Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Swak diens
Swak diens [boodskap #113608] So, 25 Maart 2007 08:04
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend


'n Johannesburger wat kwaad was oor swak dienslewering het vandeesweek
'n toespraak onderbreek wat mnr. Mbhazima Shilowa, Gauteng se premier,
op Menseregtedag in Sharpeville gehou het.

'n Paar dae gelede het die maatskappy SA Brouerye (SAB) aangekondig hy
oorweeg dit om sy fabriek in Polokwane, Limpopo se hoofstad, te sluit
omdat daar probleme met die lewering van dienste is - onder meer
water.

Polokwane se munisipaliteit blameer 'n tekort en hoë verbruik, maar
die plaaslike dam is voller as dieselfde tyd verlede jaar en kenners
sê dit is eerder te wyte aan swak beplanning en vrot infrastruktuur.

In Gauteng is die chaos rondom toetse vir rybewyse steeds aan die
woed. Met net 'n week oor voordat daar oorgeskakel moet word na 'n
stelsel wat probleme met burokratiese bottelnekke moet oplos, weet die
provinsiale regering nog nie hoe groot die agterstand vir besprekings
is nie.

Dit is duidelik dat owerhede groot probleme met kapasiteit het, sowel
as met interne dissipline.

Dit lyk eenvoudig asof mense wat swak diens lewer of swak bestuur (wat
swak diens tot gevolg het) keer op keer ongestraf bly.

Die resultaat is 'n klaarblyklike kultuur van swak dissipline en
dienslewering wat in die openbare sektor posvat.

Dit is 'n miskenning van grondwetlike regte en verraai die ideale
waarop die nuwe Suid-Afrika gebou is.
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,8325,3-208 5-65_2087652,00.html
Vorige onderwerp: Stormweer in KZN
Volgende onderwerp: 'n Interne dokument van die SAPD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:37:22 MGT 2024