Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Robbie Robertson
Robbie Robertson [boodskap #110419] Wo, 31 Mei 2006 02:44 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verbeel my dat ek 'n ruk gelede in Beeld gelees het
dat daar 'n Robbie Robertson vir Suid-Afrika besoek het.
Is daar twee Robbie Robertsons, want ek verbeel my
hulle het gesê dat hy 'n Britse sanger is. Ek het onlangs
baie geinteresseerd geraak in die Robbie Robertson
wat in Kanada gebore is, maar wat 'n ietwat legendariese
status bereik het as lid van die sanggroep, "The Band".
Hy moet noual in sy vyftigerjare wees, want hy en
sy band het vir 'n ruk met Bob Dylan getoer. Daar is
ook 'n baie goeie film gemaak oor The Band se laaste
optrede as 'n groep. Die naam van die film is "The
Last Waltz." Hy het later meer produksiewerk gedoen,
onder andere vir Neil Diamond.

Gloudina
Re: Robbie Robertson [boodskap #110420 is 'n antwoord op boodskap #110419] Wo, 31 Mei 2006 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die Britse sanger is Robbie Williams, soek sy song Supreme en Feel dan sal
jy
weet jy het hom al oor die radio gehoor

"Hessie" wrote in message
news:1149043489.710222.265850@i40g2000cwc.googlegroups.com.. .
Ek verbeel my dat ek 'n ruk gelede in Beeld gelees het
dat daar 'n Robbie Robertson vir Suid-Afrika besoek het.
Is daar twee Robbie Robertsons, want ek verbeel my
hulle het gesê dat hy 'n Britse sanger is. Ek het onlangs
baie geinteresseerd geraak in die Robbie Robertson
wat in Kanada gebore is, maar wat 'n ietwat legendariese
status bereik het as lid van die sanggroep, "The Band".
Hy moet noual in sy vyftigerjare wees, want hy en
sy band het vir 'n ruk met Bob Dylan getoer. Daar is
ook 'n baie goeie film gemaak oor The Band se laaste
optrede as 'n groep. Die naam van die film is "The
Last Waltz." Hy het later meer produksiewerk gedoen,
onder andere vir Neil Diamond.

Gloudina
Re: Robbie Robertson [boodskap #110421 is 'n antwoord op boodskap #110419] Wo, 31 Mei 2006 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 30 May 2006 19:44:49 -0700, "Hessie" wrote:

> Ek verbeel my dat ek 'n ruk gelede in Beeld gelees het
> dat daar 'n Robbie Robertson vir Suid-Afrika besoek het.

Robbie Williams, waarskynlik.

Robbie Robertson is legendaries onder mense wat die Band kan onthou en
in Dylan belangstel.

The Last Waltz is seker die greatste fliek wat ooit van 'n
rock-konsert gemaak is. Martin Scorsese (wat dit gemaak het) het dit
egter verlede jaar opgevolg met No Direction Home, 'n dokumentêre
fliek oor Dylan se lewe. Twee DVD's lank, maar fassinerende kykstof,
onder meer vanwee die geskiedkundige footage nie net oor Dylan nie,
maar bv. die New York scene van die jare 50 en 60.
Re: Robbie Robertson [boodskap #110422 is 'n antwoord op boodskap #110421] Wo, 31 Mei 2006 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf

> Robbie Robertson is legendaries onder mense wat die Band kan onthou en
> in Dylan belangstel.
>
> The Last Waltz is seker die greatste fliek wat ooit van 'n
> rock-konsert gemaak is. Martin Scorsese (wat dit gemaak het) het dit
> egter verlede jaar opgevolg met No Direction Home, 'n dokumentêre
> fliek oor Dylan se lewe. Twee DVD's lank, maar fassinerende kykstof,
> onder meer vanwee die geskiedkundige footage nie net oor Dylan nie,
> maar bv. die New York scene van die jare 50 en 60.

Ons het "No Direction Home" die afgelope twee dae
gekyk ( my man het dit bestel), en daar sien mens
soms perifer vir Robbie Robertson sit.
Ek is spesiaal geinteresseerd in Robertson oor
sy Ontario-konneksie. Sy pa was glo wit en van Toronto,
en sy ma was 'n Mohawk van die Six Nations Reserve
wat tussen Hamilton en Brantford geleë is. Die leier
van die Six Nations ( wat saam met die Engelse teen
die Amerikaners geveg het en so verseker het dat
Ontario Brits gebly het) se Christen-naam was Joseph
Brant - vandaar Brantford. Daar was nou onlangs 'n
standoff tussen lede van die Six Nations en lokale
developers, oor 'n stuk land wat die Six Nations sê
dat dit aan hulle behoort. Die moeilikheid het gekom
by Caledonia. Ek sien een van Robbie Robertson
se songs het die naam Caledonia.

Daar is 'n chapel op die Six Nations reserve
wat as die enigste ROYAL chapel in Noord-Amerika
bekend staan, want dit is direk as sodanig gemagtig
deur die Engelse monargie. Ons dogter is in daardie
chapel getroud.

Gloudina
Re: Robbie Robertson [boodskap #110428 is 'n antwoord op boodskap #110421] Wo, 31 Mei 2006 22:20 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf

No Direction Home, 'n dokumentêre
> fliek oor Dylan se lewe. Twee DVD's lank, maar fassinerende kykstof,
> onder meer vanwee die geskiedkundige footage nie net oor Dylan nie,
> maar bv. die New York scene van die jare 50 en 60.

Ek kan nie sê dat ek ooit 'n groot fan van
Bob Dylan was nie. Ek het nie van sy soort
singery gehou nie, het nie gehou van die
manier waarop hy sy lippe beweeg het nie,
ensovoorts ensovoorts. Maar nadat ek "No
Direction Home"gesien het, het ek bietjie
meer simpatie met hom. Ek was geamuseer
oor die manier waarop hy die stupid vrae wat
mense vir hom gevra het, beantwoord het.
Ek dink ook dat op 'n manier hy en Leonard
Cohen eintlik geesgenote is, beide in die
manier waarop hulle sing en die manier waarop
hulle reageer as mense van hulle ikone wil
maak.

Gloudina
Vorige onderwerp: UCT MBA program onder die beste
Volgende onderwerp: JA! in Den Haag wag ons ......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 07:33:51 MGT 2024