Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » "Chikane weet nou alles" deur Liezel de Lange in "Beeld"
"Chikane weet nou alles" deur Liezel de Lange in "Beeld" [boodskap #111255] Di, 03 Oktober 2006 12:06 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Chikane weet nou alles
Oct 02 2006 08:37:44:853PM - (SA)

Liezel de Lange


Eerw. Frank Chikane, direkteur-generaal in die presidensie, weet
uiteindelik wie hom in die apartheidstyd met gif probeer vermoor het.

"Ek weet wie opdrag gegee het dat ek uit die weg geruim moet word. Ek
weet wie betrokke was en hoe hulle dit gedoen het," lui 'n
verklaring wat die presidensie gister namens Chikane uitgereik het.

Hy het dié inligting glo bekom sedert mnr. Adriaan Vlok, oudminister
van wet en orde, hom om vergifnis gevra en sy voete gewas het.

"Hierna het ek talle briewe ontvang en verdere gesprekke gevoer. Die
betrokkenes het my deur derde partye gekontak en gesê hulle is gereed
om met my te praat."

Hy wil egter nie nou name bekendmaak nie en brei ook nie uit of Vlok
ook nog inligting beskikbaar gestel het nie.

Vlok het gister gesê hy is nie seker na watter inligting Chikane
verwys nie en wou daarom vir eers nie enige kommentaar hierop lewer
nie.

Chikane, destydse sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad vir Kerke
(SARK), het in die laat 1980's ernstig siek geword tydens 'n besoek
aan Namibië. Dit het later bekend geword dat 'n soort gif wat glo by
'n laboratorium by die Roodeplaatdam naby Pretoria gemaak is, aan sy
onderklere gesmeer is.

Dít was een van talle aanslae op Chikane se lewe en hy het gesê hy
sal sy aanvallers vergewe as hulle net met die volle waarheid vorendag
kom.

Chikane meen hy het nou volledige inligting oor die vergiftiging.
"Van wie in die apartheidsregering se hoogste vlakke toestemming
gegee het, deur die militêre en polisiebevelstrukture tot by die
eenheid wat die klere met die middel gesprei het om 'n hartaanval te
probeer veroorsaak."

Volgens Chikane het die betrokkenes, voormalige lede van die
veiligheidspolisie, voorleggings aan die nasionale vervolgingsgesag
(NV) hieroor gedoen. Dié voorleggings is gedoen op grond van riglyne
oor die hantering van apartheidsoortredings nadat die
Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) se werk afgehandel is.

Die NV was teen middel vanjaar besig met ondersoeke na 16 gevalle van
apartheidsmisdade, waarvoor amnestie nie toegestaan is nie. Hulle
ondersoek onder meer die aanslag op Chikane se lewe en die aanvalle op
die St. James-kerk en die Heidelberg-taverne in Kaapstad.

Die saak van poging tot moord op Chikane deur drie oudpolisielede is
onlangs heropen, maar Vlok se naam is nog nie daarin genoem nie.

Vlok het egter in 'n televisiedebat gesê 'n volle onthulling sal
op die voetwassery volg en dat hy gereed sou wees indien enige saak
teen hom ondersoek word.

"Ek is ingelig dat die betrokkenes, insluitend die bevelstruktuur,
gereed is om my te ontmoet en my om vergifnis te vra, maar die die NV
het daarteen gewaarsku," het Chikane gesê. "Sodra die NV hulle die
groen lig gee, sal ons dit dadelik doen."

Mnr. Makhosini Nkosi, woordvoerder van die NV, het gister gesê hulle
het nog geen besluite daaroor geneem nie en hy wou daarom nie
kommentaar daarop lewer nie.

Chikane wil ook sien dat die NV 'n proses fasiliteer wat
"oortreders" na vore laat kom met inligting oor ander mense wat op
die "amptelike doods­lys" verskyn het en wat die gesamentlike
topbevelstruktuur van die weermag en polisie bespreek het.
Re: "Chikane weet nou alles" deur Liezel de Lange in "Beeld" [boodskap #111283 is 'n antwoord op boodskap #111255] Wo, 04 Oktober 2006 14:03 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Oct 2006 05:06:47 -0700, "Hessie" wrote:

> Chikane weet nou alles
> Oct 02 2006 08:37:44:853PM - (SA)

Ens. ens.
En daarmee bewys Chikane (ek weet dit heeltemal off topic, maar
anyway) ook maar net weer dat hoe christeliker iemand is, hoe minder
christelik tree hulle op.

"Jesus dring daarop aan om alles te weet wat Pilatus gese het!"
"Jesus se hy wil eers he Romeinse soldate moet oor alles bieg..."
"Jesus: 'Ek wil eers alles weet voor daar sprake van vergifnes kan
wees' " ens.

Sorry, maar as Chikane rerig n christen was, sou het van waaay back af
al gese het hy vergewe almal, hulle hoef nie eers TRC toe te gaan nie.

Maar soos Nietzsche glo gese het Christendom is n wonderlike
godsdiens, net jammer daar was net een Christen gewees.
Vorige onderwerp: Van wanneer af kry mens Van Wyk-swartvelle?
Volgende onderwerp: Interesante verklaring deur die VF+
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:36:32 MGT 2024