Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » uit Litnet : Die probleem met die Afrikaner - Jonathan Jansen
uit Litnet : Die probleem met die Afrikaner - Jonathan Jansen [boodskap #108070] Ma, 09 Januarie 2006 22:50 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die probleem met die Afrikaner
Jonathan Jansen*


Net meer as 100 jaar gelede het 'n diepe angstigheid die
"republikeinse allerheiligste" - die stad Pretoria - beetgepak.
Juis hier is Kerkplein se balkonne volgepak terwyl Union Jacks regoor
die stad gewapper het. Swart inwoners was ekstaties oor die
moontlikheid van 'n beter bedeling as dié wat hulle onder die Boere
te beurt geval het. Britse onderdane het suurlemoene uitgedeel om die
inkomende troepe te verfris. Johanna Brandt het die Vierkleur om haar
hoed gebind terwyl sy gadegeslaan het wat sy beskryf het as "...the
soul-sickening display of imperial patriotism". En 'n plaaslike
inwoner het in haar dagboek aangeteken: "This afternoon the troops
marched in in thousands. It was a sight we will never forget. There
seemed no end to them...Its all over. Pretoria belongs to England"1

Minder as tien dae gelede het 500 Afrikanerstudente na die
Administrasiegebou van die Universiteit van Pretoria gemarsjeer. Hulle
het beweer dat hulle tradisies ondermyn word, dat Afrikaans
gemarginaliseer word en dat onbevoegde buitestaanders (lees: swart
mense) stadig besig was om bevoegde binnestaanders (lees: Afrikaners)
te vervang. Hulle het lustig die apartheidslied, Die Stem, gesing
terwyl 'n nie te onaansienlike getal werknemers by die administrasie
so ewe vanaf die balkon by hulle ingeval het. Wat hierdie groep wit
nasionaliste betref, behoort Pretoria aan die swartes en wil dit
voorkom of daar geen einde is aan hulle nie. Dis nogeens alles verby.

Ek noem hierdie waarnemings enersyds om aan te toon dat Pretoria nog
steeds 'n simbool is van 'n langdurige stryd tussen mense uit 'n
diep verdeelde samelewing en andersyds om te suggereer dat vrae oor
identiteit, mag en eienaarskap vandag net so lewend is as wat dit 105
jaar gelede was.

Dit is vir my baie moeilik om oor "die Afrikaner" (of, vir
dieselfde prys, oor Zoeloe- of Kleurling-identiteit) te praat, want ek
glo nie dat hierdie identiteite essensieel, permanent, universeel of
onskuldig is nie. Effe anders gestel, ons praat hier van onlangse
identiteite; hulle is polities gekonstrueer, hulle neem veelvuldige
betekenisse aan en dit is onwaarskynlik dat hulle die verskyning van
nuwe nasionale identiteite in Suid-Afrika, maar veral ook in die
konteks van 'n geglobaliseerde wêreld, sal oorleef.

'n Mens hoef maar net die Afrikaanse pers op Sondae en op weeksdae te
volg om 'n diepe angs by wit (en ook sommige swart)
Afrikaanssprekendes te bespeur oor wie of wat 'n Afrikaner is ...
'n Afrikaan? 'n Eurokaan? 'n Suid-Afrika(a)n/er? Ons het hier te
make met belangrike bakens van 'n identiteit onder die druk van
verandering en, vir my, 'n baie belangrike geleentheid om die
rassistiese mites van kolonialisme en apartheid te destabiliseer en ons
gemeenskaplike menslikheid te herstel.

Maak egter geen fout nie. Dit gaan vir Suid-Afrikaners baie moeilik
wees om af te sien van ons apartheidsidentiteite. Ek het dit terdeë
besef toe ek onlangs besoek afgelê het by die museum langs die
Grondwetlike Hof in Hillbrow. Vier van die oorspronklike houers waarin
kos aan gevangenes uitgedeel is, is daar uitgestal: 'n groot pot vir
wit gevangenes, 'n effens kleiner een vir Indiër-gevangenes, 'n
nog kleiner een vir gekleurde gevangenes en dan die kleinste een vir
swart gevangenes. Ek het toe verstaan hoe hierdie vals identiteite 'n
konkrete, letterlike betekenis aangeneem het. Meer nog, ek het verstaan
hoe die voorwendsel van 'n "hoër" identiteit 'n wesenlike
verskil kon maak ten opsigte van die ware essensie van oorlewing en
welsyn - met ander woorde, om genoeg te hê om te eet. Dit help nie
juis wanneer die nuwe amptenary steeds daarop aandring om mense in
terme van hierdie verdelende identiteite te kategoriseer nie - dit,
elf jaar ná die wettige beëindiging van apartheid - via die sensus,
via gelyke-indiensnemingsvoorleggings, via die aanteken van
eksamenuitslae.

Maar daar is nog 'n rede waarom ek skepties is oor hierdie
veronderstelde inklusiewe of allesomvattende etiket, die Afrikaner.
Afrikaners verteenwoordig meer as ooit tevore 'n ryklik diverse groep
mense in terme van óf ideologiese óf politieke oriëntasie; in terme
van ekonomiese en sosiale status; en in terme van godsdienstige of
siviele verbintenis. Die immer lendelam aanname dat Afrikaners 'n
kulturele en politiese monoliet is, veral op die kruin van
Afrikaner-nasionalistiese regering, kan nie langer verdedig word nie.
Ek sal waarskynlik nie so ver soos Chris Brink gaan en praat van
Afrikaner-agnostisisme in my poging om hierdie veelvuldige en
gefraktureerde identiteite te beskryf nie, maar sy observasie rakende
'n groeiende diversiteit binne hierdie groep Suid-Afrikaners is
korrek.

Dit is dus belangrik om te verstaan dat my algemene opmerkings nie
gekonstrueer moet word as veralgemeenbare aansprake rakende die gedrag
van 'n groep mense nie - in hierdie geval, Afrikaners.

