Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Voortbestaan van Afrikaans in die buiteland
Voortbestaan van Afrikaans in die buiteland [boodskap #11533] Wo, 26 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met >jou
> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. >Vra maar
> vir Gloudina.

> Cheers
> Lou

Ek stem heeltemal met jou saam Lou. Voor ons die begin van die jaar weg is
uit Suid-Afrika was dit een van die baie aspekte van weg-skeur wat ons
bespreek het. En ek het gevoel my behoefte aan veiligheid, orde en respek
vir die regeerders van die land waarin ek woon is belangriker as die
voortbestaan van my moedertaal binne ons gesin. Na 3 maande het ons 7
jarige dogter met 'n kiwi aksent begin praat wat my swaar op die oor lê.
Die afgelope maand het ons agter gekom dat sy so min Afrikaans praat dat sy
basiese woorde begin vergeet. En skielik is dit nie meer so maklik om dit
sonder hartseer te aanvaar nie. (Ek begin wonder of sy ooit eers haar
bababoek sal kan lees wat ek met soveel toewyding geskryf het!)

Riana (Ek skryf onder my man Stephanus se adres, hy gebruik weer sy doop
naam want hy was nie lus om Fęnny genoem te word nie)
Re: Voortbestaan van Afrikaans in die buiteland [boodskap #11651 is 'n antwoord op boodskap #11533] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ons is 'n afrikaanse gesin wat reeds 4 jaar in Perth Australie" woon.
As ons alleen is praat ons met ons drie kinders afrikaans. My dogter
is in Matriek (Year 12) , my seun in Std 8 en my jongste seun is nog
op laerskool. Hulle praat nog goed afrikaans en hulle taal gebruik
vebeter selfs soos hule ouer word.
Daar is 'n groot toename in afrikaanssprekendes in ons woongebied.
By ons lokale Australiese kerk is daar reeds 6 afrikaanse gesinne. Ek
glo dat daar wel 'n toekoms vir afrikaans is in die buiteland.
Onthou dat met 'n bietjie deursettings vermoe" het die Jode
aspekte van hulle taal en geloof vir twee duisend jaar lewendig gehou
buite hulle vaderland.

"Stephanus Schoeman" wrote:

>> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
>> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met >jou
>> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. >Vra maar
>> vir Gloudina.

>> Cheers
>> Lou
Re:Voortbestaan van Afrikaans is die buiteland [boodskap #11665 is 'n antwoord op boodskap #11533] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Reubun skryf:
Ons is 'n afrikaanse gesin wat reeds 4 jaar in Perth Australie" woon.
As ons alleen is praat ons met ons drie kinders afrikaans. My dogter
is in Matriek (Year 12) , my seun in Std 8 en my jongste seun is nog
op laerskool. Hulle praat nog goed afrikaans en hulle taal gebruik
vebeter selfs soos hule ouer word.
Daar is 'n groot toename in afrikaanssprekendes in ons woongebied.
By ons lokale Australiese kerk is daar reeds 6 afrikaanse gesinne. Ek
glo dat daar wel 'n toekoms vir afrikaans is in die buiteland.
Onthou dat met 'n bietjie deursettings vermoe" het die Jode
aspekte van hulle taal en geloof vir twee duisend jaar lewendig gehou
buite hulle vaderland.

"Stephanus Schoeman" wrote:

>> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
>> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met >jou
>> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. >Vra maar
>> vir Gloudina.

>> Cheers
>> Lou

Dankie Reubun vir jou reaksie. Hoe oud was jou jongste toe julle na
Australie toe is? Dink jy dat meer as 1 kind in die gesin wat met mekaar
Afrikaans praat, help? Plaas julle druk op hulle om met mekaar Afrikaans te
praat? Ons vind soms dat selfs as 'n paar Afrikaanse kinders saam speel,
hulle na engels oorslaan, so of engels die 'speeltaal' is. Ek sou baie
graag wou gehad het dat ons dogter haar tweetaligheid moet behou ongeag die
irrelafansie daarvan. Sy probeer tot my vreugde baie hard om haar niggies
se Afrikaanse briewe te lees maar neig om die g, v en w op engels uit te
spreek.

