Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hallo Almal
Hallo Almal [boodskap #108082] Wo, 11 Januarie 2006 12:09 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Goeie dag aan almal hier

Ek sien in die kort rukkie wat ek met vakansie was het Gloudina verander in
Hessie, en ons vuilbek vriend wat die bOEre so haat trek nou by alias 50+
naamlik "Ruiter in Swart"

In elk geval, ek is bly julle is nog hier, en ek hoop julle het die feestyd
geniet waar ookal julle was.
Re: Hallo Almal [boodskap #108084 is 'n antwoord op boodskap #108082] Wo, 11 Januarie 2006 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
Die ou met die naam van Almal is weg so hy sal nie terug hallo se nie :))

"Riaan" skryf in boodskap news:1136981101.472726@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Goeie dag aan almal hier
>
> Ek sien in die kort rukkie wat ek met vakansie was het Gloudina verander
> in Hessie, en ons vuilbek vriend wat die bOEre so haat trek nou by alias
> 50+ naamlik "Ruiter in Swart"
>
> In elk geval, ek is bly julle is nog hier, en ek hoop julle het die
> feestyd geniet waar ookal julle was.
>
Re: Hallo Almal [boodskap #108091 is 'n antwoord op boodskap #108082] Wo, 11 Januarie 2006 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die groet Riaan, ek's ook steeds hier. Al is dit stilletjies!

DanielJan.

"Riaan" skryf in boodskap news:1136981101.472726@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Goeie dag aan almal hier
>
> Ek sien in die kort rukkie wat ek met vakansie was het Gloudina verander
> in Hessie, en ons vuilbek vriend wat die bOEre so haat trek nou by alias
> 50+ naamlik "Ruiter in Swart"
Re: Hallo Almal [boodskap #108093 is 'n antwoord op boodskap #108082] Wo, 11 Januarie 2006 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> Ek sien in die kort rukkie wat ek met vakansie was het Gloudina verander in
> Hessie

Ons het jou gemis. Waar was jy met vakansie?
Ja, ek moes emigreer na Google. Dit het bietjie
lank geneem om daaraan gewoond te raak, maar
nou begin ek die diversiteit daarvan waardeer. Ek
vind nog altyd dinge uit. Soos byvoorbeeld dat,
as 'n artikel lank is, jy moet voortgaan om die
res van die stuk te lees deur op "read more" te
kliek. Ek het dit nooit eers opgemerk nie.
Ons kry maar swaar met die winter hier
bo in die noorde. Nie so swaar soos Europa
en Asië nie. Ons probleem is dat die temperatuur
te maklik bo vriespunt gaan, en dan smelt die
sneeu en dan word dit ys as dit vries. En die
dae is mistig of reënerig. Ek verkies 'n winter
waar die temperatuur -10 C of so bly, en vol
sonskyn is.
In alle geval, dis nou ons dae wat langer
word, en julle s'n wat korter word, so sit dit
in jou pyp en rook dit.

Gloudina

Gloudina
Re: Hallo Almal [boodskap #108095 is 'n antwoord op boodskap #108093] Wo, 11 Januarie 2006 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina / antie

Hier maak jou iets wakker in my... dit kom van 'n ou gesegde wat ons op
varsity gebruik het. Ons het dikwels gesê "Put that in your hat and smoke
it!". Nou lees ek iets nuuts by jou > so sit dit in jou pyp en rook dit. <
Het jy enige idee van waar enige een van hierdie twee gesegdes se oorsprong
sou wees? Ja, my weergawe kom logisties voor as effe onmoontlik, maar dit
was so algemeen gebruik dat geen aandag gebied was aan die praktiese
logistieke van die woorde nie!

Erens kry ek die gevoel dat dit (my weergawe) moontlik afkomstig is van iets
gebore vanuit die 'Cheech and Chong' tydperk? Of miskien 'n Monty Python
sketch?

Groete en wense

DanielJan

"Hessie" wrote in message
news:1136995316.012977.182790@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .

Riaan skryf

> Ek sien in die kort rukkie wat ek met vakansie was het Gloudina verander
> in
> Hessie

Ons het jou gemis. Waar was jy met vakansie?
Ja, ek moes emigreer na Google. Dit het bietjie
lank geneem om daaraan gewoond te raak, maar
Re: Hallo Almal [boodskap #108100 is 'n antwoord op boodskap #108095] Wo, 11 Januarie 2006 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DanielJan skryf

> Hier maak jou iets wakker in my... dit kom van 'n ou gesegde wat ons op
> varsity gebruik het. Ons het dikwels gesê "Put that in your hat and smoke
> it!". Nou lees ek iets nuuts by jou > so sit dit in jou pyp en rook dit. Het jy enige idee van waar enige een van hierdie twee gesegdes se oorsprong
> sou wees?

