Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » en hulle BEWEER dìt is 'n koerant
en hulle BEWEER dìt is 'n koerant [boodskap #117396] Do, 22 Mei 2008 16:43 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'n BEWEERDE beeld Storie

Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – 'n Plaaslike man wat *GLO* herhaaldelik in
polisieselle verkrag is, moes sy werk weens emosionele trauma bedank
en lewer nou pizzas af vir geld.

Mnr. Nico Bouwer (25) het aan Beeld gesê sy lewe is verwoes ná die
beweerde voorval vroeër vanjaar.

Boonop is die polisieondersoek na die *BEWEERDE* voorval, bykans ses
maande nadat dit gebeur het, nog nie afgehandel nie.

Bouwer se gru-verhaal maak tans opslae nadat dit op die internet
verskyn het en per ketting-e-pos versprei word.

“Ek weet nie wie my storie op die internet gesit het nie, maar ek is
bly: nou kan al hoe meer mense die waarheid hoor.”

Bouwer het besluit om openlik te vertel wat met hom gebeur het om só
ander wat moontlik deur dieselfde nagmerrie is, te help.

Bouwer is ook besig met 'n siviele geding teen die polisie omdat hy
*BEWEER* polisielede het hom nie toegelaat om 'n oproep te maak nadat
hy in hegtenis geneem is nie.

.....
sny, want hier word 'n manier van eerste persoon taal gebruik
wat BEWERINGS nie nodig maak nie.
.....

Bouwer is ondanks die nagmerrie in Maart met Rose-Mary getroud. “Nou
lewer ek pizzas af om net kos op die tafel vir my vrou en seuntjie te
sit.”

*Volgens* Bouwer beloop sy mediese rekeninge derduisende rande. Hy het
gesê mense van Doebai het hom al gekontak nadat hulle die e-pos gesien
het.

Die e-pos voer aan dit is rassisme dat Bouwer *glo* verkrag is in die
selle en na *bewering nie deur die polisie gehelp is nie.

Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder in die stad, het gesê die
ondersoek na Bouwer se *bewerings* duur voort.

Die saak van roekelose en nalatige bestuur teen Bouwer is nog hangend.
Ramoshaba het gesê 'n klag van verkragting en sodomie wat Bouwer
aanhangig gemaak het, word ook nog ondersoek.
Re: en hulle BEWEER dìt is 'n koerant [boodskap #117397 is 'n antwoord op boodskap #117396] Do, 22 Mei 2008 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 18:43:49 +0200, Dave wrote:

>
> 'n BEWEERDE beeld Storie
>
> Marietie Louw-Carstens
>
> Polokwane (Pietersburg). – 'n Plaaslike man wat *GLO* herhaaldelik in
> polisieselle verkrag is, moes sy werk weens emosionele trauma bedank
> en lewer nou pizzas af vir geld.
>
> Mnr. Nico Bouwer (25) het aan Beeld gesê sy lewe is verwoes ná die
> beweerde voorval vroeër vanjaar.
>
> Boonop is die polisieondersoek na die *BEWEERDE* voorval, bykans ses
> maande nadat dit gebeur het, nog nie afgehandel nie.
>
> Bouwer se gru-verhaal maak tans opslae nadat dit op die internet
> verskyn het en per ketting-e-pos versprei word.
>
> “Ek weet nie wie my storie op die internet gesit het nie, maar ek is
> bly: nou kan al hoe meer mense die waarheid hoor.”
>
> Bouwer het besluit om openlik te vertel wat met hom gebeur het om só
> ander wat moontlik deur dieselfde nagmerrie is, te help.
>
> Bouwer is ook besig met 'n siviele geding teen die polisie omdat hy
> *BEWEER* polisielede het hom nie toegelaat om 'n oproep te maak nadat
> hy in hegtenis geneem is nie.
>
> .....
> sny, want hier word 'n manier van eerste persoon taal gebruik
> wat BEWERINGS nie nodig maak nie.
> .....
>
> Bouwer is ondanks die nagmerrie in Maart met Rose-Mary getroud. “Nou
> lewer ek pizzas af om net kos op die tafel vir my vrou en seuntjie te
> sit.”
>
> *Volgens* Bouwer beloop sy mediese rekeninge derduisende rande. Hy het
> gesê mense van Doebai het hom al gekontak nadat hulle die e-pos gesien
> het.
>
> Die e-pos voer aan dit is rassisme dat Bouwer *glo* verkrag is in die
> selle en na *bewering nie deur die polisie gehelp is nie.
>
> Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder in die stad, het gesê die
> ondersoek na Bouwer se *bewerings* duur voort.
>
> Die saak van roekelose en nalatige bestuur teen Bouwer is nog hangend.
> Ramoshaba het gesê 'n klag van verkragting en sodomie wat Bouwer
> aanhangig gemaak het, word ook nog ondersoek.

