerp: SêGoed van Mathews Phosa
Volgende onderwerp: Xenophobia vs Genocide
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:18:02 MGT 2024