Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mbeki kla oor rassisme ....AA, BBBE, BEE, plaas moorde en ????
Mbeki kla oor rassisme ....AA, BBBE, BEE, plaas moorde en ???? [boodskap #113569] Sa, 17 Maart 2007 12:40
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Mbeki kla oor rassisme
Geskryf deur Sonette Ahlers en Sapa
Saterdag, 17 Maart 2007
http://praag.org/mambo/Mbeki_kla_oor_rassisme.html

Al weer rassismeDie uitdaging van rassisme moet "eerlik en vreesloos"
aangespreek word, meen pres. Thabo Mbeki in gister se weeklikse ANC
Today-nuusbrief. Volgens hom is rassisme "'n daaglikse verskynsel in
ons lewens, 'n demoon wat uitgedryf moet word" ter wille van nasionale
versoening.

"Die gunsteling woorde wat gebruik word om enige bespreking van
rassisme in hierdie land te beëindig of te verhoed, is 'moenie die
rassekaart speel nie,'" het hy voorts gesê.

"Daar is steeds 'n betekenisvolle aantal mense in die wit minderheid,
maar nie noodwendig alle blankes nie, wat nog in vrees vir die swart
(veral Afrikane) meerderheid leef." Mbeki skryf verder dat 'n
regeringskollega onlangs die retoriese vraag gestel het: Waarom is die
blankes so vasbeslote om hulleself bang te maak? Die president se
antwoord hierop is soos volg: "Die probleem is dat gevestigde rassisme
dikteer dat regverdiging gevind moet word vir die voortgesette blanke
vrees vir die 'swart gevaar.'" Misdaadvoorvalle bied volgens hom
hierdie regverdiging.
Mbeki se kommentaar oor rassisme is gebaseer op 'n verslag wat hy
onlangs gesien het oor 'n arbeidsdispuut in 'n maatskappy waar die
blanke bestuurder na swartes as "Kusiete" verwys, asook op blanke bure
se vrees as swart gesinne in hulle buurt intrek. Hy verwys voorts na
'n brief wat onlangs op die internet gesirkuleer het waarin 'n 22-
jarige swart werknemer van Investec oor rassisme by sy kantoor kla.

Die president verwys ook na 'n artikel van Christopher Shea wat op 22
Mei 2005 in die Boston Globe verskyn het. Volgens Shea het prof. Jerry
Kang van UCLA in the Harvard Law Review beweer dat oormatige dekking
van stedelike misdaad deur plaaslike TV-stasies een van die
hoofdryfvere van rassisme in die VSA is. Hy vind die plaaslike
nuusdekking so teen-produktief dat hy glo die regering behoort op te
hou om die aantal ure wat 'n TV-stasie aan plaaslike nuus afstaan as
bewys van die stasie se bydrae tot "openbare belang" te beskou.
Volgens Kang is die plaaslike nuus, met "die parade van beelde van
stedelike misdaad" 'n "Trojaanse perd" of "virus" wat rassisme by
Amerikaners aanblaas.

Mbeki het dr Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus,
aangehaal, wat gesê het: "Ons ken mekaar nie en debatteer nie met
mekaar nie. Twee minuut-lange toesprake vanaf hierdie podium is geen
debat nie."

"Die voorneme om onsself te leer om nie te vinnig te wees om die
besorgdheid en uitdrukkings van enige groep as onwettig af te maak
nie, moet ook 'n voorneme insluit om nie die besorgdheid en
uitdrukkings van die Afrikane af te maak as onwettig nie. Die Afrikane
is die historiese slagoffers van rassisme en hulle is steeds diep
beswaard dat sommige in magsposisies nog dink dit is normaal om na
hulle as 'kaffers' te verwys en dat ander van ons wit landgenote dink
dit is natuurlik om die vraag te vra: 'Aangesien hulle swart is, hoe
weet ons hulle is nie misdadigers nie?
Vorige onderwerp: Die muur
Volgende onderwerp: Re: Demokrasie is net `n "confidence-trick"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 00:31:20 MGT 2024