Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit Vloek Teen Grondwet
Dit Vloek Teen Grondwet [boodskap #108072] Di, 10 Januarie 2006 04:56 na volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Maandag 9 Januarie 2006 bl. 1
Beeld
Johannesburg Finaal

'Dit vloek teen Grondwet'
Staat wil hof se mag stroop om oor wette te besluit
Philip de Bruin
Die regering beplan om alle howe in Suid-Afrika - selfs die konstitusionele
hof - te stroop van hul mag om die inwerkingtreding van enige wet van die
sentrale of 'n provinsiale regering - hoe ongrondwetlik ook al - te verbied.

Die plan is om alle howe selfs te verbied om net gedinge oor die
inwerkingtreding van wette aan te hoor.

Dié bepaling is vervat in die Veertiende Wysigingswet van die Grondwet wat
vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is.

Regslui het gister met kwalik bedekte woede en teleurstelling daarvan kennis
geneem.

Een van hulle, prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar in die reg aan Unisa
wat 'n prominente rol in die grondwetlike onderhandelinge gespeel het, sê as
dié bepaling wet word, is dit 'n "fatale verkragting van die
legitimiteitsbeginsels in die Grondwet".

"In praktyk beteken dit dat 'n wet ongrondwetlik kan wees of ongrondwetlike
bepalings kan bevat, maar dat geen hof die inwerkingtreding van die wet op
grond van die ongrondwetlikhede kan verbied nie.

"Selfs die konstitusionele hof, die opperbeskermer van die Grondwet, sal dit
nie kan doen of selfs net so 'n versoek kan oorweeg nie.

"Wat die regering eintlik sê, is dat 'n wet wat hy in werking wil stel,
voorrang kry bo die legaliteit van die wet. Dit herinner sterk aan die
situasie in die ou bedeling. Dit vloek teen die Grondwet."

Die hooggeregshof en die appèlhof (met bekragtiging daarvan deur die
konstitusionele hof) en die konstitusionele hof behou hul reg om wette en
wetsbepalings ongrondwetlik te verklaar.

. Wiechers verwys na nóg 'n omstrede bepaling in die betrokke wetsontwerp:
dat die konstitusionele hof amptelik en statutêr as die hoogste hof in die
land omskryf word en dat dit dus nie op gelyke voet met die appèlhof sal
wees nie.

"Die appèlhof is, soos almal weet, 'n baie sterk hof en was tot dusver die
hoogste hof in die land oor alle sake behalwe grondwetlike sake.

"Nou bepaal die konsepwet dat die konstitusionele hof die hoogste hof in die
land sal wees in alle grondwetlike sake 'n in 'enige aangeleentheid waarin
die konstitusionele hof 'n appèl sou toestaan'.

"Daar is frustrasie aan die opbou by die appèlhof oor sy status en ek meen
hierdie beoogde artikel is totaal onnodig."

. Nog 'n nuwigheid in die konsepwet is twee pleks van die huidige een
adjunkpresidente vir die appèlhof.

As rede word aangevoer dat een adjunkpresident hom sal toespits op
arbeidsgedinge met die beoogde skrapping van die arbeidsappèlhof.

. As die konsep wet word, sal pres. Thabo Mbeki voortaan self die
regters-president en adjunk-regters-president van die hooggeregshowe aanstel
aan die hand van 'n lys kandidate wat die Regterlike Dienstekommissie aan
hom sal verstrek.

pdeb...@beeld.com
Re: Dit Vloek Teen Grondwet [boodskap #108076 is 'n antwoord op boodskap #108072] Di, 10 Januarie 2006 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
So - dis die einde van die grondwetlike hof en die basis van
demokrasie. Eienaardig dat die regses nie verbaas sal wees hieroor nie.
(Wat seg die ou lefties en libbies?)
Dit raak mos duidelik waarom Mbeki nie vir Mugabe wou teengaan nie.