Hoe suksesvol is die kyk-en-lees metode. Ek bly neig om te probeer help
deur op die letters se klanke te wys.

Groete
Riana
Re: Voortbestaan van Afrikaans in die buiteland [boodskap #11668 is 'n antwoord op boodskap #11533] Vr, 05 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Reuben Aldum skryf:

Welkom. (Ek het nog nie voorheen 'n bydrae van die
adres gelees nie.)

Die naam by die epos-adres lyk nie Afrikaans te wees
nie, maar die inhoud van die bydrae wel.

> Ons is 'n afrikaanse gesin wat reeds 4 jaar in Perth Australie" woon.
> As ons alleen is praat ons met ons drie kinders afrikaans. My dogter
> is in Matriek (Year 12) , my seun in Std 8 en my jongste seun is nog
> op laerskool. Hulle praat nog goed afrikaans en hulle taal gebruik
> vebeter selfs soos hule ouer word.

Dit is wonderlike nuus. Elke mens wat Afrikaans steeds
praat, is nuuswaardig. Hierdie nuusgroep is spesiaal vir
hulle georganiseer.

> Daar is 'n groot toename in afrikaanssprekendes in ons woongebied.
> By ons lokale Australiese kerk is daar reeds 6 afrikaanse gesinne. Ek
> glo dat daar wel 'n toekoms vir afrikaans is in die buiteland.

Hier is 'n hele paar groot verhuisingmaatskappye
met store in Pretoria. Een van hulle met wie ek
bekend is, hanteer die trekke van sowat 300 gesinne
per maand. 'n Mens moet net binne die stoor rondloop
en die reuse kratte met die name daarop sien om te
besef watter ramp is besig om Suid Afrika te tref.

Die ramp is die verlies aan mense wat skeppend werk
en werk skep. Voeg hierby die aanwas van onwettige
immigrante van oor die grense met die res van Afrika
teen meer as 100 000 per maand, meeste wat die hel
van hulle eie lande probeer ontsnap, en die prent word
al hoe stormagtiger.

> Onthou dat met 'n bietjie deursettings vermoe" het die Jode
> aspekte van hulle taal en geloof vir twee duisend jaar lewendig gehou
> buite hulle vaderland.

Ja, hulle is 'n lewende les dat dit nie die grondgebied
is wat 'n taal en 'n geloof lewendig hou nie, maar die
harte van mense.

Beste wense
At de Lange
Re: Re:Voortbestaan van Afrikaans is die buiteland [boodskap #11722 is 'n antwoord op boodskap #11665] Ma, 08 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Riana vra:

Stephanus Schoeman wrote in message
...
> Hoe suksesvol is die kyk-en-lees metode. Ek bly neig om te probeer help
> deur op die letters se klanke te wys.

Dit lyk asof die kyk-en-leesmetode vir ongeveer 10% van alle kinders (in die
VSA) beter werk as die klankmetode (phonics). Vir die res werk dit swakker -
in baie gevalle gladnie. In die VSA is die gevolg van die gebruik van die
kyk-en-leesmetode dat ongeveer 19% van skoolverlaters funksioneel
ongeletterd is.

Die probleem is dat aanhangers van kyk-en-lees die klankmetode beskou as uit
die bose. Aanhangers van die klankmetode beskou kyk-en-lees as uit die bose.
Albei hang hul professionele reputasie aan die metode wat hulle verkies.

Nou vind jy dat onderwysers van enige van die twee skole (maar veral
aanhangers van kyk-en-lees) ouers bangpraat oor al die skade wat hulle sou
aanrig as hulle die ander metode by die huis gebruik.

Ek dink ouers moet hulle nie daaraan steur nie - die opvoeding _en_ die
onderwys van die kind is in die eerste en die laaste plek die
verantwoordelikheid van die ouer. Ander as die onderwyser, het die ouer nie
'n professionele reputasie om te beskerm nie - net maar die toekoms van sy
kind.

Leendert
Vorige onderwerp: Soek kontak met Suid-Afrikaners in buiteland
Volgende onderwerp: Re: V se "permanent residence"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 18:53:50 MGT 2024