ek het nog nagelaat om (ten minste) een te merk ook.
Soek dit self:-)))
Re: en hulle BEWEER dìt is 'n koerant [boodskap #117411 is 'n antwoord op boodskap #117396] Vr, 23 Mei 2008 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Dave, get withit, swaer.
Daar is wette in die land wat geld en wat betrekking het op sekere
misdade ens.

Berigte soos die word aan prokureurs voorgelê sodat hulle aangepas kan
word (met die woorde wat jou so ontstel) om binne te reg te wees.

Anders word koerante hof toe gevat en uiteindelik toegemaak.

Dis onder meer dinge soos die volgende: As iemand se hy of sy is
verkrag en mens skryf hy of sy is verkrag en dit blyk daar was geen
verkragting nie, dan kan die beweerde verkragter die daglig uit jou
uit sue.
Re: en hulle BEWEER dìt is 'n koerant [boodskap #117414 is 'n antwoord op boodskap #117411] Vr, 23 Mei 2008 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 May 2008 15:08:23 +0200, Ferdi wrote:

>
> Dave, get withit, swaer.
> Daar is wette in die land wat geld en wat betrekking het op sekere
> misdade ens.
>
> Berigte soos die word aan prokureurs voorgelê sodat hulle aangepas kan
> word (met die woorde wat jou so ontstel) om binne te reg te wees.
>
> Anders word koerante hof toe gevat en uiteindelik toegemaak.
>
> Dis onder meer dinge soos die volgende: As iemand se hy of sy is
> verkrag en mens skryf hy of sy is verkrag en dit blyk daar was geen
> verkragting nie, dan kan die beweerde verkragter die daglig uit jou
> uit sue.
>

Gee toe dat ek dit besef Ferdi.
Dit lees net nie lekker so nie.
'kay, ek sal withit wees:-)
Re: en hulle BEWEER dìt is 'n koerant [boodskap #117416 is 'n antwoord op boodskap #117411] Vr, 23 Mei 2008 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" <

> Daar is wette in die land wat geld en wat betrekking het op sekere
> misdade ens.
>
> Berigte soos die word aan prokureurs voorgelê sodat hulle aangepas kan
> word (met die woorde wat jou so ontstel) om binne te reg te wees.
>
> Anders word koerante hof toe gevat en uiteindelik toegemaak.
>
> Dis onder meer dinge soos die volgende: As iemand se hy of sy is
> verkrag en mens skryf hy of sy is verkrag en dit blyk daar was geen
> verkragting nie, dan kan die beweerde verkragter die daglig uit jou
> uit sue.
>

Dis waar, Ferdi, maar hoe praat die koerante, insluitend Beeld se Kaapse
Susterskoerant, Die Burger, en Rapport, van die "Fidentia-skandaal" en maak
van dag een af kategoriese stellings oor Brown wat op presies sulke
lasterlike aantygings neerkom.

Is dit 'n geval van die media het hom klaar veroordeel? - baie seker van
hulle saak dat hy skuldig bevind gaan word?

Was dit nie ook met Eschel Rhoodie die geval nie? - en toe vind die appelhof
hom onskuldig.
En Wouter Basson? "Dokter Dood" het hulle hom genoem. Toe word hy
onskuldig bevind, al die pad tot in die Grondwetlike Hof het elke poging van
die staat teen hom misluk.
En Jacob Zuma? Ek sien die koerante en sekere verslaggewers skarrel nou om
Zuma om verskoning te vra.

Wat gaan Brown met julle maak as sy saak soos die Saambou-debakel uitdraai?

