Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boer 'tereggestel' op plaas
Boer 'tereggestel' op plaas [boodskap #107900] Vr, 16 Desember 2005 09:50 na volgende boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
Boer 'tereggestel' op plaas
Dec 15 2005 09:58:21:310PM - (SA)

Marietie Louw
Roedtan (Limpopo). - 'n Boer is gedwing om op sy knieë by sy plaashek langs
sy bakkie te staan voordat hy in die voorkop doodgeskiet is.
Dié toneel, wat aan 'n teregstelling herinner, het hom eergisteraand
afgespeel kort nadat die boer se vrou koelbloedig in die tuin voor hul huis
doodgeskiet is.

Die moord op mnr. Hennie van Vuuren (53) en sy vrou, Celia (53), op hulle
plaas Doringfontein het skokgolwe deur die boeregemeenskap in Limpopo
gestuur. Die plaas is in die Roedtan-distrik, sowat 35 km van Marble Hall.

Die moordenaars het niks gebuit nie.

Die koelbloedige moorde kom 'n paar dae nadat 'n groot groep mense by boere
se plase getoi-toi en die slagspreuk Kill the Boer, kill the farmer
herhaaldelik gedreunsing het.

Dié voorvalle waar die slagspreuk, wat reeds deur die Menseregtekommissie
tot rassehaat- slagspreuk verklaar is, geskreeu is, is by die polisie
aangemeld.

Mnr. Hendrik Botha, voorsitter van die Roedtan-Suid-boerevereniging, het
gesê die polisie het "absoluut niks" omtrent dié dreunsingery gedoen nie.

Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA-Noord, het gesê dat die "massiewe
aantal" aanvalle op boere nou beskou word as terrorisme en 'n
laevlak-oorlog. "Die feit dat niks gesteel is nie, bewys mos nou die polisie
se standpunt dat plaasmoorde net misdaad is, finaal verkeerd."

Mnr. Kiewiet Ferreira, voorsitter van Agri-SA se wet-en-orde- komitee, het
gesê die moord is sinloos en dit raak toenemend moeiliker om boere te
oortuig om nie eie reg te gebruik nie.

Botha en Van Vuuren was eergister nog saam by 'n vendusie en ook 'n
afsluitingsgeselligheid daarna voordat Van Vuuren na sy plaas is om van sy
arbeiders na hul huise te neem.

Mev. Van Vuuren is glo omstreeks 18:00 aangeval, waarna sy deur 'n onbekende
aantal aanvallers in die tuin vermoor is.

Mnr. Van Vuuren het op sy vrou se bebloede lyk in dit tuin afgekom nadat hy
sy werkers gaan aflaai het.

Volgens Botha het Van Vuuren dadelik onraad vermoed en in sy bakkie by die
plaashekke probeer uitjaag. "Hulle het op hom geskiet en hom deur die bakkie
se deur in sy een been getref."

Dit is nie duidelik wat presies daarna gebeur het nie, maar daar word
vermoed dat die plaashek te stadig oopgegaan het sodat Van Vuuren kon uitry.

"By die hek is Hennie uit die bakkie gepluk, gedwing om op sy knieë te staan
en in die voorkop geskiet, net soos iemand wat tereggestel is," het Botha
gister herhaal wat plaaswerkers aan hom vertel het.

"Ons het sy lyk langs die bakkie gekry," het Botha gesê. Niks is gister uit
die huis vermis nie.

"Dit was nie roof nie, dit was plainweg moord," het Botha gesê.

Die Van Vuuren-egpaar se twee dogters en 'n seun was gister te geskok om oor
die voorval te praat.

Supt. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder in die Waterberg-streek van
Limpopo, het gesê die polisie is nie bewus van die optogte na plase
waartydens haatspraak-slagspreuke geskreeu is nie.
mlo...@beeld.com

begin 666 tsp.gif
K1TE&.#EA`0`!`( ``/___P```"'Y! $`````+ `````!``$```("1 $`.P``
`
end
Re: Boer 'tereggestel' op plaas [boodskap #107903 is 'n antwoord op boodskap #107900] Vr, 16 Desember 2005 16:43 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is verskriklik, om die minste te sê. Nog meer skrikwekkend is die feit
dat hierdie moordenaars, na hulle gevang word, in die hof gaan vra vir die
genade wat hulle nie vir hulle slagoffers self gegun het nie.....en hulle
gaan dit kry ook! Dis tyd dat die doodstraf weer ingestel word, maar dit
kan ongelukkig nie, ek weet.
Hier by ons is die boere ook al lekker gatvol vir mense wat onregmatig
hul grond betree en strikke vir wild stel. Ook om hout in die veld op te
tel en takke van bome afbreek sodat dit vrek en droogword vir later se
'oes'. Die storie loop al lankal dat dit eenvoudig nie help om die mense
te vang en hulle polisie toe te vat en 'n klag te gaan lê nie. Die kans is
goed dat die mense 'n klag teen jou lê oor jy hulle dan sou aangerand of
mishandel het of dalk 'n vuurwapen op hulle gerig het en dan het jy jarre se
kak in die hof. Die manne wat glo weet sê dat jy van die probleem
stil-stil doer in die veld ontslae moet raak....
Maar hierdie week is 'n ou tot 10 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis
oor hy 'n Angolese rondloper in die skemer nie te lekker kon eien nie en toe
blykbaar 'n waarskuwingskoot in sy rigting gevuurhet om hom skrik te maak.
Toe skiet hy hom dood! Die skrik was groot en hulle het so 50km ver gery
op 'n pad en die lyk gaan 'weggooi'. Toeval is egter 'n snaakse ding en
hulle is gevang.
As 'n mens 'n pragtige koedoebul wat jy al vir jare op die plaas spaar
sodat hy nuwe klein koedoetjies kan maak wat soos hy gaan lyk, in die veld
kry besig om in 'n draadstrik te versmoor, dan moet hulle jou vashou dat jy
nie onverantwoordelike dinge doen nie. "Mon" wrote in
message news:x5wof.74748$gF6.4686897@phobos.telenet-ops.be...
> Boer 'tereggestel' op plaas
> Dec 15 2005 09:58:21:310PM - (SA)
Vorige onderwerp: Nuus gemis
Volgende onderwerp: Bly maar innie bos !!!!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:26:09 MGT 2024