Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dan Roodt se gepraagtery
Dan Roodt se gepraagtery [boodskap #109056] Di, 21 Februarie 2006 01:18 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dan Roodt


Ferdi Greyling: Los Kemptonpark se wonderwerk uit

Die swakkes van gees, soos die armes, sal ons altyd met ons hê.
Gelukkig het die wêreld ook loodgieters en poskantoor-amptenare nodig,
anders sou daar dalk nie vir hulle plek gewees het nie.

Die probleem is egter dat naïewe, horingdom Afrikaners dikwels in die
nuwe orde tot posisies bevorder word wat, soos die Peter-prinsiep lui:
"bokant die vlak van hul eie bekwaamheid" val. Vele naïewe, horingdom
Afrikaners skryf natuurlik ook rubrieke in koerante van die Nasionale
Persgroep.

As daar een koerant is wat nog dommer en kruiperiger as die gemidelde
Naspers-koerant is, is dit Beeld. En as daar een rubriekskrywer is wat
nog dommer en kruiperiger as die gemiddelde is, is dit Ferdi Greyling.

Femelende Ferdi is die dorpsidioot van die Afrikaanse joernalistiek.
Dis 'n wonderwerk dat die man kan spel, maar miskien kan hy nie eens
spel nie en is dit wat ons in die koerant lees bloot die resultaat van
'n spanpoging tussen hom en die sub-redakteur.

In elk geval. Ferdi het al baie lowende uitbarstings oor ons "pragtige
grondwet" geskryf. Maar dit weerhou hom nie daarvan om nogmaals, so al
om die drie maande, nóg 'n lowende uitbarsting oor die grondwet te
prakseer nie.

En as die grondwet nog gekoppel kan word aan die woord "wonderwerk",
dan is ons nou volledig in die bulkende Baptistekerk van Ferdi waar die
lidmate handjies klap, swymelend in tale begin spreek, mekaar tranerig
om die hals val en gelukwens oor "die wonderwerk".

In Ferdi se kerk gaan dit egter nie om die verlossing wat Christus
gebring het nie, maar oor die verdrukking wat die ANK gebring het. 'n
Verdrukking waarvoor ons, broeders en susters, oneindig dankbaar moet
wees! Dit kon soveel erger gewees het. Die kranige guerillastryders en
verskriklike vryheidsvegters kon ons dalk almal uitgemoor het! Wees dus
dankbaar dat u nog lewe en soggens - dit boonop nog buite die tronk -
die voëltjies kan hoor sing en die sonnetjie kan sien skyn.

Juvenalis se opmerking in sy eerste satire, "waarom sal ek die
perkament ontsien as soveel digters dit opmors?" is insgelyks Ferdi
Greyling se lewensfilosofie. Diegene met 'n groen bewussyn sal vandag
huil as hulle daaraan dink dat bome afgekap moet word om aan mense soos
Ferdi die geleentheid te bied om goeie koerantpapier te bederf.

Ferdi se titel kondig reeds die inhoud aan: Los Kemptonpark se
wonderwerk uit. Hallelujah! Toe Roelf Meyer - waaroor die pankop
owerspeler FW de Klerk uitgeroep het, "My God, Roelf, nou het jy ons
moes uitverkoop!" - ons verraai en in die slymerige drein van 'n
ANK-toekoms afgespoel het, het die engele geneurie en oor Ferdi se
kerktoring gevlieg.

Daarom, soos Ferdi dit goedgelowig en naïef stel: "Daardie ooreenkoms
(Meyer se Kempton-gesteier - DR) is 'n politieke heiligheid en is
vandag die kern van omtrent ons hele samelewing. Dit is die fondament
van versoening en samewerking tussen verskillende etniese groepe en dit
vorm ons visie vir die toekoms."

Bid jou dit aan!

In die Roomse Kerk is daar 'n komitee van kardinale wat moet beslis of
wonderwerke plaasgevind het of nie en of sommige Katolieke gelowiges
werklik vir Moeder Maria iewers op 'n heuwel in Brasilië of Pole
aanskou het (sover ek weet verskyn die Maagd gewoonlik aan sterflikes
op 'n heuwel). In die Ferdi-kerk vir swaksinnige Afrikaners bestaan
sulke verfyndhede nie en is dit 'n wonderwerk as een of ander dronk
Boerehater-joernalis van die BBC dit in 'n oomblik van taalkundige
onbeholpenheid as sodanig bestempel.

