Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Afrikaanse Gedigte vir skoliere
Afrikaanse Gedigte vir skoliere [boodskap #11102] So, 26 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Rob Bokhorst  is tans af-lyn  Rob Bokhorst
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het 'n groot aantal bespreking, opsommings, vrae en antwoorde vir gedigte
wat ongeveer die afgelope 10 jaar vir matrieks voorgeskryf is. Kopiee
hiervan is gratis beskikbaar. As jy dalk ook sulke inligting het, kom ons
ruil uit en maak almal (dis die onderwysers) se lewe so 'n bietjie makliker.

Kontak my by:

bok...@iafrica.com
Re: Afrikaanse Gedigte vir skoliere [boodskap #11114 is 'n antwoord op boodskap #11102] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai, ai, ai!

Sien hoekom ek tuisonderwys vir my kinders verkies?

Onder andere sodat hulle self die gedigte sal lees - en bespreek - en opsom.
En hul eie antwoorde, maar veral hul eie vrae daaroor sal ontwikkel.

Maar dit is ook so dat ons hierdie sinnelose gebruik het van 'n eksterne
matriekeksamen - een van die min lande in die wêreld waar universiteite
verbied word om jou toe te laat as jy nie so 'n sertifikaat het nie. (Nog
een van die burokratiese gebruike van apartheid wat ons nuwe regering
klakkeloos oorneem - omdat hulle dieselfde drang na kontrole het as hul
voorgangers.)

En om daardie sinnelose oefening so pynloos moontlik agter die rug te kry
sal ek jou beslis nader, Rob, wanneer my kinders ses maande of 'n jaar afvat
van goeie onderwys om gou hul kaartjies geknip te kry in die vorm van 'n
matriekeksamen :-)

Groete, Leendert

Rob Bokhorst wrote in article ...

> Ek het 'n groot aantal bespreking, opsommings, vrae en antwoorde vir gedigte
> wat ongeveer die afgelope 10 jaar vir matrieks voorgeskryf is. Kopiee
> hiervan is gratis beskikbaar. As jy dalk ook sulke inligting het, kom ons
> ruil uit en maak almal (dis die onderwysers) se lewe so 'n bietjie makliker.
>
> Kontak my by:
>
> bok...@iafrica.com
>
Vorige onderwerp: Gediggie : Boeke van die Ou Testament
Volgende onderwerp: "Die Swarte Osse" deur A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 02:18:38 MGT 2024