Dit is een ding om die halsstarrigheid van hierdie gekonstrueerde
identiteite te herken; dit is egter 'n heeltemal ander saak om te
aanvaar dat die simbole van konfrontasie dit waarop hulle aanspraak
maak, verteenwoordig. Een van die kragtigste simbole van 'n opkomende
Afrikaner-nasionalisme ná 1994 is die Afrikaanse taal. Dit was die een
ding wat sowel sagte as harde wit nasionaliste gemobiliseer het om die
aansprake van die Afrikaner te bevorder - vanaf Afrikaansmedium skole
tot Afrikaanse klasse aan voormalige Afrikaanse universiteite.

Maar die probleem is juis hierin geleë. As ons hier besig was met 'n
ernstige debat oor Afrikaans as 'n taal, kon die probleem sonder veel
ophef gehanteer word. Die media, en nie slegs enkele analiste nie, het
die tekens in hierdie opsig heeltemal verkeerd gelees. Die handhawing
van Afrikaans is nie 'n stryd om taalregte nie; dit is 'n handige
banier waaragter sekere persone die verlies van mag, die verlies van
voorregte, asook die verlies van plek kan bekla.

Daar is 'n diep en tasbare bitterheid te bespeur by die giftiger
element Afrikaner-nasionaliste oor wat in 1994 gebeur het. Hoewel ek
reken dat die meerderheid Afrikaners in wisselende grade van
akkommodasie die nuwe regime aanvaar het, tel hulle nie onder diegene
wat die nasionalistiese agenda belig nie. Vir hierdie raserige en
sigbare minderheid wit Afrikaners is die verlies van dominansie 'n
onafgehandelde saak wat nie soseer in die vorm van vrugtelose
sabotasie-kampanjes deur regse fanatici te voorskyn sal tree nie
(hoewel hierdie aspek natuurlik nie ten volle uitgeskakel kan word
nie). Dit sal eerder die vorm aanneem van intense openbare veldtogte
rondom die een ding waaroor die regering sensitief voorkom - die
Afrikaanse taal. Kru gestel: die protes sal nie die bosagtige voorkoms
aanneem van AWB-tipe aggressie nie, maar wel die skoongeskeerde gesig
van kwasi-intellektuele oproermakers en hul manlike studentesurrogate.

Maar Afrikaners maak in hierdie opsig 'n reusefout deur iets ernstig
te lees in die oënskynlik ernstige pogings en bedoelings aan die kant
van swart nasionalistiese politici om daadwerklik iets substansieel te
doen om Afrikaans te bevorder of te beskerm. Dit is baie moeilik om die
President se oproep by (van alle plekke) die onlangse Algemene
Nasionale Raad van die ANC te verstaan, naamlik om aandag te gee aan
Afrikaans - buite-om die politieke behoefte daaraan om beskou te word
as versoenend jeens 'n groep wat hul dominansie meer as 'n dekade
gelede op so 'n dramatiese wyse verloor het. Toe die President
hierdie oproep gemaak het, was ek geamuseer deur die skreeuende
opskrifte wat in 'n Afrikaanse Sondagkoerant gevolg het, en waarin
'n lang lys voorskrifte aangebied is van moontlike maniere waarop hy
sy mondelinge verbintenis kon implementeer.

Die ANC het geen voorneme om Afrikaans ernstig op te neem nie, en wel
om twee redes. In die eerste plek: Afrikaners onderskat oor die
algemeen totaal en al die diep-, diepgesetelde bitterheid wat steeds
voortduur by swart inwoners suid van Pretoria oor die onderdrukkersrol
van Afrikaans, by uitstek gedurende die 1970's. In die gemoed van
gewone en magtige swart mense is Afrikaans en Afrikaners onlosmaaklik
verbind - ten spyte van argumente wat aangaande die diverse
oorspronge van hierdie taal gemaak kan en behoort te word. In die
tweede plek: dit is hoogs onwaarskynlik dat die ANC enigiets sal belê
in 'n taal wat vir 'n groot deel van die vorige eeu oorheersing met
Engels gedeel het, terwyl dit inderwaarheid geen betekenisvolle
beleggings gemaak het in daardie ander tale wat vir eeue op groteske
wyse afgeskeep is in terme van wetenskap en vakkundigheid nie.
Afrikaans is dus selfs vir die regerende party 'n simboliese
"middel" waardeur breër politieke doelwitte van verdraagsaamheid,
indien nie versoening nie, bereik kan word.

Dit is egter belangrik om die onlangse eskalasie in openbare protes by
aktiviste onder die Afrikanerminderheid te verstaan - dringende
ontmoetings wat deur die President in sy kantoor toegestaan word of met
sy afgevaardigdes iewers in die bos - en veral op
universiteitskampusse in antwoord op die sluiting van plek en voorreg
in die publieke domein. Politieke mag is effektief verlore. Afrikaners
wend hulle nou tot die paar instellings wat oorgebly het waarbinne
kultuur, taal, voorreg en witheid steeds gelaer kan word. Maak nie saak
watter ander voordele sulke instellings mag inhou nie, hierdie ruimtes
maak voorsiening vir die kweek van skeiding en uniekheid. Die
instellings waarna ek verwys, is die kerk, rugby, openbare skole en
universiteite.

Dit is duidelik dat die kerk en ander vorme van kulturele organisasie
oorgebly het as die enigste vrywillige assosiasies waarbinne Afrikaners
steeds kan opereer op wyses wat ander tipes mense effektief uitsluit,
selfs wanneer Christelike, Afrikaanssprekende kulturele organisasies
- soos een prominente groepering - uiteindelik instem om toegang
tot nie-Christene te verleen, op voorwaarde dat die organisasie
Christelik bly.