Otterkop wrote:
> Maandag 9 Januarie 2006 bl. 1
> Beeld
> Johannesburg Finaal
>
> 'Dit vloek teen Grondwet'
> Staat wil hof se mag stroop om oor wette te besluit
> Philip de Bruin
> Die regering beplan om alle howe in Suid-Afrika - selfs die konstitusionele
> hof - te stroop van hul mag om die inwerkingtreding van enige wet van die
> sentrale of 'n provinsiale regering - hoe ongrondwetlik ook al - te verbied.
>
> Die plan is om alle howe selfs te verbied om net gedinge oor die
> inwerkingtreding van wette aan te hoor.
>
> Dié bepaling is vervat in die Veertiende Wysigingswet van die Grondwet wat
> vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is.
>
> Regslui het gister met kwalik bedekte woede en teleurstelling daarvan kennis
> geneem.
>
> Een van hulle, prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar in die reg aan Unisa
> wat 'n prominente rol in die grondwetlike onderhandelinge gespeel het, sê as
> dié bepaling wet word, is dit 'n "fatale verkragting van die
> legitimiteitsbeginsels in die Grondwet".
>
> "In praktyk beteken dit dat 'n wet ongrondwetlik kan wees of ongrondwetlike
> bepalings kan bevat, maar dat geen hof die inwerkingtreding van die wet op
> grond van die ongrondwetlikhede kan verbied nie.
>
> "Selfs die konstitusionele hof, die opperbeskermer van die Grondwet, sal dit
> nie kan doen of selfs net so 'n versoek kan oorweeg nie.
>
> "Wat die regering eintlik sê, is dat 'n wet wat hy in werking wil stel,
> voorrang kry bo die legaliteit van die wet. Dit herinner sterk aan die
> situasie in die ou bedeling. Dit vloek teen die Grondwet."
>
> Die hooggeregshof en die appèlhof (met bekragtiging daarvan deur die
> konstitusionele hof) en die konstitusionele hof behou hul reg om wette en
> wetsbepalings ongrondwetlik te verklaar.
>
> . Wiechers verwys na nóg 'n omstrede bepaling in die betrokke wetsontwerp:
> dat die konstitusionele hof amptelik en statutêr as die hoogste hof in die
> land omskryf word en dat dit dus nie op gelyke voet met die appèlhof sal
> wees nie.
>
> "Die appèlhof is, soos almal weet, 'n baie sterk hof en was tot dusver die
> hoogste hof in die land oor alle sake behalwe grondwetlike sake.
>
> "Nou bepaal die konsepwet dat die konstitusionele hof die hoogste hof in die
> land sal wees in alle grondwetlike sake én in 'enige aangeleentheid waarin
> die konstitusionele hof 'n appèl sou toestaan'.
>
> "Daar is frustrasie aan die opbou by die appèlhof oor sy status en ek meen
> hierdie beoogde artikel is totaal onnodig."
>
> . Nog 'n nuwigheid in die konsepwet is twee pleks van die huidige een
> adjunkpresidente vir die appèlhof.
>
> As rede word aangevoer dat een adjunkpresident hom sal toespits op
> arbeidsgedinge met die beoogde skrapping van die arbeidsappèlhof.
>
> . As die konsep wet word, sal pres. Thabo Mbeki voortaan self die
> regters-president en adjunk-regters-president van die hooggeregshowe aanstel
> aan die hand van 'n lys kandidate wat die Regterlike Dienstekommissie aan
> hom sal verstrek.
>
> pdeb...@beeld.com
Re: Dit Vloek Teen Grondwet [boodskap #108077 is 'n antwoord op boodskap #108076] Di, 10 Januarie 2006 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> So - dis die einde van die grondwetlike hof en die basis van
> demokrasie. Eienaardig dat die regses nie verbaas sal wees hieroor nie.
> (Wat seg die ou lefties en libbies?)
> Dit raak mos duidelik waarom Mbeki nie vir Mugabe wou teengaan nie.

