Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Benodig raad!
Benodig raad! [boodskap #111551] Di, 14 November 2006 19:28 na volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Ek werk vir 'n Taiwanese maatskappy. Dit was eers Hi-Tec Nuts en toe
verdeel hulle die plek in twee. Ek werk vir Pro-Tech Fasteners in
Spartan, Kempton Park.
In my kontrak word genoem dat ons oortyd betaling kry teen 1,5 keer wat
ons uurlikse salaris is. Sondae en Openbare vakansie dae teen dubbel tyd.
Die maatskappy se reels is dat indien jy etenstyd vat klok jy uit en
weer in as jy klaar is. 'n Voldwonge feit is dat ons skaars tyd kry om
etens uur te neem.
My vraag is moet hulle my betaal vir daardie tyd?
Ek het baie ure in gesit om te wag vir drywers, en om my werk in te haal
wat weens 'n te kort aan hande nie klaar was nie en is nie daarvoor
betaal nie. Alhoewel daar op my klok kaarte gesien kan word dat ek
meeste aande laat uit geklok het.
Ek het op 9 Augustus Vroue dag gewerk, en is nie dubbel tyd betaal nie.
Mag hulle dit doen?
Ons werkers het van ons griewe gelug teen die maatskappy omdat ons glo
ons word onderbetaal. Daarvoor is ek geskors en aangekla dat ek hulle
dreig. Daarna is ek weer geskors vir 'n nuwe verhoor wat more ten einde
loop. Nou kla hulle al die werkers aan omdat ons ons griewe gelug het.
Ons het hulle voorskrifte nagekom dat die griewe skriftelik gelug moet wees.
Hi-Tec Nuts se werkers het 'n massiewe salaris verhoging gekry omdat
hulle onder betaal was, en met my hulp het ons hulle na die Bargaining
Council vir Yster en staal gevat. Yster en staal het besluit dat die
werkers geweldig onder betaal is, en Oktober het die fabrieks werkers
'n helse verhoging gekry.
Kan iemand my raad gee wat om te doen. Hierdie mense is besig om my
geestelik af te breek en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ons het
tog regte. Ons mag nie eers aan 'n Unie behoort nie. Dis teen die
Taiwanese se beleid dat enige mens aan 'n unie behoort.

Is daar enige persoon wat raad het?
Volgens hulle is Pro-Tech deel van distribusie en nie deel van die Yster
en staal nywerheid nie.
Re: Benodig raad! [boodskap #111553 is 'n antwoord op boodskap #111551] Di, 14 November 2006 21:48 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Nov 2006 21:28:16 +0200, Paul wrote:

> Ek werk vir 'n Taiwanese maatskappy. Dit was eers Hi-Tec Nuts en toe
> verdeel hulle die plek in twee. Ek werk vir Pro-Tech Fasteners in
> Spartan, Kempton Park.
> In my kontrak word genoem dat ons oortyd betaling kry teen 1,5 keer wat
> ons uurlikse salaris is. Sondae en Openbare vakansie dae teen dubbel tyd.
> Die maatskappy se reels is dat indien jy etenstyd vat klok jy uit en
> weer in as jy klaar is. 'n Voldwonge feit is dat ons skaars tyd kry om
> etens uur te neem.

Hier is die eerste vraag - of hulle jou etenstyd onbetaald mag maak.

> My vraag is moet hulle my betaal vir daardie tyd?
> Ek het baie ure in gesit om te wag vir drywers, en om my werk in te haal
> wat weens 'n te kort aan hande nie klaar was nie en is nie daarvoor
> betaal nie. Alhoewel daar op my klok kaarte gesien kan word dat ek
> meeste aande laat uit geklok het.
> Ek het op 9 Augustus Vroue dag gewerk, en is nie dubbel tyd betaal nie.
> Mag hulle dit doen?

Hier is die tweede vraag - waarom beskou jy vrouedag as mannedag.

> Ons werkers het van ons griewe gelug teen die maatskappy omdat ons glo
> ons word onderbetaal. Daarvoor is ek geskors en aangekla dat ek hulle
> dreig. Daarna is ek weer geskors vir 'n nuwe verhoor wat more ten einde
> loop. Nou kla hulle al die werkers aan omdat ons ons griewe gelug het.
> Ons het hulle voorskrifte nagekom dat die griewe skriftelik gelug moet wees.

Is die voorskrifte deur 'n mediese dokter uitgereik?

> Hi-Tec Nuts se werkers het 'n massiewe salaris verhoging gekry omdat
> hulle onder betaal was, en met my hulp het ons hulle na die Bargaining
> Council vir Yster en staal gevat. Yster en staal het besluit dat die
> werkers geweldig onder betaal is, en Oktober het die fabrieks werkers
> 'n helse verhoging gekry.
> Kan iemand my raad gee wat om te doen. Hierdie mense is besig om my
> geestelik af te breek en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ons het
> tog regte. Ons mag nie eers aan 'n Unie behoort nie. Dis teen die
> Taiwanese se beleid dat enige mens aan 'n unie behoort.
>
Dit is absoluut teen my beginsels ook dat enige mens aan 'n unie
behoort. Dink daaraan om normaalweg slegs lidmaatskap te bekom.

> Is daar enige persoon wat raad het?
> Volgens hulle is Pro-Tech deel van distribusie en nie deel van die Yster
> en staal nywerheid nie.

Yep, 'n feit wat bo water staan, is dat die wat 'welkom' op hul rué
skryf, en voor die deur gaan lê, modderspore op hul hemde gaan hê.

Hulp lê vir julle op 'n rak en wag by CCMA ( arbeidskommissie?)
Ek weet nie vir watter afkorting dit staan nie, en ek weet nie mooi
wie hulle is en waar hulle is nie, maar ek dink dit is 'n raad na wie
mense gaan vir raad.

Voorspoed en laat weet nie òf jy wen nie, maar wanneer jy wen.

Dave
Vorige onderwerp: My vriendin het sy horlosie gekry
Volgende onderwerp: Tarentaal en hadeda
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 06:42:07 MGT 2024