Ek moet nog uitmaak wat Afrikaners bedoel met die term Christelik.
Wanneer Tukkie-studente van die Voortrekkerkoshuis (in Hatfield) 'n
vlag hys wat proklameer dat hierdie koshuis (slegs) vir Manlike, wit,
Afrikaners en Christene is - begin ek verstaan waarom Christen vir
talle (hoewel sekerlik nie vir alle nie) Afrikaners deel is van 'n
pakket, iets wat onskeibaar is van witheid, afsonderlikheid, Afrikaans
en die kerk. Dit is 'n ontstellende wanvoorstelling en verdraaiing
van Christus se boodskap, 'n begrip van Christelikheid wat lankal
geskei is van Skrifwaarhede ten einde 'n hardnekkige rasse-arrogansie
te voed.

Maar die wit, hoofstroom Afrikaanse kerk bly een van die min plekke
waar sulke rassemites nie slegs verdra word nie, maar inderdaad
bevorder en geseën word, dikwels sonder dat dominees of selfs die
gemeentes bewus is van die feit dat hul praktyke en diskoerse aanstoot
gee. Ek het onlangs die begrafnisdiens van 'n dierbare kollega
bygewoon in 'n Nederduitse Gereformeerde Kerk iewers in die weste van
Pretoria, en in hierdie eksklusief wit gemeente het ek volkome ontuis
gevoel. Maar die boodskap was warm, die diens was informeel en die
mense vriendelik. Ek het egter net tuis genoeg begin voel in hierdie
gemaklike ruimte om te rou oor ons kollektiewe verlies toe die dominee
skielik en sonder waarskuwing 'n "grap" probeer maak het, een wat
borduur was met rasse-paternalisme oor "die Kleurlinge in
Stellenbosch". Hierdie "grap" het 'n gelag onder die groot skare
ontlok - en die dominee het bloot voortgegaan met die diens asof niks
gebeur het nie. Ja, dit is wat rasseskeiding 'n volgende geslag
gelowiges kos.

Die probleem met rugby, aan die ander kant, is dat die kwotastelsel die
sport effektief getransformeer het tot 'n gaandeweg meer
verteenwoordigende demografie, ten spyte van die infantiele gedrag van
die spel se administrateurs. En namate meer Habanas en Mmametsas na
vore tree en deur hul vertonings die mees gekoesterde leuens van die
wit nasionaliste verwoes, sal daardie simpel vrae oor bevoegdheid of
standaarde inderwaarheid verdamp.

Die probleem met universiteite is dat die dae toe Afrikaner-dominansie
en voorreg volgehou kon word, eenvoudig gestel, getel is. Dit is
nêrens duideliker nie as by plekke soos die voormalige RAU, die
voormalige UPE en die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit van
Pretoria, geleë onder die waaksame oog van die Uniegebou, binne
loopafstand van die meeste nasionale regeringsdepartemente, by die
kruising van die grootste wêreld-ambassades, en in die hart van die
diplomatieke hoofstad op die kontinent Afrika, sal, as niks gedoen word
nie, binne minder as 'n dekade 'n Engels-medium universiteit word.
Dit is insiggewend dat die "voorkeurtaal" (die taal waarin die
meeste van ons 40 000+ studente onderrig wil word), Engels is - en
hierby is 'n betekenisvolle basis Afrikaans-eerstetaalsprekendes
ingesluit.

Na my mening sal hierdie uitkoms uiters betreurenswaardig wees en ek
sal pogings steun om te verseker dat Afrikaans prominensie geniet -
let wel, nie dominansie nie! - in die lewe en kultuur van hierdie
formidabele instansie.

My probleem ontstaan wanneer die stryd om Afrikaans gekoppel word aan
die strewe na Afrikaner-dominansie in die tradisies, seremonies en
klaskamers van die universiteit. Dit raak 'n probleem wanneer die
protagoniste van Afrikaans die terme van die debat probeer omraam as
'n politiek wraaksugtige respons tot Engels, of, meer pertinent, die
Engelse. Soos een student se plakkaat verlede week lees: Slegs Engels
is erger as Slegs Blankes.

Hierdie soort vensters op die gedrag van die taalprotagoniste
ondersteun Mariana Kriel ('n doktorale student aan die Londense Skool
vir Ekonomie en Politieke Wetenskap) se siening dat dit steeds
onmoontlik is om oor Afrikaans te praat sonder om oor
Afrikaner-nasionalisme te praat. Wanneer dit gebeur, raak dit baie
moeilik om die saak vir Afrikaans te bevorder op grond van sy ryk
sosiale en literêre nalatenskap, en sy potensiaal om brûe oor kulture
en gemeenskappe te bou. Die protagoniste verstaan nie dat wanneer dit
gebeur, die stryd om Afrikaans effektief verlore is nie.

Die mees intense gevegte het hulle onlangs onder die vaandel van
Afrikaans in wit skole uitgespeel. By die eerste blik wil dit voorkom
of dit bloot gevegte is oor eksklusief Afrikaanse skole wat Engels wil
uithou, terwyl die landswette ewe liberaal aangehaal word. Maar dit
gaan bepaald nie om die uithou van Engels nie - dit gaan om die
uithou van swart studente. Daar is weliswaar Afrikaanse skole wat
dubbelmediumskole geskep het wat die toelating van swart studente tot
hul sterk akademiese kulture fasiliteer. Maar die oomblik dat hulle dit
doen, haas middelklas- en selfs behoeftiger Afrikaners hulle na wat ek
noem kontrapunt- (counterpoint) skole, dit wil sê, daardie leliewit
skole op die heuwel. Hierdie hoofde protesteer bitterlik; en selfs
wanneer ons aantoon dat ons slaagpunte in matriek gehandhaaf word en
dat daar trouens selfs daarop verbeter word, neem hierdie ouers steeds
hul kinders uit ons skole.