Nee, Jonas. Jy kyk maar net teen jou oogvelle vas.
Hierdie situasie ontwikkel uit die vraag "wie het die
uiteindelike sê in die maak van wette vir die land."
Aan die een kant kry jy die Britse model. Hulle sê
dat die Parlement ( wat die spreekbuis van die kiesers
is) alleen kan besluit oor wat die wette van die land
kan wees. Aan die anderkant kry jy die Amerikaanse
model, waar 'n groot gedeelte van die sê in die hande
van die Supreme Court is, en waar die wetgewende
liggame se mag om oor alle dinge te besluit, erg
gekortwiek is.
Nou, tot op 'n sekere stadium het Kanada die
Britse voorbeeld gevolg, en was die Parlement dus
al-magtig. Toe, in 1981, het Pierre Trudeau geveg
om die British North America Act te kanselleer in
Engeland, en het Kanada 'n "Bill of Rights" gekry,
wat ons al hoe meer na die Amerikaanse model
laat oorhel het, waar sekere regte verskans is, die
Parlement nie sulke "regte" kan wegvat deur wette
te maak daaroor nie, en waar die Hoërhof uitspraak
gee waar daar probleme opduik.
In 1981 was daar egter 'n geveg oor hoe
wys dit was die regte van die Parlement, wat die
stem van die volk verteenwoordig, aan bande te
lê. Daar is dus 'n "notwithstanding clause" wat
daarop neerkom dat daar 'n skuiwergat is waar
die mag van die Parlement die diktate van die
howe kan troef.
Hierdie "notwithstanding clause" is juis
nou weer die hot potato in ons verkiesing wat oor
twee weke gehou word. Want Stephen Harper,
leier van die Konserwatiewe Party, het glo op 'n
stadium gesê dat hy die notwithstanding clause
gaan gebruik om die wet wat homoseksuele
huwelike moontlik maak, te kanselleer.
Terloops, Kanada het nie 'n konstitusionele
hof nie.
Ek neem aan dieselfde vraag oor wie het die
uiteindelike seggenskap - die Parlement of die
konstitusie - is maar ook net besig om homself uit
te masel in SA se regskringe.

Gloudina
Re: Dit Vloek Teen Grondwet [boodskap #108078 is 'n antwoord op boodskap #108072] Di, 10 Januarie 2006 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> Beeld

> 'Dit vloek teen Grondwet'
> Staat wil hof se mag stroop om oor wette te besluit
> Philip de Bruin

> "Wat die regering eintlik sê, is dat 'n wet wat hy in werking wil stel,
> voorrang kry bo die legaliteit van die wet. Dit herinner sterk aan die
> situasie in die ou bedeling. Dit vloek teen die Grondwet."

Ou mister Wiechers is miskien 'n bietjie kêns as hy sulke
taal begin praat soos "dit vloek teen die Grondwet." Ja, die
Engelse patroon ( onthou die Engelse het nie eens 'n
geskrewe grondwet soos die Amerikaners nie) verklaar dat
die wetgewers van die land, wat die spreekbuise van die
stemgeregtigdes is, se wette wat hulle maak, die laaste
sê het. Ek wonder of Mister Wiechers gekla het toe die
vorige bedeling die Engelse sisteem gevolg het en al wat
hulle wou doen in die naam van die Parlement as "wettig"
verklaar het. Dis miskien daarom dat SA, na die oorgang
in 1994, die Kanadese voorbeeld gevolg het en vir hulle
'n bill of rights geskep het, soos die Amerikaners het.
Maar so 'n besluit, en die bestaan van so 'n Bill of Rights,
skep onmiddellik die probleem - wie is die hoogste gesag
in die land - die Parlement of die Howe. In die VSA glo
hulle hul Konstitusie en die Howe is die hoogste gesag.
In Engeland glo hulle die teenoorgestelde.

Gloudina
Re: Dit Vloek Teen Grondwet [boodskap #108080 is 'n antwoord op boodskap #108077] Wo, 11 Januarie 2006 10:35 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek kyk bepaald nie teen my ooglede vas nie. Jyself se: "Ek neem
aan dieselfde vraag oor wie het die
uiteindelike seggenskap - die Parlement of die konstitusie ..." - en
dit is die punt.
Die konstitusionele hof, desnieteenstaande die feit dat die klomp deur
die ANC aangestel word, bied 'n groter mate van onpartydigheid as die
parlement.
Wanneer in ag geneem word dat die ANC 70% van die stemme het in die
parlement beteken dit bloot jy te doen gaan he met stoomroller
politiek. En met alle respek die ANC se ondersteuning van die
demokrasie was nog nooit getoets nie.
Daarom het die Kanadese, Britse en VSA modelle in hierdie geval bitter
min relevansie.
Vorige onderwerp: As jy wit is mag jy nie terugbaklei nie
Volgende onderwerp: The tree has carrots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:20:17 MGT 2024