Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Roelf Meyer oor transformasie
Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114908] Wo, 26 September 2007 23:38 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Versnel transformasie, vergeet van minderheidregte, pleit Roelf Meyer
Sep 26 2007 09:25:12:830PM - (SA)

Danila Liebenberg


Bloemfontein. - Die uitdaging van die getalle in Suid-Afrika en
migrasie uit ander Afrika-lande strem transformasie, terwyl dié proses
eintlik versnel behoort te word.

Só meen mnr. Roelf Meyer, voormalige minister van kommunikasie en
grondwetlike sake.

Meyer, ook hoofonderhandelaar namens die vorige Nasionale Party-
regering in die veelparty-onderhandelingsforum van 1993, het gister 'n
geleentheids­lesing aan die bestuurskool van die Universiteit van die
Vrystaat gehou.

Hy het ook die herstel van die wanbalans tussen geregtigheid en
versoening bepleit.

"Versoening en konsensus se teenbalans, naamlik transformasie, moet
glad nie vergeet word nie. Trans­formasie kom uiteindelik neer op twee
aspekte, naamlik regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging."

Meyer glo transformasie het nog 'n lang pad om in Suid-Afrika te loop
voordat dit regtig afgehandel sal wees. "Oorspronklik het ek gedink
dit sal 15 jaar neem, maar ek dink daar is nóg 15 jaar nodig."

Meyer meen dán sal dit steeds nie heeltemal afgehandel wees nie.

"Want sien, transformasie is 'n proses. 'n Voortdurende proses."

Volgens Meyer was daar aan die destydse onderhandelingstafel net twee
opsies: óf die samewerking onderling na konsensus, versoening en
transformasie; óf die blote oordrag van mag van die wit regering na
die meerderheid mense in Suid-Afrika.

"Alhoewel ons 'n rustige oorgang na die huidige bestel gemaak het, is
transformasie verseker nog nie ge­finaliseer nie.

"Dit wil wel voorkom of geregtigheid rondom apartheidsmisdrywe in 'n
sekere sin geduld sou kon word om die pad vir werklike, strukturele
transformasie in Suid-Afrika voor te berei."

Meyer het ook aangevoer dat die wyse waarop versoening in Suid-Afrika
geskied, die beste model is wat in die wêreld bestaan, hoewel dit nie
perfek is nie. Suid-Afrika se versoeningsmodel is, volgens Meyer, 'n
standaard wat aan die res van die wêreld gestel is.

"Suid-Afrikaners het oor die algemeen deur verdraagsaamheid geleer om
onderlinge begrip vir mekaar te ontwikkel," het hy gesê. "As dit nie
so was nie, sou ons baie maklik vandag in dieselfde situasie kon wees
as waarin die Midde-Ooste hom bevind.

"Suid-Afrika het geen fasiliteerders van buite gebruik nie. Ons model
is ontwikkel en werkbaar gemaak vanuit eie bodem."

Ook het hy sy trots uitgespreek om deel te wees van 'n land wat so 'n
hoë premie plaas op die beskerming van individuele regte.

"Suid-Afrika het 'n Grondwet wat seker een van die modernste en mees
liberale ter wêreld is. Daarom moet ons wegbeweeg van die gedateerde
debat van minderheids- en meerderheidsregte. Ons moet op individuele
regte fokus."
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114915 is 'n antwoord op boodskap #114908] Do, 27 September 2007 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Sep 2007 23:38:12 -0000, Hessie wrote:

> Bloemfontein. - Die uitdaging van die getalle in Suid-Afrika en
> migrasie uit ander Afrika-lande strem transformasie, terwyl dié proses
> eintlik versnel behoort te word.
>
> Só meen mnr. Roelf Meyer, voormalige minister van kommunikasie en
> grondwetlike sake.

Roelf werk deesdae in Luthuli Huis nadat hy vroeër vanjaar by die ANC
aangesluit het.

Raai hoe vinnig hy geskors sal word as hy nie hierdie sê nie.
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114924 is 'n antwoord op boodskap #114915] Do, 27 September 2007 16:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Roelf werk deesdae in Luthuli Huis nadat hy vroeër vanjaar by die ANC
> aangesluit het.
>
> Raai hoe vinnig hy geskors sal word as hy nie hierdie sê nie.

Ek neem dus aan dat Roelf Meyer nou ook nie
meer in jou goeie boeke is nie. Die een keer wat
ek hom ontmoet het, was by die samesprekings
vir Codesa. Daar het ek vir hom vertel dat ons
staatmaak op hom. Dit is dus vir my baie baie
interessant dat hy op hierdie stadium by die
ANC aansluit. Mens sou verwag het dat hy dit
vroeer sou gedoen het.