Ek praat, by wyse van beklemtoning, van skole waarin daar 'n baie
sterk akademiese kultuur bestaan en waar daar 'n baie sterk
konsentrasie van Afrikaans neffens Engels in die skoolkurrikulum
bestaan. Dit sou selfs vir die mees geharde taalprotagonis baie moeilik
wees om te redeneer dat ouers bloot van Engels af wegvlug; waarvan
hulle ook weghol, is die sosiale en intellektuele benadeling van hul
kinders, is die onsmaaklikheid van rasse-integrasie en die verlies van
rasse-eksklusiwiteit. Dit is hoe eenvoudig en hoe kompleks dit is.

Waarheen gaan ons van hier af?

Watter strategieë ook al gekies word - hetsy polities of
opvoedkundig - dit is belangrik om nie Afrikaans uit te sonder as die
hoofprobleem wat die Suid-Afrikaanse gemeenskap en instellings
konfronteer nie. Ek herhaal: hierdie is nié die primêre dilemma
waarrondom 'n hernieude nasionalisme geloods word nie.

Die eerste stap is om 'n positiewe ingesteldheid jeens veeltaligheid
te koester wat die rykheid en diversiteit van al ons tale sal bevorder.
Deur die debat aan die voormalige Afrikaanse universiteite af te water
tot 'n Afrikaans-Engelse tweestryd laat ons nie net sinlose
Boereoorlog-vyandighede herleef nie, ons verbrou ook die geleentheid om
hiervan 'n taaldebat eerder as 'n bedekte politieke debat te maak.

Die tweede stap is om in elk geval, so ver moontlik, 'n positiewe
omgewing te skep waarbinne dit moontlik gemaak word vir studente om
toegang te hê tot onderrig in hul moedertaal, insluitend Afrikaans.
Maar daar dit onwaarskynlik is dat die staat die bron van nuwe
toegangsroetes gaan wees, móét sulke toegang deur instellings self
verskaf word, óf direk, óf deur eksterne of private bydraes. Sodoende
kan in twee praktiese behoeftes binne die voormalige Afrikaanse
universiteite voorsien word: die behoefte aan meer Afrikaansvaardige
onderwysers en dosente, en die behoefte aan die vertaling en
duplisering van materiaal in Afrikaans.

Die derde stap is om die werklike materiële vrese en besorgdhede onder
Afrikaners aan te spreek. Soos ek elders aangetoon het, demonstreer die
effektiewe uitsluiting van jong Afrikaners, en jong mans in die
besonder, van owerheidsektordienste 'n gebrek aan basiese
welwillendheid en meelewing en verhoog dit die risiko van politieke
vervreemding in ons jong demokrasie. Simboliese gebare rondom Afrikaans
het weinig waarde; die staat het 'n plig om na alle landsburgers om
te sien en hulle in te sluit in terme van werksekerheid.

Die vierde stap is om deur ons lewe as onderwysers en leiers in watter
dissiplines ook al, die kwaliteite van respek, openheid, dialoog,
betrokkenheid by en toegewydheid aan alle mense te betoon; wanneer 'n
mens dit doen, hoef jy nie te bekommerd te wees oor die risiko van
taalvervreemding nie. Ek weet uit ondervinding dat wanneer mense weet
jy werk vir hulle, dat jy aan hulle toegewyd is, dat jy namens hulle
lei, word vooroordeel weggekalwe en begin jy bou aan 'n wedersydse
begrip van die toekoms.

Ná vyf jaar in Pretoria is ek nou van een ding oortuig: die oorgrote
meerderheid van Afrikaners in ons land is ordentlike mense, opgewonde
oor ons nuwe demokrasie, met 'n sterk toewyding aan opvoeding. Ja,
hulle worstel met die taal en die vinnige tempo van verandering; ja,
hulle is dikwels ongemaklik in hul omgang met ander landsburgers op
'n billike en gelyke grondslag; ja, hulle vind dit soms moeilik om te
aanvaar dat die ander-rassige aanstelling vaardiger is; en ja, hulle
gly soms terug in negatiwiteit.

Maar is dit nie waar van almal van ons nie?

1.Ek het hierdie notas, met inbegrip van al die aanhalings in die
eerste paragraaf, saamgestel uit Bridget Dieron (2000) se fassinerende
boek, Pretoria at War, 1899-1900, gepubliseer deur Protea Boekhuis,
Pretoria.


Prof. Jansen is dekaan van die fakulteit Opvoedkunde aan die UP.