Ek het gemerk jy het nie gereageer op wat ek gesê het oor eensydige
beriggewing oor die Fidentia-storie nie - dat net Noseweek 'n poging
aangewend het om meer objektief te wees en gladnie vlyende woorde vir die
FSB en die Kurators gehad het nie. Dit lyk nie asof Noseweek in die
moeilikheid beland het oor hulle artikel nie.
Re: en hulle BEWEER dìt is 'n koerant [boodskap #117417 is 'n antwoord op boodskap #117416] Vr, 23 Mei 2008 16:10 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 May 2008 16:35:25 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Ferdi"
>> Daar is wette in die land wat geld en wat betrekking het op sekere
>> misdade ens.

>> Berigte soos die word aan prokureurs voorgelê sodat hulle aangepas kan
>> word (met die woorde wat jou so ontstel) om binne te reg te wees.

>> Anders word koerante hof toe gevat en uiteindelik toegemaak.

>> Dis onder meer dinge soos die volgende: As iemand se hy of sy is
>> verkrag en mens skryf hy of sy is verkrag en dit blyk daar was geen
>> verkragting nie, dan kan die beweerde verkragter die daglig uit jou
>> uit sue.

>
> Dis waar, Ferdi, maar hoe praat die koerante, insluitend Beeld se Kaapse
> Susterskoerant, Die Burger, en Rapport, van die "Fidentia-skandaal" en maak
> van dag een af kategoriese stellings oor Brown wat op presies sulke
> lasterlike aantygings neerkom.
>
> Is dit 'n geval van die media het hom klaar veroordeel? - baie seker van
> hulle saak dat hy skuldig bevind gaan word?
>
> Was dit nie ook met Eschel Rhoodie die geval nie? - en toe vind die appelhof
> hom onskuldig.
> En Wouter Basson? "Dokter Dood" het hulle hom genoem. Toe word hy
> onskuldig bevind, al die pad tot in die Grondwetlike Hof het elke poging van
> die staat teen hom misluk.
> En Jacob Zuma? Ek sien die koerante en sekere verslaggewers skarrel nou om
> Zuma om verskoning te vra.
>
> Wat gaan Brown met julle maak as sy saak soos die Saambou-debakel uitdraai?
>
> Ek het gemerk jy het nie gereageer op wat ek gesê het oor eensydige
> beriggewing oor die Fidentia-storie nie - dat net Noseweek 'n poging
> aangewend het om meer objektief te wees en gladnie vlyende woorde vir die
> FSB en die Kurators gehad het nie. Dit lyk nie asof Noseweek in die
> moeilikheid beland het oor hulle artikel nie.

Interessant hoe mens somtyds op iets reageer in verhouding met die bui
waarin jy op daardie oomblik is.
Ek was besig om 'n stel fotos wat ek geneem het vir 'n 'Panorama', aan
mekaar te las, en terwyl die panorama besig was om te prosseseer, het
ek gaan kyk of daar nuwe nuus is, en Ferdi s'n gesien. Sommer op die
links gekliek en hom geantwoord. Die panorama het perfek gekom, wat 'n
diplomatiese antwoord tot gevolg gahad het. Onmiddelik het ek weer
begin skryf, om myself te korrigeer, om te sê dat die berigte op 'n
uiterste lui manier geskryf word,... dat ek, terwyl ek dit lees sien
hoe dit geskryf kon word om die eisekantoor verby te stap, en meer
oorspronklik te klink. Maar, my fotos het perfek aanmekaar gelas, so
waarom die atmosfeer spoil, en dit weer gekanselleer. So be it.

Tesame met alles het ek terug gedink hoe ek op kantoor die mense gevra
het om enige negatiewe invoer vanaf kliëntebasis op vergaderings te
noem, want dit is nodig om te weet hoe en wat kliënte dink.

Ek het natuurlik ook gewonder of ek die enigste een is met genoemde
klagtes, maar nou het jy bevestig dat ek nie die enigste een is wat
tussen die lyne lees nie. Nie een van die ander koerante oordryf sò
met 'beweerde' dinge wat 'glo' 'volgens' die spreker deur die
'verdagtes' gedoen is nie.
Vorige onderwerp: Geheime dokumente
Volgende onderwerp: Nederlandse Site oor Zuid Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 01:11:05 MGT 2024