Gloudina
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114925 is 'n antwoord op boodskap #114924] Do, 27 September 2007 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114926 is 'n antwoord op boodskap #114924] Do, 27 September 2007 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Roelf werk deesdae in Luthuli Huis nadat hy vroeër vanjaar by die ANC[/color]
> aangesluit het.
>
> Raai hoe vinnig hy geskors sal word as hy nie hierdie sê nie.

Ek neem dus aan dat Roelf Meyer nou ook nie
meer in jou goeie boeke is nie. Die een keer wat
ek hom ontmoet het, was by die samesprekings
vir Codesa. Daar het ek vir hom vertel dat ons
staatmaak op hom. Dit is dus vir my baie baie
interessant dat hy op hierdie stadium by die
ANC aansluit. Mens sou verwag het dat hy dit
vroeer sou gedoen het.

Gloudina

Soos elke keer wanneer jy met 'n ongemaklike situasie gekonfronteer word,
vermy jy gewoon die ongemaklike situasie deur de facto die onderwerp te
verander!
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114939 is 'n antwoord op boodskap #114924] Vr, 28 September 2007 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Sep 2007 16:40:36 -0000, Hessie wrote:

Ferdi skryf
>
>> Roelf werk deesdae in Luthuli Huis nadat hy vroeër vanjaar by die ANC
>> aangesluit het.

>> Raai hoe vinnig hy geskors sal word as hy nie hierdie sê nie.
>
> Ek neem dus aan dat Roelf Meyer nou ook nie
> meer in jou goeie boeke is nie.

Gloudina, niks gaan om goeie boeke nie.
In my goeie boeke is die werklikheid, 'n vermoë om die werklikheid te
erken en logiese beredenering.

As ek ooit vir Roelf sien sal ek beslis 'n gesprek met hom aanknoop.
Ek is egter seker hy sal verstaan - anders as jy - as ek ook aan hom
die volgende sê: 1. Regstelling is nodig. 2. Nie-rassigheid is nodig.
3. Regstelling moet op 'n nie-rassige basis gedoen word anders is ons
terug by apartheid.

Maar kom on los Roelf uit die kwessie want ek volg nie mense nie. Ek
volg beginsels.

Hoekom los jy nie 'n slag die naam-ettikette nie en praat beginsel?

ie een keer wat
> ek hom ontmoet het, was by die samesprekings
> vir Codesa. Daar het ek vir hom vertel dat ons
> staatmaak op hom. Dit is dus vir my baie baie
> interessant dat hy op hierdie stadium by die
> ANC aansluit. Mens sou verwag het dat hy dit
> vroeer sou gedoen het.

Vroeër het hy sy eie party gehad wat nie uitgewerk het nie.

Die ANC van 2007, Gloudina, is nie die ANC van 1990 nie.
Laat ek dit stadig vir jou herhaal: Die ANC van 2005 is nie die ANC
van 1990 nie.

Maar dis niks snaaks nie. Partye is bloot 'n versameling van mense.
Hulle verander. En ons moet hulle altyd meet aan beginsels, nê?

Dis waar ons verskil. Ek meet hulle aan beginsels en as hulle die
toets dop, dan sê ek dit en disassosieer en myself van die groepering
want beginsels is groter as 'n elite groepie se rukdom.
Jy, aan die ander kant, lyk dit my reken 'n party kan slaafs gevolg
word.

"I did not join the struggle to remain poor." Smuts Ngonyama toe hy
gekritiseer is omdat hy as ANC ampsdraer die oordrag van 'n paar
miljard rand se Telkom-aandele na 'n groep help bewerkstellig het
waarvan hy ook lid was.
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #114944 is 'n antwoord op boodskap #114939] Vr, 28 September 2007 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Dis waar ons verskil. Ek meet hulle aan beginsels en as hulle die
> toets dop, dan sê ek dit en disassosieer en myself van die groepering
> want beginsels is groter as 'n elite groepie se rukdom.
> Jy, aan die ander kant, lyk dit my reken 'n party kan slaafs gevolg
> word.