LitNet: 12 September 2005
Re: uit Litnet : Die probleem met die Afrikaner - Jonathan Jansen [boodskap #108071 is 'n antwoord op boodskap #108070] Di, 10 Januarie 2006 03:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir die plasing - uiters interessant. (Ek herkou hieraan.)
Hessie wrote:
> Die probleem met die Afrikaner
> Jonathan Jansen*
>
>
> Net meer as 100 jaar gelede het 'n diepe angstigheid die
> "republikeinse allerheiligste" - die stad Pretoria - beetgepak.
> Juis hier is Kerkplein se balkonne volgepak terwyl Union Jacks regoor
> die stad gewapper het. Swart inwoners was ekstaties oor die
> moontlikheid van 'n beter bedeling as dié wat hulle onder die Boere
> te beurt geval het. Britse onderdane het suurlemoene uitgedeel om die
> inkomende troepe te verfris. Johanna Brandt het die Vierkleur om haar
> hoed gebind terwyl sy gadegeslaan het wat sy beskryf het as "...the
> soul-sickening display of imperial patriotism". En 'n plaaslike
> inwoner het in haar dagboek aangeteken: "This afternoon the troops
> marched in in thousands. It was a sight we will never forget. There
> seemed no end to them...Its all over. Pretoria belongs to England"1
>
> Minder as tien dae gelede het 500 Afrikanerstudente na die
> Administrasiegebou van die Universiteit van Pretoria gemarsjeer. Hulle
> het beweer dat hulle tradisies ondermyn word, dat Afrikaans
> gemarginaliseer word en dat onbevoegde buitestaanders (lees: swart
> mense) stadig besig was om bevoegde binnestaanders (lees: Afrikaners)
> te vervang. Hulle het lustig die apartheidslied, Die Stem, gesing
> terwyl 'n nie te onaansienlike getal werknemers by die administrasie
> so ewe vanaf die balkon by hulle ingeval het. Wat hierdie groep wit
> nasionaliste betref, behoort Pretoria aan die swartes en wil dit
> voorkom of daar geen einde is aan hulle nie. Dis nogeens alles verby.
>
> Ek noem hierdie waarnemings enersyds om aan te toon dat Pretoria nog
> steeds 'n simbool is van 'n langdurige stryd tussen mense uit 'n
> diep verdeelde samelewing en andersyds om te suggereer dat vrae oor
> identiteit, mag en eienaarskap vandag net so lewend is as wat dit 105
> jaar gelede was.
>
> Dit is vir my baie moeilik om oor "die Afrikaner" (of, vir
> dieselfde prys, oor Zoeloe- of Kleurling-identiteit) te praat, want ek
> glo nie dat hierdie identiteite essensieel, permanent, universeel of
> onskuldig is nie. Effe anders gestel, ons praat hier van onlangse
> identiteite; hulle is polities gekonstrueer, hulle neem veelvuldige
> betekenisse aan en dit is onwaarskynlik dat hulle die verskyning van
> nuwe nasionale identiteite in Suid-Afrika, maar veral ook in die
> konteks van 'n geglobaliseerde wêreld, sal oorleef.
>
> 'n Mens hoef maar net die Afrikaanse pers op Sondae en op weeksdae te
> volg om 'n diepe angs by wit (en ook sommige swart)
> Afrikaanssprekendes te bespeur oor wie of wat 'n Afrikaner is ...
> 'n Afrikaan? 'n Eurokaan? 'n Suid-Afrika(a)n/er? Ons het hier te
> make met belangrike bakens van 'n identiteit onder die druk van
> verandering en, vir my, 'n baie belangrike geleentheid om die
> rassistiese mites van kolonialisme en apartheid te destabiliseer en ons
> gemeenskaplike menslikheid te herstel.
>
> Maak egter geen fout nie. Dit gaan vir Suid-Afrikaners baie moeilik
> wees om af te sien van ons apartheidsidentiteite. Ek het dit terdeë
> besef toe ek onlangs besoek afgelê het by die museum langs die
> Grondwetlike Hof in Hillbrow. Vier van die oorspronklike houers waarin
> kos aan gevangenes uitgedeel is, is daar uitgestal: 'n groot pot vir
> wit gevangenes, 'n effens kleiner een vir Indiër-gevangenes, 'n
> nog kleiner een vir gekleurde gevangenes en dan die kleinste een vir
> swart gevangenes. Ek het toe verstaan hoe hierdie vals identiteite 'n
> konkrete, letterlike betekenis aangeneem het. Meer nog, ek het verstaan
> hoe die voorwendsel van 'n "hoër" identiteit 'n wesenlike
> verskil kon maak ten opsigte van die ware essensie van oorlewing en
> welsyn - met ander woorde, om genoeg te hê om te eet. Dit help nie
> juis wanneer die nuwe amptenary steeds daarop aandring om mense in
> terme van hierdie verdelende identiteite te kategoriseer nie - dit,
> elf jaar ná die wettige beëindiging van apartheid - via die sensus,
> via gelyke-indiensnemingsvoorleggings, via die aanteken van
> eksamenuitslae.
>
> Maar daar is nog 'n rede waarom ek skepties is oor hierdie
> veronderstelde inklusiewe of allesomvattende etiket, die Afrikaner.
> Afrikaners verteenwoordig meer as ooit tevore 'n ryklik diverse groep
> mense in terme van óf ideologiese óf politieke oriëntasie; in terme
> van ekonomiese en sosiale status; en in terme van godsdienstige of
> siviele verbintenis. Die immer lendelam aanname dat Afrikaners 'n
> kulturele en politiese monoliet is, veral op die kruin van
> Afrikaner-nasionalistiese regering, kan nie langer verdedig word nie.
> Ek sal waarskynlik nie so ver soos Chris Brink gaan en praat van
> Afrikaner-agnostisisme in my poging om hierdie veelvuldige en
> gefraktureerde identiteite te beskryf nie, maar sy observasie rakende
> 'n groeiende diversiteit binne hierdie groep Suid-Afrikaners is
> korrek.
>
> Dit is dus belangrik om te verstaan dat my algemene opmerkings nie
> gekonstrueer moet word as veralgemeenbare aansprake rakende die gedrag
> van 'n groep mense nie - in hierdie geval, Afrikaners.
>
> Dit is een ding om die halsstarrigheid van hierdie gekonstrueerde
> identiteite te herken; dit is egter 'n heeltemal ander saak om te
> aanvaar dat die simbole van konfrontasie dit waarop hulle aanspraak
> maak, verteenwoordig. Een van die kragtigste simbole van 'n opkomende
> Afrikaner-nasionalisme ná 1994 is die Afrikaanse taal. Dit was die een
> ding wat sowel sagte as harde wit nasionaliste gemobiliseer het om die
> aansprake van die Afrikaner te bevorder - vanaf Afrikaansmedium skole
> tot Afrikaanse klasse aan voormalige Afrikaanse universiteite.
>
> Maar die probleem is juis hierin geleë. As ons hier besig was met 'n
> ernstige debat oor Afrikaans as 'n taal, kon die probleem sonder veel
> ophef gehanteer word. Die media, en nie slegs enkele analiste nie, het
> die tekens in hierdie opsig heeltemal verkeerd gelees. Die handhawing
> van Afrikaans is nie 'n stryd om taalregte nie; dit is 'n handige
> banier waaragter sekere persone die verlies van mag, die verlies van
> voorregte, asook die verlies van plek kan bekla.
>
> Daar is 'n diep en tasbare bitterheid te bespeur by die giftiger
> element Afrikaner-nasionaliste oor wat in 1994 gebeur het. Hoewel ek
> reken dat die meerderheid Afrikaners in wisselende grade van
> akkommodasie die nuwe regime aanvaar het, tel hulle nie onder diegene