My "sit dit in jou pyp en rook dit " is natuurlik net
doodgewoon 'n vertaling van die Engelse "put that
in your pipe and smoke it" en is dus 'n Anglisisme
en nie iets wat ek in Afrikaans moes gebruik nie.
Ek het dit doelbewus daarin gesit om te kyk of
iemand my daaroor oor die vingers sou tik. Waar
jou uitdrukking vandaan kom, weet ek nie.
Ons gesprek laat my nou dink aan die
gewoonte wat pyprokers het om die tabak wat
in hulle pyp is, effens dood te druk, maar nie
heeltemal uit nie, sodat die ding nog effentjies
smeul, en dan sit hulle dit in hulle sak vir die
volgende keer. Ek het nie van dié gewoonte
geweet nie, maar die enigste brand in ons
woonstelgebou het so ontstaan. Die ou oom
het die halfbrandende pyp in sy jassak gesit,
dit in die middel van die winter. Die jas was
in die kas by die voordeur van die woonstel.
Toe hulle alarm begin lui, was die vuur al besig
om die deur van die kas af te brand. Hulle
bel toe 911 en soek uitvlugting op die balkon,
maar laat die patio deur oop, sodat die lug
die vlamme voed. Die ou vroutjie is dood in
die hospitaal van die brandwonde, seker
omdat sy naaste aan die oop deur was.
Toe kom kuier 'n man uit SA vir ons,
'n wiskundige van RAU. Ons huisves hom
in een van ons kinders se huis, wat met
vakansie was. En sowaar, die man doen
dieselfde ding met sy pyp, en hoe meer
ek beswaar maak, hoe meer lag hy net
vir my en sê ek hoef my nie te bekommer
nie.

Gloudina
Re: Hallo Almal [boodskap #108111 is 'n antwoord op boodskap #108093] Do, 12 Januarie 2006 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n huis in Umkomaas. Dit is so min of meer in die middel van
Amanzimtoti. en Scottburgh. Dit is nie 'n tipiese swemstrand nie en is meer
bekend vir diepsee duik en visvang danksy die baie gewilde koraal rif so 4Km
die see in.

Ek is nie 'n duiker of visserman nie, maar ek het die erf so 3 jaar terug
spotgoedkoop in die hande gekry en toe maar besluit om huis te bou daar vir
vakansie tye.

"Hessie" wrote in message
news:1136995316.012977.182790@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .

Riaan skryf

> Ek sien in die kort rukkie wat ek met vakansie was het Gloudina verander
> in
> Hessie

Ons het jou gemis. Waar was jy met vakansie?
Ja, ek moes emigreer na Google. Dit het bietjie
lank geneem om daaraan gewoond te raak, maar
nou begin ek die diversiteit daarvan waardeer. Ek
vind nog altyd dinge uit. Soos byvoorbeeld dat,
as 'n artikel lank is, jy moet voortgaan om die
res van die stuk te lees deur op "read more" te
kliek. Ek het dit nooit eers opgemerk nie.
Ons kry maar swaar met die winter hier
bo in die noorde. Nie so swaar soos Europa
en Asië nie. Ons probleem is dat die temperatuur
te maklik bo vriespunt gaan, en dan smelt die
sneeu en dan word dit ys as dit vries. En die
dae is mistig of reënerig. Ek verkies 'n winter
waar die temperatuur -10 C of so bly, en vol
sonskyn is.
In alle geval, dis nou ons dae wat langer
word, en julle s'n wat korter word, so sit dit
in jou pyp en rook dit.

Gloudina

Gloudina
Re: Hallo Almal [boodskap #108120 is 'n antwoord op boodskap #108111] Do, 12 Januarie 2006 13:58 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf

> Ek het 'n huis in Umkomaas. Dit is so min of meer in die middel van
> Amanzimtoti. en Scottburgh. Dit is nie 'n tipiese swemstrand nie en is meer
> bekend vir diepsee duik en visvang danksy die baie gewilde koraal rif so 4Km
> die see in.

Lekker. Ek ken daardie deel van Natal taamlik
goed, want ek het op Adams Mission skoolgehou
vir altesame vyf jaar, twee verskillende kere.
Was jy al ooit op Adams Mission? Dit kan
bereik word deur die teerpad wat uit Amanzimtoti
na die binneland gaan te neem. Ek het op 'n
stadium gehoor dat dit gesluit is, maar ek neem
aan dat die geboue nog gebruik word as 'n
lokale skool, en dat alleen die koshuise van
die ou bedeling gesluit is. Toe dit nog 'n
Amerikaanse sendingstasie was ( tot 1955)
het skoliere van oor die hele SA en selfs
buite SA daar skoolgegaan. Die hele plek
Adams Mission is lank gelede al as 'n
nasionale monument verklaar. Daar is
êrens 'n sitplek wat uit die stene van die
ou skool gemaak is. Hierdie skool was
die eerste Westerse skool in Natal, en
toe Natal se onderwysdepartement sy
eeufees gevier het, was dit omdat hierdie
eerste skooltjie op Adams Mission opgerig
is. Gedurende die tyd van Daniel Lindley.

Gloudina
Vorige onderwerp: Google: waarom niet in het afrikaans ?!?
Volgende onderwerp: Verjaarsdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 10:07:39 MGT 2024