Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit Litnet - Xenophobia-oplossings a la OZ
Uit Litnet - Xenophobia-oplossings a la OZ [boodskap #117500] Vr, 30 Mei 2008 18:24
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Xenophobia-oplossings ala OZ
Francois Williams

My Ozzie-vriend, Doug, wat klasgee hier in 'n Internasionale Skool, sê
die manier wat die OZ-regering sogenaamde vlugtelinge hanteer is baie
eenvoudig ...
Eerstens word almal deur die bank in kampe aangehou ... vir 'n baie
lang tyd ... dis nou om hul aan te moedig om gatvol te raak en dan
self terug te gaan ... As dit nie werk nie, dan word die meeste in elk
geval ge-re-patrieer. As daar wel diegene is met grondige redes vir
asiel dan word hulle uitgestuur na naburige eilande ... hy het bv die
eiland Nauru genoem. In ruil vir OZ finansiële bystand word hierdie
klein eilandjies dan ge-pressurize om die vlugtelinge te absorbeer ...
slinks né!

Miskien met die SA regering dan maar soos in OZ maak, en plekke soos
die VSA met sy Guantanamo bv ... en ons vlugtelinge dan eers aanhou,
sé maar op Robbeneiland ... dalk vir so 27 jaar lank ... as daar dan
nog nie genoeg mense is wat besluit het om terug te gaan nie, dan kan
die oorblywendes weldra aangestuur word na Marion-eiland toe of so ...
ek glo dit sal die truuk doen, want die wat dit oorleef - bygesê - sal
blitsig terugskuif Zim of waarnatoe ookal. Ek is seker die regering
kan selfs 'n paar Bybel-versies bygooi, net om alles te regverdig. Ek
meen, as die NP dit kon regkry met Apartheid dan kan die haas seker
weer uit die hoed geruk word ...
Vorige onderwerp: Arm witmense
Volgende onderwerp: SêGoed van Mathews Phosa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:27:12 MGT 2024