> wat die nasionalistiese agenda belig nie. Vir hierdie raserige en
> sigbare minderheid wit Afrikaners is die verlies van dominansie 'n
> onafgehandelde saak wat nie soseer in die vorm van vrugtelose
> sabotasie-kampanjes deur regse fanatici te voorskyn sal tree nie
> (hoewel hierdie aspek natuurlik nie ten volle uitgeskakel kan word
> nie). Dit sal eerder die vorm aanneem van intense openbare veldtogte
> rondom die een ding waaroor die regering sensitief voorkom - die
> Afrikaanse taal. Kru gestel: die protes sal nie die bosagtige voorkoms
> aanneem van AWB-tipe aggressie nie, maar wel die skoongeskeerde gesig
> van kwasi-intellektuele oproermakers en hul manlike studentesurrogate.
>
> Maar Afrikaners maak in hierdie opsig 'n reusefout deur iets ernstig
> te lees in die oënskynlik ernstige pogings en bedoelings aan die kant
> van swart nasionalistiese politici om daadwerklik iets substansieel te
> doen om Afrikaans te bevorder of te beskerm. Dit is baie moeilik om die
> President se oproep by (van alle plekke) die onlangse Algemene
> Nasionale Raad van die ANC te verstaan, naamlik om aandag te gee aan
> Afrikaans - buite-om die politieke behoefte daaraan om beskou te word
> as versoenend jeens 'n groep wat hul dominansie meer as 'n dekade
> gelede op so 'n dramatiese wyse verloor het. Toe die President
> hierdie oproep gemaak het, was ek geamuseer deur die skreeuende
> opskrifte wat in 'n Afrikaanse Sondagkoerant gevolg het, en waarin
> 'n lang lys voorskrifte aangebied is van moontlike maniere waarop hy
> sy mondelinge verbintenis kon implementeer.
>
> Die ANC het geen voorneme om Afrikaans ernstig op te neem nie, en wel
> om twee redes. In die eerste plek: Afrikaners onderskat oor die
> algemeen totaal en al die diep-, diepgesetelde bitterheid wat steeds
> voortduur by swart inwoners suid van Pretoria oor die onderdrukkersrol
> van Afrikaans, by uitstek gedurende die 1970's. In die gemoed van
> gewone en magtige swart mense is Afrikaans en Afrikaners onlosmaaklik
> verbind - ten spyte van argumente wat aangaande die diverse
> oorspronge van hierdie taal gemaak kan en behoort te word. In die
> tweede plek: dit is hoogs onwaarskynlik dat die ANC enigiets sal belê
> in 'n taal wat vir 'n groot deel van die vorige eeu oorheersing met
> Engels gedeel het, terwyl dit inderwaarheid geen betekenisvolle
> beleggings gemaak het in daardie ander tale wat vir eeue op groteske
> wyse afgeskeep is in terme van wetenskap en vakkundigheid nie.
> Afrikaans is dus selfs vir die regerende party 'n simboliese
> "middel" waardeur breër politieke doelwitte van verdraagsaamheid,
> indien nie versoening nie, bereik kan word.
>
> Dit is egter belangrik om die onlangse eskalasie in openbare protes by
> aktiviste onder die Afrikanerminderheid te verstaan - dringende
> ontmoetings wat deur die President in sy kantoor toegestaan word of met
> sy afgevaardigdes iewers in die bos - en veral op
> universiteitskampusse in antwoord op die sluiting van plek en voorreg
> in die publieke domein. Politieke mag is effektief verlore. Afrikaners
> wend hulle nou tot die paar instellings wat oorgebly het waarbinne
> kultuur, taal, voorreg en witheid steeds gelaer kan word. Maak nie saak
> watter ander voordele sulke instellings mag inhou nie, hierdie ruimtes
> maak voorsiening vir die kweek van skeiding en uniekheid. Die
> instellings waarna ek verwys, is die kerk, rugby, openbare skole en
> universiteite.
>
> Dit is duidelik dat die kerk en ander vorme van kulturele organisasie
> oorgebly het as die enigste vrywillige assosiasies waarbinne Afrikaners
> steeds kan opereer op wyses wat ander tipes mense effektief uitsluit,
> selfs wanneer Christelike, Afrikaanssprekende kulturele organisasies
> - soos een prominente groepering - uiteindelik instem om toegang
> tot nie-Christene te verleen, op voorwaarde dat die organisasie
> Christelik bly.
>
> Ek moet nog uitmaak wat Afrikaners bedoel met die term Christelik.
> Wanneer Tukkie-studente van die Voortrekkerkoshuis (in Hatfield) 'n
> vlag hys wat proklameer dat hierdie koshuis (slegs) vir Manlike, wit,
> Afrikaners en Christene is - begin ek verstaan waarom Christen vir
> talle (hoewel sekerlik nie vir alle nie) Afrikaners deel is van 'n
> pakket, iets wat onskeibaar is van witheid, afsonderlikheid, Afrikaans
> en die kerk. Dit is 'n ontstellende wanvoorstelling en verdraaiing
> van Christus se boodskap, 'n begrip van Christelikheid wat lankal
> geskei is van Skrifwaarhede ten einde 'n hardnekkige rasse-arrogansie
> te voed.
>
> Maar die wit, hoofstroom Afrikaanse kerk bly een van die min plekke
> waar sulke rassemites nie slegs verdra word nie, maar inderdaad
> bevorder en geseën word, dikwels sonder dat dominees of selfs die
> gemeentes bewus is van die feit dat hul praktyke en diskoerse aanstoot
> gee. Ek het onlangs die begrafnisdiens van 'n dierbare kollega
> bygewoon in 'n Nederduitse Gereformeerde Kerk iewers in die weste van
> Pretoria, en in hierdie eksklusief wit gemeente het ek volkome ontuis
> gevoel. Maar die boodskap was warm, die diens was informeel en die
> mense vriendelik. Ek het egter net tuis genoeg begin voel in hierdie
> gemaklike ruimte om te rou oor ons kollektiewe verlies toe die dominee
> skielik en sonder waarskuwing 'n "grap" probeer maak het, een wat
> borduur was met rasse-paternalisme oor "die Kleurlinge in
> Stellenbosch". Hierdie "grap" het 'n gelag onder die groot skare
> ontlok - en die dominee het bloot voortgegaan met die diens asof niks
> gebeur het nie. Ja, dit is wat rasseskeiding 'n volgende geslag
> gelowiges kos.
>
> Die probleem met rugby, aan die ander kant, is dat die kwotastelsel die
> sport effektief getransformeer het tot 'n gaandeweg meer
> verteenwoordigende demografie, ten spyte van die infantiele gedrag van
> die spel se administrateurs. En namate meer Habanas en Mmametsas na
> vore tree en deur hul vertonings die mees gekoesterde leuens van die
> wit nasionaliste verwoes, sal daardie simpel vrae oor bevoegdheid of
> standaarde inderwaarheid verdamp.
>
> Die probleem met universiteite is dat die dae toe Afrikaner-dominansie
> en voorreg volgehou kon word, eenvoudig gestel, getel is. Dit is
> nêrens duideliker nie as by plekke soos die voormalige RAU, die
> voormalige UPE en die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit van
> Pretoria, geleë onder die waaksame oog van die Uniegebou, binne
> loopafstand van die meeste nasionale regeringsdepartemente, by die
> kruising van die grootste wêreld-ambassades, en in die hart van die
> diplomatieke hoofstad op die kontinent Afrika, sal, as niks gedoen word
> nie, binne minder as 'n dekade 'n Engels-medium universiteit word.
> Dit is insiggewend dat die "voorkeurtaal" (die taal waarin die