Jy het n strooipop van my gemaak en val dit
nou aan. Ek bekyk SA van buite, en sien dat
meeste van die ander partye eintlik geen angel
het nie. Die aksie is binne die geledere van die
African National Congress. Daar veg twee
flanke met mekaar. As jy enigsins luister na
wat ek opmerk, sal jy weet dat ek neig na die
anti-Mbeki neo-margaret thatcher beleid.
Ek hoop egter dat daar n persoonlikheid uit
die middel sal kom om hierdie twee flanke
se twee uiterstes te kortwiek. Miskien is
dit teveel om te vra.
Partye is snaakse dinge. Die Liberal
Party hier waarvoor ek gewoonlik stem, was
n ruk gelede die uitverkore party, die opposisie
baie versplinter. Toe begin daar n leierstryd
binne die party, teen Jean Chretien. Die kliek
wat hom wou uitskop, wen. In die volgende
verkiesing word die kliek, wat vuilgespeel
het om aan bewind te kom, gestraf deur
die kiesers en word hulle met n minderheid
verkies. En in die volgende verkiesing verloor
hulle en die Konserwatiewes kom in. Nou
gaan nog n verdere leierstryd aan in die
Liberal Party, en hulle kry minder en minder
mense wat vir hulle stem.

Gloudina
Re: Roelf Meyer oor transformasie [boodskap #115004 is 'n antwoord op boodskap #114944] Di, 02 Oktober 2007 13:55 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 28 Sep 2007 14:59:01 -0000, Hessie wrote:

> Jy het n strooipop van my gemaak en val dit
> nou aan. Ek bekyk SA van buite, en sien dat
> meeste van die ander partye eintlik geen angel
> het nie. Die aksie is binne die geledere van die
> African National Congress. Daar veg twee
> flanke met mekaar.

Laat ek dit stadig vir jou herhaal:
Nee.

Dis nie net twee flanke nie.
Dis VERSKEIE faksies.

Kom ons isoleer net vier hoof-groepe vir jou.
1. Cosatu/SAKP. Dis nou die vakbond-mense wat jy wel raaksie.
2. Jacob Zuma wat steun van ONDER MEER Cosatu/SAKP het, maar OOK die
steun van 'n groot klomp mense het wat so min hou van wat Mbeki doen
dat hulle enige kandidaat sal steun wat teen hom is. Zuma wat OOK die
steun van 'n klomp baie ryk mense het wat onder meer geld aan hom
voorskiet.
3. Thabo Mbeki wat aan die hoof van 'n sterk nasionalistiese groep
exiles is en wat mag wil behou na sy twee termyne op is.
4. 'n Breë groep van intellektuele en leiers BINNE die ANC
establishment wat diep bekommerd is oor wat Mbeki doen. Hulle sê sulke
goed soos: "Ons wou hier in SA 'n staat op die been gebring het wat
moes bewys het 'n Afrika-staat kan anders as die tipiese
Afrika-diktatorskap wees, maar daardie droom is besig om vinnig skeef
te loop."

Gaan dink nou eers net oor die 4. Daar is ander onderstrominge ook.
Die vier is die sterkste dinamieke op die oomblik.

As jy enigsins luister na
> wat ek opmerk, sal jy weet dat ek neig na die
> anti-Mbeki neo-margaret thatcher beleid.

Sien hierbo.
Ekonomiese beleid is nie die hoof-argument in die ANC op die oomblik
nie. Eerder die BEHOUD VAN DEMOKRASIE.

Jy weier om my te glo. Miskien moet jy wag tot dit in julle koerante
uitslaan en dan sal jy my dalk glo.

> Ek hoop egter dat daar n persoonlikheid uit
> die middel sal kom om hierdie twee flanke
> se twee uiterstes te kortwiek. Miskien is
> dit teveel om te vra.

Sien die werklike issue hier bo.

> Partye is snaakse dinge. Die Liberal
> Party hier waarvoor ek gewoonlik stem, was
> n ruk gelede die uitverkore party, die opposisie
> baie versplinter. Toe begin daar n leierstryd
> binne die party, teen Jean Chretien. Die kliek
> wat hom wou uitskop, wen. In die volgende
> verkiesing word die kliek, wat vuilgespeel
> het om aan bewind te kom, gestraf deur
> die kiesers en word hulle met n minderheid
> verkies. En in die volgende verkiesing verloor
> hulle en die Konserwatiewes kom in. Nou
> gaan nog n verdere leierstryd aan in die
> Liberal Party, en hulle kry minder en minder
> mense wat vir hulle stem.

As hulle nie die skanse tussen uitvoerende gesag en regsprekende gesag
vervat in 'n grondwet begin af-timmer het nie, is hulle vergelykbaar
met wat tans in SA aan die ontwikkel is nie.

Ek se weer: Dit gaan NIE oor ekonomiese beleid nie. Dit gaan oor die
boustene van demokrasie.
Vorige onderwerp: Pikoli-storie ontwikkel
Volgende onderwerp: Data oor krag-krisis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:28:42 MGT 2024