Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TOTSIENS
TOTSIENS [boodskap #107020] Ma, 14 November 2005 10:11 na volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Hi almal, ek verhuis een van die dae en sal nie internet beskikbaar hê
vir 'n tydjie nie. Ek gaan dit mis om op die NG te kuier.
Suidwester - wens ek kon sê jy moet kom groet in Keimoes.
Anette - lekker kuier op die net.
Gloudina - hou op moeilikheid soek!

Almal moet net lekker kuier.

Groete
Friend
Re: TOTSIENS [boodskap #107022 is 'n antwoord op boodskap #107020] Ma, 14 November 2005 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"kaalbaster" skryf
Ek gaan dit mis om op die NG te kuier.
Suidwester - wens ek kon sê jy moet kom groet in Keimoes.

Gaan jy Keimoes toe? Daardie land van
melk en heuning, waar jy in die winter
in die middel van die dag in die sonnetjie
kaalarms kan loop, maar in die nag vier
komberse nodig het.

Gloudina
Re: TOTSIENS [boodskap #107025 is 'n antwoord op boodskap #107020] Ma, 14 November 2005 14:14 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Voorspoed met jou nuwe lewe! As 'n ou wat self op die kalerige platteland
bly, maar op 'n kol ook in 'n gejoeg gebly het, weet ek jy gaan nou die
lekker lewe tegemoet. Daar is net niks wat kan vergelyk met die
samelewendheid en gemoedelikheid van die westekant van ons land
nie.....julle s'n ook! Jy het so baie om te ontdek daar by Keimoes en die
omgewing en vir poeding kan jy sommer oorgooi na Namibië toe. Baie
Kanaalape doen dit in elk geval. Ry eerder Nam se kus toe as Kaap toe
waar die mense jou vertrap en die enigste vis oor in die Akwarium is! Ek
is sê jaloers op Augrabies net daar langs jou! Koop maar solank 'n
ordentlike kamera.....

"kaalbaster" wrote in message news:1131963097.350752.118350@g14g2000cwa.googlegroups.com.. .
Hi almal, ek verhuis een van die dae en sal nie internet beskikbaar hê
vir 'n tydjie nie. Ek gaan dit mis om op die NG te kuier.
Suidwester - wens ek kon sê jy moet kom groet in Keimoes.
Anette - lekker kuier op die net.
Gloudina - hou op moeilikheid soek!

Almal moet net lekker kuier.

Groete
Friend
Vorige onderwerp: Pretoria
Volgende onderwerp: Re: Soweto in Paris
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:54:10 MGT 2024