> meeste van ons 40 000+ studente onderrig wil word), Engels is - en
> hierby is 'n betekenisvolle basis Afrikaans-eerstetaalsprekendes
> ingesluit.
>
> Na my mening sal hierdie uitkoms uiters betreurenswaardig wees en ek
> sal pogings steun om te verseker dat Afrikaans prominensie geniet -
> let wel, nie dominansie nie! - in die lewe en kultuur van hierdie
> formidabele instansie.
>
> My probleem ontstaan wanneer die stryd om Afrikaans gekoppel word aan
> die strewe na Afrikaner-dominansie in die tradisies, seremonies en
> klaskamers van die universiteit. Dit raak 'n probleem wanneer die
> protagoniste van Afrikaans die terme van die debat probeer omraam as
> 'n politiek wraaksugtige respons tot Engels, of, meer pertinent, die
> Engelse. Soos een student se plakkaat verlede week lees: Slegs Engels
> is erger as Slegs Blankes.
>
> Hierdie soort vensters op die gedrag van die taalprotagoniste
> ondersteun Mariana Kriel ('n doktorale student aan die Londense Skool
> vir Ekonomie en Politieke Wetenskap) se siening dat dit steeds
> onmoontlik is om oor Afrikaans te praat sonder om oor
> Afrikaner-nasionalisme te praat. Wanneer dit gebeur, raak dit baie
> moeilik om die saak vir Afrikaans te bevorder op grond van sy ryk
> sosiale en literêre nalatenskap, en sy potensiaal om brûe oor kulture
> en gemeenskappe te bou. Die protagoniste verstaan nie dat wanneer dit
> gebeur, die stryd om Afrikaans effektief verlore is nie.
>
> Die mees intense gevegte het hulle onlangs onder die vaandel van
> Afrikaans in wit skole uitgespeel. By die eerste blik wil dit voorkom
> of dit bloot gevegte is oor eksklusief Afrikaanse skole wat Engels wil
> uithou, terwyl die landswette ewe liberaal aangehaal word. Maar dit
> gaan bepaald nie om die uithou van Engels nie - dit gaan om die
> uithou van swart studente. Daar is weliswaar Afrikaanse skole wat
> dubbelmediumskole geskep het wat die toelating van swart studente tot
> hul sterk akademiese kulture fasiliteer. Maar die oomblik dat hulle dit
> doen, haas middelklas- en selfs behoeftiger Afrikaners hulle na wat ek
> noem kontrapunt- (counterpoint) skole, dit wil sê, daardie leliewit
> skole op die heuwel. Hierdie hoofde protesteer bitterlik; en selfs
> wanneer ons aantoon dat ons slaagpunte in matriek gehandhaaf word en
> dat daar trouens selfs daarop verbeter word, neem hierdie ouers steeds
> hul kinders uit ons skole.
>
> Ek praat, by wyse van beklemtoning, van skole waarin daar 'n baie
> sterk akademiese kultuur bestaan en waar daar 'n baie sterk
> konsentrasie van Afrikaans neffens Engels in die skoolkurrikulum
> bestaan. Dit sou selfs vir die mees geharde taalprotagonis baie moeilik
> wees om te redeneer dat ouers bloot van Engels af wegvlug; waarvan
> hulle ook weghol, is die sosiale en intellektuele benadeling van hul
> kinders, is die onsmaaklikheid van rasse-integrasie en die verlies van
> rasse-eksklusiwiteit. Dit is hoe eenvoudig en hoe kompleks dit is.
>
> Waarheen gaan ons van hier af?
>
> Watter strategieë ook al gekies word - hetsy polities of
> opvoedkundig - dit is belangrik om nie Afrikaans uit te sonder as die
> hoofprobleem wat die Suid-Afrikaanse gemeenskap en instellings
> konfronteer nie. Ek herhaal: hierdie is nié die primêre dilemma
> waarrondom 'n hernieude nasionalisme geloods word nie.
>
> Die eerste stap is om 'n positiewe ingesteldheid jeens veeltaligheid
> te koester wat die rykheid en diversiteit van al ons tale sal bevorder.
> Deur die debat aan die voormalige Afrikaanse universiteite af te water
> tot 'n Afrikaans-Engelse tweestryd laat ons nie net sinlose
> Boereoorlog-vyandighede herleef nie, ons verbrou ook die geleentheid om
> hiervan 'n taaldebat eerder as 'n bedekte politieke debat te maak.
>
> Die tweede stap is om in elk geval, so ver moontlik, 'n positiewe
> omgewing te skep waarbinne dit moontlik gemaak word vir studente om
> toegang te hê tot onderrig in hul moedertaal, insluitend Afrikaans.
> Maar daar dit onwaarskynlik is dat die staat die bron van nuwe
> toegangsroetes gaan wees, móét sulke toegang deur instellings self
> verskaf word, óf direk, óf deur eksterne of private bydraes. Sodoende
> kan in twee praktiese behoeftes binne die voormalige Afrikaanse
> universiteite voorsien word: die behoefte aan meer Afrikaansvaardige
> onderwysers en dosente, en die behoefte aan die vertaling en
> duplisering van materiaal in Afrikaans.
>
> Die derde stap is om die werklike materiële vrese en besorgdhede onder
> Afrikaners aan te spreek. Soos ek elders aangetoon het, demonstreer die
> effektiewe uitsluiting van jong Afrikaners, en jong mans in die
> besonder, van owerheidsektordienste 'n gebrek aan basiese
> welwillendheid en meelewing en verhoog dit die risiko van politieke
> vervreemding in ons jong demokrasie. Simboliese gebare rondom Afrikaans
> het weinig waarde; die staat het 'n plig om na alle landsburgers om
> te sien en hulle in te sluit in terme van werksekerheid.
>
> Die vierde stap is om deur ons lewe as onderwysers en leiers in watter
> dissiplines ook al, die kwaliteite van respek, openheid, dialoog,
> betrokkenheid by en toegewydheid aan alle mense te betoon; wanneer 'n
> mens dit doen, hoef jy nie te bekommerd te wees oor die risiko van
> taalvervreemding nie. Ek weet uit ondervinding dat wanneer mense weet
> jy werk vir hulle, dat jy aan hulle toegewyd is, dat jy namens hulle
> lei, word vooroordeel weggekalwe en begin jy bou aan 'n wedersydse
> begrip van die toekoms.
>
> Ná vyf jaar in Pretoria is ek nou van een ding oortuig: die oorgrote
> meerderheid van Afrikaners in ons land is ordentlike mense, opgewonde
> oor ons nuwe demokrasie, met 'n sterk toewyding aan opvoeding. Ja,
> hulle worstel met die taal en die vinnige tempo van verandering; ja,
> hulle is dikwels ongemaklik in hul omgang met ander landsburgers op
> 'n billike en gelyke grondslag; ja, hulle vind dit soms moeilik om te
> aanvaar dat die ander-rassige aanstelling vaardiger is; en ja, hulle
> gly soms terug in negatiwiteit.
>
> Maar is dit nie waar van almal van ons nie?
>
> 1.Ek het hierdie notas, met inbegrip van al die aanhalings in die
> eerste paragraaf, saamgestel uit Bridget Dieron (2000) se fassinerende
> boek, Pretoria at War, 1899-1900, gepubliseer deur Protea Boekhuis,
> Pretoria.
>
>
> Prof. Jansen is dekaan van die fakulteit Opvoedkunde aan die UP.
>
>
>
>
> LitNet: 12 September 2005
Re: uit Litnet : Die probleem met die Afrikaner - Jonathan Jansen [boodskap #108074 is 'n antwoord op boodskap #108070] Di, 10 Januarie 2006 08:48 Na vorige boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote in message
news:1136847056.919590.234120@g14g2000cwa.googlegroups.com.. .