It's a miracle, man. Oh yeah. Pass me another pint, please.

Dus teem Ferdi agterna: "Die kwaliteit van die ooreenkoms en die diepe
erns van alle partye wat vennote daarin was, het die buitewêreld in so
'n mate geïmponeer dat hulle dit as die 'Suid-Afrikaanse wonderwerk'
bestempel het."

Die "buitewêreld"! In die naeltjiekyk-heelal van die naïewe,
horingdom Afrikaner is die "buitewêreld" of "oorsee" al halfpad hemel
toe en moet ons dit met gewyde ontsag behandel. Ons trek ons skoene uit
as ons die vliegtuig by Jan Smuts-lughawe (binnekort O.R. Tambo
Airport) bestyg en kniel in aanbidding voor die "politieke heiligheid"
van Rinkhals Roelf se epifaniese oomblik van oorgawe aan Ramaphosa,
soos dit al soveel keer deur Chris Louw, Patti Waldmeir en ander in
boekvorm beskryf is.

Maar iewers is daar 'n slang in die gras, of liewer die paradys, want
Femelende Ferdi spreek aan die einde van sy eulogie aan die grondwet sy
kommer uit oor Brigitte (nie Bardot nie maar Mabandla) wat die howe se
finansies wil oorneem. Dan is daar nog Hoofman Thabo wat dalkies vir
hom 'n derde termyn sal "organiseer" deur die allerheilige grondwet met
behulp van die ANK se 72% meerdheid te verander.

Nou wonder Ferdi so op sy eentjie en deur die newels van sy
lekkergeloof dryf vae vraagskimme oor die waters. Nogal "bitter
gevaarlike vrae", soos hy dit noem.

Om jou hand in die klas op te steek en 'n vraag te vra, is vir die
Ferdi's van dié wêreld tereg 'n "bitter gevaarlike" stap. Dit
impliseer immers 'n vorm van kognisie wat iewers in hul verstand wat
hom gewoonlik met blinde aanbidding en ewe klakkelose konformisme besig
hou, mag plaasvind. 'n Soort gejeuk iewers onder hulle hare waar dit
gewoonlik nie behoort te jeuk nie.

Te veel "bitter gevaarlike vrae" en ons is binnekort by "kritiese
denke" - wat in die nuwe Suid-Afrika sinoniem is met "kranksinnige
regsheid en rassisme" - en van daar af is dit maar 'n hanetree na Van
Wyk Louw se "skipbreuk van alle sekerhede".

Blykbaar klap Jakes Gerwel namens Hoofman Thabo die sweep op die
Naspers-direksie as dit by die ideologiese inhoud van Beeld en ander
ANK-mondstukke kom. In 'n hermeties verseëlde wêreld waar slegs een
blye boodskap, dié van die revolusie en van "die wonderwerk" bestaan,
weet ons dat Femelende Ferdi binnekort sy transdans rondom die
aanvaarde "politieke heilighede" sal hervat.

En nogmaals sal Ferdi Hoofman Thabo en Sy Grondwet ten hemele prys.
Re: Dan Roodt se gepraagtery [boodskap #109083 is 'n antwoord op boodskap #109056] Di, 21 Februarie 2006 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lukas Louw  is tans af-lyn  Lukas Louw
Boodskappe: 11
Geregistreer: Oktober 2005
Karma: 0
Junior Lid
Wat is "Kemptonpark se wonderwerk"?

Lukas
Re: Dan Roodt se gepraagtery [boodskap #109119 is 'n antwoord op boodskap #109083] Wo, 22 Februarie 2006 04:58 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dink hulle het al 800 mm reen die seisoen gekry

"Lukas Louw" wrote in message
news:5TCKf.437729$qk4.320654@bgtnsc05-news.ops.worldnet.att. net...
> Wat is "Kemptonpark se wonderwerk"?
>
> Lukas
>
Vorige onderwerp: Die plase - vir Annette...
Volgende onderwerp: 'Holland krijgt Europas strengste toelatingstest voor migranten'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 19:09:01 MGT 2024