Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Breyten: 7.8 (uit Lotus, 1970)
Breyten: 7.8 (uit Lotus, 1970) [boodskap #112248] Sa, 20 Januarie 2007 13:22
Fritz Wuehler  is tans af-lyn  Fritz Wuehler
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Breyten: 7.8 (uit Lotus, 1970)

Onse milde God van alles wat soet en mooi is,
Laat U naam altyd in ons geberg bly en daarom heilig,
Laat die republiek tog nou reeds kom,
Laat ander hul wil verskiet -
Gee skiet! Gee skiet!
Sodat ons ook 'n sê mag hê,
'n Sê soos 'n see
Wat om die kuste van ons hemelse Stilberge lê
Gee dat ons vandag ons daaglikse brood mag verdien
En die botter, die konfyt, die wyn, die stilte,
Die stilte van die wyn,
En lei ons in versoeking van velerlei aard
Sodat die liefde van lyf na lyf kan spring
Soos die vlammetjies van as is - is van berg na berg
Braambosse van vuur tot aan die witste maan bring
Maar laat ons ons verlos van die bose
Dat ons af kan reken met die skuld van eeue
Se opgebergde uitbuiting, se geroof, se verneuke,
En die laaste rykman vrek, aan sy geld vergif
Want aan ons behoort die menseryk, die krag en die
heerlikheid,
Van nou af tot in alle ewigheid net so ewig
Soos die skadu's en grensposte van die mens
As hy goddelik die aarde uit die hemel skeur
Aa mens! Aa mens! Aa mens!

--
Vorige onderwerp: HOU DJOU ROKKIES BYMEKAAR
Volgende onderwerp: Poepholle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 15:12:54 MGT 2024