Die probleem met die Afrikaner
Jonathan Jansen*

Net meer as 100 jaar gelede het 'n diepe angstigheid die
"republikeinse allerheiligste" - die stad Pretoria - beetgepak.
Juis hier is Kerkplein se balkonne volgepak terwyl Union Jacks regoor
die stad gewapper het. Swart inwoners was ekstaties oor die
moontlikheid van 'n beter bedeling as dié wat hulle onder die Boere
te beurt geval het. Britse onderdane het suurlemoene uitgedeel om die
inkomende troepe te verfris. Johanna Brandt het die Vierkleur om haar
hoed gebind terwyl sy gadegeslaan het wat sy beskryf het as "...the
soul-sickening display of imperial patriotism". En 'n plaaslike
inwoner het in haar dagboek aangeteken: "This afternoon the troops
marched in in thousands. It was a sight we will never forget. There
seemed no end to them...Its all over. Pretoria belongs to England"1

ens...

Baie interessante artikel - ek dink sy idee van "prominensie" teenoor
"dominansie" is goed gestel. Alhoewel dit waar is dat Afrikaans seker nog
vrek lank met "apartheid" gekoppel sal word, is dit jammer dat die
"behoud-van-taal-geveg" vele male as 'n stryd om ander regte gesien word.
Ek dink in baie gevalle is Afrikaans ('n taal) so 'n inherente deel van
(Afrikaners) se kultuur, dat dit seker die spilpunt is wat ons nie wil
verloor nie. Die kruks kom in by die feit dat almal 'n plek in die son soek,
en almal moet dit aan 'n ander kan toegee.

Basjan
Vorige onderwerp: Mbeki - munisipaliteite
Volgende onderwerp: As jy wit is mag jy nie terugbaklei nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:26:17 MGT 2024